Preek Dordtse Leerreëls II,3,4 - Dordtse leeregels II,3,4

Preek Dordtse Leerreëls II,3,4 - Dordtse leeregels II,3,4

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm  2:4,6

Lesing van die wet

Genadeverkondiging

S.B. 7:8,9,10

Skriflesing: Johannes 1:1-34

Gebed

Kollekte

S.B. 9:2,4,5,6

Teks: Dordtse Leerreëls  II,3,4

Preek

Psalm 95:1,4

Dankgebed

Psalm 22:9,10

Seën

 

Broers en susters, gemeente van die Seun van God

 

Ons bely in die artikels 3,4 van hoofstuk twee dat Christus se dood van onskatbare waarde is. Die waarde is groter as wat ons dit kan oorsien.

Mense het hieruit dikwels gevolgtrekkings gemaak wat nie reg is nie. Die twee belangrikste daarvan is die volgende:

·         Mense begin dink en leer dat deur Christus se offer alle mense of hulle nou glo of nie glo eendag die ewige redding en die ewige lewe sal ontvang. Ons praat dan van die leer van die al-versoening. Jy kan dan vir elke mens sê dat hy of sy gered is. Selfs as hy dit op hierdie aarde nie met Christus leef en dit nie glo sal hy nogtans eendag  hierdie verloste lewe ontvang en dan moet sê dat jy reg was. Hierdie leer stry werklik met alles wat ons in God se Woord lees. Ons lees juis hoe vir hulle wat nie glo die ewige dood hulle deel sal wees. Die Here Jesus wat die Verlosser is, het ook self daarop baie duidelik gewys. Ek noem net een van die baie voorbeelde: Markus 9:42-44. In hierdie gedeelte sê die Here Jesus: “En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word. En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur, waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.”

·         Die ander verkeerde leer wat baie meer in ooreenstemming met God se Woord lyk is die volgende: Die Here Jesus het vir alle mense die moontlikheid verdien om salig te kan word. Dit was die leer van die remonstrante en die leer wat ‘n mens oral rondom ons vind. Dan sê mense vir elkeen wat hulle ontmoet: God hou van jou, Jesus het ook vir jou gesterf.  Jy as mens moet dit nog net aanneem om gered te word.

Wie so praat vergeet dat die Here Jesus nie net ‘n moontlikheid tot die saligheid verdien het nie maar dat Hy die werklikheid van die ewige verlossing vir die uitverkorenes verdien het. Ek kom hierop so die Here wil nog uitgebreider terug as ons II,8 behandel. As ek nou sê dat Christus vir die uitverkorenes die ewige redding verdien het en dat die HERE so Sy onverdiende liefde vir Sy uitverkorenes wys dreig die gevaar dat mense sê: Dan was Christus se offer dus nie genoeg om alle mense met God te kan versoen. Dan is dit dus God se skuld as mense nie tot geloof kom. Ons sal nou juis in art 3,4 sien dat dit nie so is nie.

Ek verkondig vir julle die heerlike evangelie van Jesus Christus onder die tema:

 

DIE DOOD VAN GOD SE SEUN IS VAN ONEINDIGE WAARDE

 

1.       Sy dood is genoeg vir die versoening van die hele wêreld.

2.       Omdat Hy God se Seun is.

 

1.       Sy dood is genoeg vir die versoening van die hele wêreld

 

Baie mense het in die geskiedenis gesterf. Daar is ook baie voorbeelde van mense wat hulle lewe vir ander opgeoffer het. Hulle het met gevaar vir eie lewe ander mense gered en as gevolg daarvan self gesterf. Nogtans kan ‘n mens Christus se afsterwe nie daarmee vergelyk nie. Hoe mense ookal dapper gesterf het en daardeur baie ander mense van die dood gered het, kan jy dit nie met Christus se dood vergelyk nie.

Sy dood is uniek. Dit is nie uniek omdat Hy aan ‘n kruis gesterf het nie. Baie mense het in die Romeinse tyd aan ‘n kruis gesterf. Die unieke van die Here Jesus se dood is o.a. dat Hy God se straf, die ewige dood wat Hyself nie verdien het in die plek van die uitverkorenes wat dit wel verdien het gedra het. Hy is die man wat die profesie van Jesaja 53 vervul: “Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte – die het hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was, maar hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat ons die vrede aanbring was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Vs 4,5.

