Die struikelblok van die kruis

07-09-2016 07:18

DIE STRUIKELBLOK VAN DIE KRUIS

 

Hierdie artikel het ek in ‘n meer persoonlike styl geskryf omdat dit hier om persoonlike lewe met Christus gaan. Ek het dit in styl ook wil laat uitkom.

Die egte Christus, die Christus soos oor Hom in die Bybel lees, is vir baie mense ’n struikelblok. Dit is nie so dat elkeen wat die naam van die Here Jesus in die mond neem met die egte Christus leef.  Baie wat se dat hulle Christus aanbid, doen dit nie werklik nie. Dit is die Here Jezus self wat ons al daarteen waarsku. 

Ons lees dit in die Bergpredikasie: “Nie elkeen wat vir My se: Here, Here! Sal in gaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir my se: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle se: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”  Matt 7:21-23

Ook as ons die eerste brief aan die Korinthiers lees, sien ons dat Christus, de egte Christus vir baie mense ‘n struikelblok is. Mense wil dikwels nie van genade alleen lewe nie. Die wysheid van ons wereld bots op die wysheid van God. Ons dink van onsself te goed en wil God se ontdekkende wysheid nie aanvaar. Ons lees daarvan in 1 Korinthe 1 die volgende: “Want aangesien in die wysheid van God die wereld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.” 1 Kor 1: 21-24

‘n Mens sien ook in ons tyd dat mense nie die Christus wil wat ons ontdek aan ons sondes nie. Die ons in Sy liefde wys dat ons vergifnis nodig het wat ons net  by Hom kan kry. By Hom die onder God se toorn gely het om so die straf vir die gelowiges te dra.

 

Ek ‘n sondaar?       

 

Is  dit reg dat ek u met sondaars aanspreek?  Is dit reg om die  gemeente van Jesus Christus so aan te spreek.  Doen ek Christus se gemeente geen groot onreg?  Het die lidmate van Christus  se  gemeente,  het die gelowiges nie 'n baie beter posisie nie?  Het die gelowiges nie baie verder gekom en is dit  daardeur onmoontlik om hulle arme sondaars te noem nie.

Hierdie redenasie bedreig ons. Dit is reg dat ons die egtheid en die betroubaarheid van God se beloftes in die verbond beklemtoon. Wat die HERE beloof het, is waar. Die HERE wil ons regtig die verlossing en vergewing van die sondes gee.  Die egtheid en  betroubaarheid  van  God se beloftes aan ons gedoen mag nooit 'n kussing word waarop ons sondebesef sterf nie.  Dit mag  nooit 'n kussing word waarop ons onssself in slaap sus en  eintlik  aan die sondes in ons lewe verby leef.  Waarby ons  hart  en gedagtes so begin werk dat wanneer ons sondes       in ons lewe sien ons dit nie so swaar laat weeg nie want jy is tog kind van God dus sal die HERE vir jou vergewing gee. Onder christene bestaan die neiging om so te dink. Om eintlik aan  die sondes verby te leef.  Ons wil niks van verbondsoutomatisme weet nie.  Ons sal mooi na onsself moet kyk of in ons eie hart,  in ons gemeente tog nie 'n praktiese verbondsoutomatisme 'n plek het of begin kry nie.

Leef  in  jou die gedagte wanneer jy kerk toegaan en jy ook verder  in  die  gemeente aktief is dat die HERE jou sondes sal vergewe al is jy nie regtig oor jou sondes bedroef nie.  Al  ken ons in ons hart nie die sondebesef wat die seun wat na sy Vader terugkeer laat uitroep nie:  "Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,  en ek is nie meer werd om u  seun  genoem  te word nie;  maak my soos een van u huurlinge." (Luk 15:18,19)

Bedreig  ons nie 'n oppervlakkige lewe nie?  'n Lewe waarin ons  se dat ons op God se beloftes vertrou maar hierdie beloftes  eintlik  los  van die HERE gemaak het.  Hierdie beloftes  eintlik  tot  dinge  gemaak  het wat ons gerus stel  sonder regtig met die HERE as persoon te lewe? Voel ons ons nog skuldig teenoor die HERE,  ken ons nog verdriet wanneer ons  dinge doen of gedoen het wat in die HERE se oe nie reg  is.   Hoe reageer jy wanneer jy iets gedoen het wat nie reg is nie?  Wat doen jy wanneer jy gelieg het, wanneer jy iets gesteel  het?   Probeer  jy  om  dit  soveel as moontlik te  verberg want die HERE sal jou tog eendag vergewe?

Ek  moet  jou  in  God  se naam se dat Hy jou dit nooit sal vergewe wanneer jy so lewe nie. Want dan leef jy nie regtig met  Christus  nie.   Wie  met Christus lewe wil sy of haar    sondes  nie  vir God en mense verberg nie,  dan kan dit nie  anders  of jy bely jou skuld,  jy bely dit teenoor die Here  en  ook  vir  die mense waarteen jy gelieg het,  waarvan jy  iets  gesteel het.  Net dan kan ons regtig om vergewing van  die  sondes bid. 