Die enigste regte offer om ware verlossing te verdien, is die dood en offer van God se Seun. Hy is die enigste Verlosser en Middelaar. Dit is ook wat die apostels die Joodse Raad wil duidelik maak as die Joodse Raad vir hulle wil verbied om Jesus as die Verlosser te verkondig. Dan sê Petrus vir die Joodse leiers: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Hand 4:12

Paulus skryf later aan Timoteus: “Want daar is een God en een Middelaar tussen God en mense, die mens Jesus Christus.” 1 Tim 2:5.

Christus, God se Seun is die man wat die enigste offer gebring het wat genoeg was om God se kinders van al hulle sondes en skuld te kan verlos. Sy offer is so kosbaar en so ‘n groot waarde dat Hy die werklikheid van die verlossing in een keer verdien en gebring het. Die Heilige Gees wys daarop o.a. in die brief aan die Hebreërs:

9:12: “Maar Christus het ook nie met bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.”

10:14: “Want deur een offer het Christus vir altyd volmaak die wat geheilig word.”

God se Seun het die dood ingegaan. Hy het Homself geoffer. Wat is nou die waarde van hierdie offer. Ons bely daarvan in die tweede sin van artikel 3: “Sy dood is van oneindige krag en waarde, oorvloedig genoeg om die sondes van die hele wêreld te versoen.”

Waar vind ons hierdie gedagte in die Skrif? Daar waar die Gees ons daarop wys dat Jesus se kom en Sy leiding alles met die wêreld te doen het. Ek noem enkele voorbeelde daarvan:
Joh 1:29: “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom kom, en hy sê: Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.”

Joh 3:16: “Want so lief het God  die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe mag hê.”

Joh 4:42: “En baie meer Samaritane het op grond van sy woord geglo en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.”

1 Joh 2:2: “En Christus is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir die van die hele wêreld”.

Wat is nou die wêreld? Ons mag die wêreld nie versmal tot die verbondsvolk nie. Die wêreld is regtig die wêreld. Christus se dood het so’n groot waarde dat dit daarvoor sorg dat God se skepping wat onder die vloek van die mens se sonde lê, daarvan verlos word. Christus se offer is van so’n groot waarde dat dit vir die herstel van die skepping sal sorg. Christus se werk het betekenis vir die hele skepping. Dit is ook daarom dat ons in Romeine 8 lees: “Want die skepping wag met reikhalsend verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe – nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het – in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.” 19-21

As ons nou na die mensewêreld kyk, is dit duidelik dat Christus se offer genoeg is  vir alle mense. Die waarde van Sy offer is so groot dat dit nooit kan gebeur dat iemand tot geloof kom en die HERE moet sê: Hy kan nie die ewige lewe binnegaan want nou is daar nie meer betaling oor nie. Nee, dit kan nooit gebeur nie want Jesus se werk het so’n waarde dat dit meer is as wat nodig is vir die betaling van die skuld van alle mense wat geleef het en nog sal leef.  Nou leef miskien in jou gedagte die herinnering aan tekste in die Bybel waar ons lees dat die HERE wil dat alle mense gered word. Daarop gaan ek nou nie in nie maar dit laat ons oor tot by die behandeling van II,8.

Christus het Sy lewe vir God se uitverkorenes, die gegewenes van die Vader gegee. Hy het hulle met Sy dood werklikm verlos. Nogtans is die waarde van Sy dood so groot dat niemand die verskoning kan gebruik dat Christus nie genoeg gely het om vir sy verlossing te kan sorg nie. As mense nie in die ewige lewe deel is dit hulle eie skuld, is die oorsaak daarvan hulle eie ongeloof. Die oorsaak van die oneindige waarde van Christus se dood is dat dit die dood van die Seun van God was. Ons let daarop in die tweede plek.

 

2.       Omdat Hy God se Seun is

 

Die Here Jesus moes om die Redder te kan wees ‘n mens wees. Dit word ook baie duidelik in artikel 4 genoem. Mense is in die geskiedenis altyd weer geneig om te sê dat die Here Jesus te verhewe was en is om ‘n ware mens te word. Dit sou nie by Sy God-wees, Sy waardigheid pas nie. Selfs in die tyd van die Nuwe Testament kry die apostels al te doen met mense wat in Christus wil glo maar nie wil glo dat Hy ‘n ware mens geword het nie. Hierdie dwaling is nie een of ander klein sakie nie. Johannes skryf daarvan in sy eerste brief: “Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.” 1 Joh 4:2,3

Die Seun van God moes mens word om die Verlosser vir jou en my te kan word. Dit was nodig omdat ons mense die sonde en skuld in die wêreld gebring het. Om ons te kan verlos moes die Here Jesus as mens  God se toorn in ons plek dra. Om dit te kan doen moes Hy ‘n sondelose mens wees wat nie self skuld by God het nie.

Die klem in artikel 4 lê nie op die mens-wees van Christus nie. Die klem lê daarop dat die Verlosser die eniggebore Seun van God is. Dit is God self wat na die aarde kom en vir ons verlossing ook nog mens word. Ons leef in ‘n tyd dat mense probeer om alles te vermenslik. Jesus is vir baie die voorbeeld van uitstaande menslikheid. Mense probeer om Jesus heeltemal tot een van hulle te maak deur te sê dat hy ‘n uitsonderlike mens was maar ook sy swak plekke gehad het. Ook hy sou sondige verlangens gehad het, Hy sou in dit wat Hy gesê het ook nie onfeilbaar gewees het. Jesus sou ook nie geweet het wat almal gaan gebeur nie. Jesus sou wel ‘n besondere kneg van God gewees het maar nie God self nie. Dit is gedagtes wat vandag populêr is en in populêre boeke vir mense geskryf word.

Ons moet bedink dat ook dit ‘n leer van die Antichris is. Die HERE is in Sy Woord hieroor baie duidelik dat Jesus Christus ook God is. God die Seun het ook mens geword om jou en my van die ewige dood wat ons verdien het te verlos. Ek noem enkele tekste in God se Woord waar baie duidelik gesê word dat Jesus Christus ook God is.

Ons lees in Jesaja 9 ‘n profesie van die Verlosser wat sal kom. Dan lees ons daar o.a: “Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.” Vers 5.

Let veral op die woorde Sterke God en Ewige Vader. Hier sien ons ‘n baie duidelike profesie wat God se volk moes leer om te verwag dat die Verlosser wat kom ook God self sal wees. Johannes beklemtoon by die begin van Sy evangelie dat dit God is wat mens word in Jesus Christus: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. … En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid. Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat na my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.”

Let hier ook op die laaste woorde van Johannes die Doper. Johannes is eerder as die Here Jesus verwek en ook eerder gebore. Nogtans kan Johannes sê dat Jesus voor hom geword het, want Hy was eerder as ek. Dit wys duidelik op die ewige bestaan van God die Seun wat op ‘n sekere oomblik in die geskiedenis ook mens word.

Baie belangrik is hier ook wat ons in Johannes 10 lees. Daar sê die Here Jesus in vers 30 vir die Jode: “Ek en die Vader is een.” Die Jode verstaan wat Jesus hier sê. Hulle begryp dat Jesus hier sê dat Hy ook God is. Dit sien ons raak in die reaksie wat op hierdie woorde van die Here Jesus kom: “Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig. Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van die werke stenig julle My? Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ‘n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor Godslastering, en omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak.” 31-33.

Die Here Jesus is God. Hy moes om die Verlosser te kan wees God wees. Dit was nodig om die onnoemlik swaar straf wat jy en ek verdien het tot die bittere einde te kan dra. As die Here Jesus net mens was gewees, ook al was hy ‘n sondelose mens kon Hy nog nie ons Verlosser wees nie. Dan sou Hy nie tot die einde toe die volle straf kon gedra het nie. Dan sou Hy nie vir ons die volle betaling kon gegee het nie.

Hier sien ‘n mens hoe wonderlik God se plan was om ons te verlos. Hier sien jy hoe baie daarvoor nodig was om jou uit die skuld te haal en jou in die ewige blydskap te sit. Hier sien jy raak hoe baie God self vir die gelowiges gedoen het. Wat ‘n liefde, wat ‘n Goddelike ontferming! So is jou God en Vader! So is God die Seun! Die Drieenige God verdien werklik jou hele hart en lewe. Hy verdien die aanbidding met jou hele wese.

Die Here Jesus is ook God. Dit is daarom dat Hy geweet het wat Hy op hierdie aarde kom doen. Dit is daarom dat Hy vir Sy leerlinge steeds weer kan sê dat Hy gekom het om die Skrifte te vervul. Dat Hy gekom het om God se plan uit te voer. Dit is daarom dat Hy vir die apostels steeds weer kan sê dat Hy na Jerusalem moet gaan om daar te ly, om daar gevangegeneem te word, om daar te sterf en om op die derde dag weer op te staan. Jesus weet dit want Hy is God die Seun wat vrywillig die taak op Hom geneem het om die Verlosser te wees. Hy het dit op Hom geneem terwyl Hy presies weet wat dit Hom sal kos, terwyl Hy presies weet hoe diep en diep Hy daarvoor verneder en gepynig sal word. Ondanks dit lees ons in Psalm 40 dat God die Seun in die hemel gesê het: “Kyk, ek kom; in die boekrol is dit van my voorgeskrywe. Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” 8,9 kyk ook Hebr 10:5 e.v.

Hoe groot is die liefde van die Seun van God. Hoe kom God se liefde in Hom wonderlik na ons toe. Hoe vol van bemoediging en troos is dit om te weet dat dat die waarde van Sy offer en dood so van oneindige waarde is.

Dit het vir jou en my so ‘n heerlike en indringende boodskap. As jy en ek na onsself kyk, kan dit gebeur dat jy groot sondes in jou lewe raaksien. Dit kan wees dat jy ‘n periode in jou lewe gehad het of het waar jy regtig in sonde leef. As jy nou God se liefde en heiligheid sien, sien jy jou groot skuld so diep raak. Dan kan skielik die gedagte en gevoel opkom dat jou sondes te groot is om vergifnis te kry, jy is te sleg om nog by God te kan behoort. Vir jou kan daar nie meer toekoms wees nie.

Nou sê die HERE vir jou: My kind hoe bevoorreg is jy. Ek het vir jou gewys hoe oneindige waarde Christus se offer het. Hoe groot jou sondes en jou skuld ookal is, die HERE sê nou vir jou: Kom en bely jou sondes want jou skuld en jou sondes is nie meer as die waar van die Heiland se offer nie. Die HERE sê nou vir jou wat ons in Jesaja 1:18 lees: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”

Jy en ek het nooit die verskoning dat ons sondes te groot is om na die HERE te kan terugkeer nie. As ons in ons sondes bly leef en nie na Christus gaan nie, is dit ons eie keuse, ‘n onnodige keuse. Dan stel ons onsself buite die verlossing. Laat ons dit nie doen nie, dit is nie nodig nie. By Christus die enigste Verlosser is daar ware en volkome verlossing.

“As julle vandag sy roestem hoor,

verhard jul nie, maar neig jul oor,

merk op die roep van sy ontferming.”

 

 

CHRISTUS SE GEMEENTE Sê OP HIERDIE VERKONDIGING VAN GOD SE WOORD: AMEN        

 

 

 

 

Votum

Vrede/Zegengroet

Psalm 2:3,4

Geloofsbelijdenis

Gez 162

Schriftlezing: Johannes 1:1-34

Gebed

Collecte

Psalm 65:1,2,3

Tekst: Dordtse Leerregels II,3,4

Verkondiging van het evangelie

Psalm 95:1,4

Dankgebed

Gez 118:1,3

Zegen

 

 

Broeders en zusters, jongens en meisjes, Geliefde gemeente van onze Here Jezus Christus

 

Het is de donderdag voor pasen. Het is avond in Gouda. Velen zijn naar deze stad gekomen om een groot evenement mee te maken. Van de ene kant van de stad wordt een groot kruis gedragen naar het centrum. Een groot verlicht kruis met daar achter enkele honderden mensen. Op het plein in de stad wordt door bekende nederlandse artiesten op een manier het verhaal van Jezus gevangenneming en kruisiging verteld, gespeleld, gezongen.

Als voorbereiding op deze preek heb ik de uitzending daarvan op uitzending gemist bekeken. Op de avond zelf waren er 1 miljoen Nederlanders die herna gekeken hebben. Het was een gelikte show. Er zat vaart in het verhaal. Het was aansprekend. Ik kan me voorstellen dat mensen van onze tijd dit mooi vinden. Het is eigentijds. Het spreekt aan. Is het geen goed middel tot evangelisatie? Is het zelfs geen goed idee om in de gemeente zelf te gebruiken? Zou dat niet veel meer aanspreken dan een gewone preek?

Als antwoord op deze vragen ga ik het nu alleen over de inhoud hebben. Terwijl er zeker ook over de vorm nog veel te zeggen zou zijn. The Passion in Gouda was een gelikte show maar het evangelie kwam er niet naar voren! 

Wat er vooral ontbrak was dat Jezus echt de Zoon van God was die gekomen is om Gods straf op onze zonden te dragen! Dat Hij gekomen is om met Zijn offer echt te betalen als zondeloos mens voor ons schuldige mensen.

Verder werd de uitzending ook beheerst door mensen die zeiden dat het juist mooi was dat je onderling en vanuit verschillende godsdiensten zo verschillend over Jezus kann denken. Ieder op zijn eigen manier kan omgaan met dit indrukwekkende verhaal. De Here Jezus werd in deze gelikte show een man mensen kan inspireren maar dan op heel verschillende manieren. Je merkte dan ook dat er nergens die diepe oproep klonk om te geloven in die ene Christus die we in de Bijbel tegenkomen en dat we ons echt bekeren. Een gelikte show die juist laat zien de armoede van ons land en volk. De echte Christus die in liefde ons roept tot bekering van een goddeloos leven is weg geshowd. Dat doet pijn! Daar doe je HERE pijn mee. Laten we samen juist horen wat de waarde van het offer van Christus is en hoe de HERE zich dan juist uitstrekt naar de wereld. Laten we in diepe liefde voor de naasten dat evangelie uitdragen in woorden en daden.

 

 DE DOOD VAN DE ZOON VAN GOD IS VAN ONSCHATBARE WAARDE

 

1.            Zijn dood is genoeg voor de verzoening vna de hele wereld

2.            Omdat Hij de Zoon van God is        

 

1.            Zijn dood is genoeg voor de verzoening van de hele wereld.

 

Veel mensen zijn er in de loop van de tijd gestorven. Miljarden. Er zijn ook mensen die hun leven voor anderen opgeofferd hebben. Ze hebben met hun leven anderen geholpen en gingen daardoor zelf dood. Toch is het sterven van Jezus niet met deze laatste mensen te vergelijken. Hoe moedig en goed hun sterven voor anderen ook was.

De dood van Christus is en blijft uniek. Het is niet uniek omdat Jezus aan een kruis gestorven is. Dat waren er bijvoorbeeld in de Romeinse tijd veel meer. Het unieke van het sterven van Jezus is o.a. dat Hij de straf van God op de zonden voor de gelovigen gedragen, ondergaan heeft.

Je ziet dat bijvoorbeeld heel duidelijk in Jesaja 53:4,5: “Maar hij was het die onze ziekten droeg, die ons lijden op zich nam. Wij echter zagen hem als een verstoteling, door God geslagen en vernederd.  Om onze zonden werd hij doorboord, om onze wandaden gebroken.

Voor ons welzijn werd hij getuchtigd, zijn striemen brachten ons genezing.”

Het enige echte goede offer waardoor de echte verlossing van straf en eeuwige dood verdiend is, is het offer van Christus aan het kruis. Hij is echt de enige Verlosser. Je hoort dat o.a. Petrus tegen de Joodse leiders zeggen: “ Door niemand anders kunnen wij worden gered, want zijn naam is de enige op aarde die de mens redding biedt.’ Hand 4:12

Dat unieke offer van deze unieke Verlosser heeft dan ook gevolgen die ook uniek zijn:

“ voor eens en altijd het hemelse heiligdom binnengegaan, en dan niet met bloed van bokken en jonge stieren maar met zijn eigen bloed. Zo heeft hij een eeuwige verlossing verworven.” Hebr 9:12

“ Door deze ene offergave heeft hij hen die zich door hem laten heiligen voorgoed tot volmaaktheid gebracht.”  Hebr 10:14

De waarde van het offer van Christus wordt in art 3 zo omschreven: De kracht en de waarde ervan zijn oneindig en daarom is deze dood meer dan genoeg om de zonden van de hele wereld te verzoenen.”

We vinden dit in de Bijbel juist daar waar we horen dat het komen van Jezus naar de aarde alles met de hele wereld te maken heeft.

Ik noem daarvan een heel aantal voorbeelden:

“De volgende dag zag hij Jezus naar zich toe komen, en hij zei: ‘Daar is het lam van God, dat de zonde van de wereld wegneemt.” Joh 1:29

“Want God had de wereld zo lief dat hij zijn enige Zoon heeft gegeven, opdat iedereen die in hem gelooft niet verloren gaat, maar eeuwig leven heeft.”  Joh 3:16

“ze zeiden tegen de vrouw: ‘Wij geloven nu niet meer om wat jij gezegd hebt, maar we hebben hem zelf gehoord en we weten dat hij werkelijk de redder van de wereld is.’ Joh 4:42

“ Hij is het die verzoening brengt voor onze zonden, en niet alleen voor die van ons, maar voor de zonden van de hele wereld.” 1 Joh 2:2

Wat is nu de wereld? We mogen de wereld niet versmallen tot het verbondsvolk of tot de kerk. De wereld is echt de wereld. De dood van Christus heeft zo’n geweldige waardedat die er voor zorgt dat Gods schepping die onder Gods vloek ligt. Onder de vloek omdat wij als mensen de zonden en haar gevolgen de wereld hebben in gebracht. Christus dood heeft zo’n waarde dat het de schepping van de die vloek en haar gevolgen verlost. Christus offer heeft zo’n geweldige waarde dat het voor het herstel van de schepping zal zorgen. Dat Christus werk ook heerlijke waarde heeft voor de natuur op aarde, ook voor de dieren en de planten lezen we in Rom 8: “De schepping ziet er reikhalzend naar uit dat openbaar wordt wie Gods kinderen zijn.  Want de schepping is ten prooi aan zinloosheid, niet uit eigen wil, maar door hem die haar daaraan heeft onderworpen. Maar ze heeft hoop gekregen,  omdat ook de schepping zelf zal worden bevrijd uit de slavernij van de vergankelijkheid en zal delen in de vrijheid en luister die Gods kinderen geschonken wordt. Vs 19-21

Je ziet hoe geweldig de waarde van Christus offer is. Dan zie je ook hoe geweldig dat offer is voor Gods uitverkoren kinderen. Voor hen die God aan Christus gegeven heeft. Hij heeft ze echt werkelijk van A-Z verlost. Die waarde is ook zo groot dat niemand kan zeggen: Ik ben niet gered omdat Jezus offer voor mij niet genoeg was. Als mensen niet geloven en niet bij Christus hun leven vinden is de oorzaak daarvan ons eigen ongeloof. Daarvoor moeten we bij onszelf zijn. Daarom is het zo belangrijk dat we ons hart richten op de oneindige waarde van Christus dood. Die waarde is zo groot omdat het de dood van de Zoon van God is. We zien dat in de tweede plaats.

 

2.            Omdat Hij de Zoon van God is

 

De Here Jezus moest om de Verlosser te kunnen zijn een mens zijn. Dat wordt in artikel 4 ook duidelijk genoemd. Het is belangrijk om te zien dat het God zijn van de Here Jezus er niet voor zorgt dat Hij geen echt mens kan zijn. Het is niet zo dat echt mens niet past bij Zijn God-zijn.

Het is al in de tijd van de apostelen zo dat mensen wel willen geloven dat Jezus God is maar niet dat Hij echt mens geworden.  Als we het over deze dingen hebben, hebben we het niet over iets dat weinig betekenis heeft. De heilige Geest neemt het hoog op en noemt het een dwaling. Het gaat hier over als we in 1 Joh 4:2,3 lezen: “ De Geest van God herkent u hieraan: iedere geest die belijdt dat Jezus Christus als mens gekomen is, komt van God. 3 Iedere geest die dit niet belijdt,  komt niet van God; dat is de geest van de antichrist, waarvan u hebt gehoord dat hij zal komen – nu al is hij in de wereld.”

De Verlosser moest om de schuld van ons mensen te dragen zelf ook een echt en zondeloos  mens zijn. Dan alleen kon de Here Jezus onze schuld voor ons dragen. Dat belijden we in art 4 maar toch ligt daarop hier niet de nadruk.

De nadruk ligt erop dat de Here Jezus als de Verlosser de eniggeboren Zoon van God is. Het is God zelf die naar de aarde gekomen is om voor onze redding ook nog mens te worden. We leven in een tijd waarin we bijna alles proberen te vermenselijken. We willen alles verklaren uit wat wij voelen en ontdekken. We moeten ergens een menselijke verklaring voor hebben anders is het niet wetenschappelijk en niet goed. Daarom kan Jezus volgens velen geen God zijn maar wel een prachtig mens die een heel mooi voorbeeld heeft achtergelaten voor ons. Eigenlijk is het ook voor velen mooi als je bij Jezus ook nog wat zwakke plekken ontdekt. Dan is Jezus nog menselijker en kan hij nog aansprekender in bepaalde dingen zoals opoffering je voorbeeld zijn. Een onfeilbare Jezus, een zondeloze Jezus vinden mensen te veel boven je staan. Dat spreekt veel minder aan. Die staat niet dicht genoeg bij je. Jezus had dan wel een bijzondere band met God of met het goddelijke maar was niet God zelf.

Juist zo’n benadering van Jezus. Een Jezus zoals je Hem zelf graag wilt is een leer die uit de doos van de antichrist komt. De HERE zelf maakt in de Bijbel heel duidelijk dat de Here Jezus als de Verlosser juist ook God is. Ik laat dat aan de hand van een paar teksten in de Bijbel zien:

“ Want een Kind is ons geboren, een Zoon is ons gegeven, en de heerschappij rust

op Zijn schouder. En men noemt Zijn Naam Wonderlijk, Raadsman, Sterke God,

Eeuwige Vader, Vredevorst.”  Jes 9:5 HSV

Let vooral op de woorden:  Sterke God en Eeuwige Vader. Je ziet hier een duidelijke profetie waarin de Geest het volk leert dat de Verlosser die ze hebben te verwachten ook God zal zijn. De apostel Johannes benadrukt aan het begin van zijn evangeliedat het God is die in Jezus Christus mens wordt: “In het begin was het Woord, het Woord was bij God en het Woord was God. ..... Het Woord is mens geworden en heeft bij ons gewoond, vol van goedheid en waarheid, en wij hebben zijn grootheid gezien, de grootheid van de enige Zoon van de Vader. Van hem getuigde Johannes toen hij uitriep: ‘Hij is het over wie ik zei: “Die na mij komt is meer dan ik, want hij was er vóór mij!”’ Vs 1,14,15

Let ook op die laaste woorden van Johannes de Doper. Johannes is eerder verwekt en geboren dan de Here Jezus. Toch kan Johannes zeggen dat Jezus er al voor hem was. Daar wijst Johannes duidelijk op het eeuwige bestaan van de Zoon van God die op een bepaald moment van de geschiedenis ook mens geworden is.

Heel belangrijk is ook wat we in Joh 10 lezen. De Here Jezus zegt daar in vers 30 tegen de Joden: “ Wat mijn Vader mij gegeven heeft gaat alles te boven, niemand kan het uit de hand van mijn Vader roven,  en de Vader en ik zijn één.’

De Joden begrijpen dan heel goed wat de Here Jezus zegt. Dat Hij zegt dat Hij God is! Je ziet dat in de reactie van de Joodse leiders op Jezus’ woorden: “Toen de Joden weer stenen opraapten omdat ze hem wilden stenigen,  zei Jezus: ‘Ik heb door de Vader veel goeds voor u gedaan; waarom wilt u me stenigen?’  ‘Voor een goede daad zullen we u niet stenigen,’ antwoordden ze, ‘maar wel voor godslastering: u bent een mens, maar u beweert dat u God bent!’  vs 31-33

De Here Jezus is God. Dat moest Hij zijn om onze Redder te kunnen zijn. Dit was nodig om die onnoemelijke zware straf die jij en ik verdiend hebben tot het bittere einde te kunnen dragen. Op een andere manier kon de Here Jezus dit niet voor ons doen. Zo was de wil van de hemelse Vader.

Hier zien we hoe geweldig Gods plan om ons te verlossen is. Je ziet hier ook hoe ontzettend veel  er voor nodig was om jou uit de schuld en onder de verdiende straf weg te halen. Om jou uit de ellende in de eeuwige blijdschap te zetten. Je ziet hier hoe geweldig veel de HERE voor de gelovigen gedaan heeft. Wat een liefde, wat een Goddelijke zorgende liefde. Zo is jouw God en jouw Vader in de hemel! Zo is ook de Zoon van God. Zo vol van liefde voor wie tot Hem vlucht met heel Zijn wezen. De Drie-enige God verdiend echt jou hele hart en leven. Hij veriend onze aanbidding met alles wat er in ons is.

De Here Jezus is ook God. Het was ook daarom dat Hij zo goed wist wat Hij hier op aarde kwam doen. Het is ook daarom dat Jezus steeds weer tegen Zijn leerlingen kan zeggen dat Hij gekomen is om te doen wat al in het Oude Testament over hem staat opgeschreven. Hij is gekomen om Gods plan van verlossing uit te voeren. Daarom zegt Hij steeds weer tegen de leerlingen dat Hij moet  gaan om te lijden, om gevangen genomen te worden, om te sterven en op de derde dag weer op te staan. Jezus weet dat die dingen moeten gebeuren  want Hij is de Zoon van God die vrijwillig deze taak op zich genomen heeft. Hij nam het op Zich terwijl Hij precies wist hoe diep Hij daarvoor vernederd en gepijnigd zou worden.

Deze dingen hebben voor ons een heerlijke en ook heel indringende boodschap. Als je of ik naar ons leven kijken gebeurd het dat we bij onszelf grote zonden zien. Het kan zijn dat je een periode in je leven gehad hebt of dat het nu zo is dat je echt in zonden leeft. Juist als je op Gods liefde let, op Christus liefde zie je dat zo scherp en duidelijk. Dan kan zomaar de gedachte boven komen dat jouw zonden te groot zijn om nog vergeving te kunnen krijgen. Jij bent te slecht, voor jou is er volgens jouw gevoel geen toekomst meer.

Dan zegt de HERE nu tegen je: Mijn kind Ik laat je de geweldige waarde van Christus offer zien. Het offer dat Mijn Zoon gebracht heeft. Hoe groot jouw zonden ook zijn. Wat je allemaal niet uitgevreten hebt nu zeg Ik tegen je: Kom en belijdt jouw zonden want jouw zonden en schuld zijn niet groter dan de waarde van het lijden en de dood van de Zoon van God. De HERE zegt dan nu tegen jou wat we in Jesaja 1:18,19 lezen: “Laten we zien wie er in zijn recht staat. Al zijn je zonden rood als scharlaken, ze worden wit als sneeuw, al zijn ze rood als purper, ze worden wit als wol.  Als je weer naar mij wilt luisteren, zal het beste van het land je ten deel vallen.”

Wij kunnen nooit het smoesje gebruiken dat je wel in zonden moet blijven leven want je zonden zijn nu toch te groot om nog terug naar de HERE te gaan. Als we in zonden blijven leven is dat onze eigen keuze en onze eigen schuld. Dan zetten we onszelf buiten Gods liefde en verlossing. Laten we dat niet doen want dat is niet nodig. Bij Christus de enige Verlosser is er echte en volledige redding voor altijd. Luister naar de roepstem van Christus die jou vol liefde roept.

 

AMEN