 

Psalm 25

             

Ons moet mooi bedink dat Psalms in  die eerste plek vir Israel as volk van die HERE bedoel was. Die  Psalms  is die liedere van die verbond.  Dis Dawid wat Psalm 25 geskryf het. Hy is 'n lidmaat van Christus se kerk.   In hierdie Psalm is dit Dawid wat tot drie keer toe  om vergewing vra.  Ons lees dit in vers 7,11 en 18.  Steeds weer  hoor  ons  die gebed om die vergewing van die sondes.  Dawid  besef  dat hy in die kerk nog 'n sondaar is.  Hy het   geleer  dat 'n mens wat by God se volk behoort nog altyd 'n  sondaar is.  Daar is by ons geen enkele rede om te dink dat ons bo ander mense op hierdie wereld verhef is nie. Dis nie  so  dat ons nie meer vatbaar vir die sonde is nie.  Die gemeente van Christus, die kerk bestaan uit sondaars.

Nogtans moet ons leer om te onderskei tussen sondaars.  Dit  word  in Psalm 25 duidelik gedoen.  Steeds weer vind ons in   die  Bybel  die onderskeid tussen die een groep sondaars en die ander groep. In Psalm 25 lees ons dit wanneer oor mense  gepraat word wat troueloos handel (vers 2) en aan die ander kant van mense wat ootmoediges genoem word.

Wie  troueloos  teenoor die HERE leef is 'n mens wat sondig en wat graag sondig leef.  Die sonde,  die dinge wat in God se oe nie reg is nie is sy lewenselement.  Hy is in sy element  wanneer  hy  bepaalde sondes doen,  dit is vir hom te  lekker om dit te los, hy wil dit nie los nie.

Die  ootmoediges  soos  hulle  in vers 9 genoem word is die  mense wat hulle sondes,  hulle ellendes ken en voel. Dit is hulle  wat  hulle  skuld  teenoor  die HERE ken en erken en     daardeur  vol  van afhanklikheid en sondebesef tot die HERE  kom.   Vir  hulle is vergewing geen ding wat vanself spreek  nie. Hulle weet hulle so klein voor die HERE dat hulle elke keer  weer  hulle  skuldig weet en regtig om vergifnis vra. Hulle leef regtig met die HERE.  Wie  nie  op  hierdie manier met die HERE leef nie leef nie  soos  'n  kind van Vader in die hemel nie.  Dan leef jy nie  met die HERE nie.  Wie regtig met die HERE leef sien hoe hy steeds  weer  struikel.   Wie regtig met die HERE leef leer juis  in  en  deur  die  omgang met die HERE al hoe meer sy struikeling,   sy sondes ken en bly altyd 'n ootmoedige wat erken  dat  hy 'n sondaar is maar nie in die sonde wil leef  nie  omdat  die lewe met die HERE vir hom so kosbaar geword  het. Die arme sondaar soek nie by homself redding en verbetering nie.  Die arme sondaar sal by die HERE,  by Christus  vergifnis  soek  en nerens anders nie.  Dit is net die HERE wat jou sondes regtig kan vergewe.

 

Markus 2:1-12

 

Dis goed om nou 'n bietjie nader na hierdie gedeelte te kyk.  Wanneer jy jou sondes, jou skuld teenoor die HERE sien moet  jy weet waar jy vergewing van jou skuld kan kry.  By wie jy moet wees om van jou skuld bevry te raak.  Dis die Here Jesus,  dis Christus wat Homself aanwys as die persoon by wie ons regtig vergewing van ons sondes kan kry. Wanneer Hy die verlamde  in  Kapernaum genees is die genesing self nie die  belangrikste nie. Die belangrikste is wat Jesus vir hierdie man se voordat hy genees word.  Wanneer hierdie man nog lam is  se  die  Here Jesus vir hom:  "Seun,  jou sondes is jou  vergewe!"  Die  belangrikste  vir  'n  mens  is  nie dat hy  perdfris is nie. Die belangrikste is dat hy deur die vergewing  van  sy  sondes in die regte houding teenoor die HERE staan. Dit is die leiers van die Joodse volk wat die Here Jesus  van  Godslastering  beskuldig  omdat  Hy  die sondes vergewe.   Volgens  hulle kan net God sondes vergewe en vir  altyd wegdoen.  Dit is reg, dit is ook reg dat die Here Jesus Hom as die Christus,  as God presenteer.  Sy uitspraak: "Seun,   jou sondes is jou vergewe" maak duidelik dat Jesus  Homself  as God aanwys.  By Hom moet jy wees wanneer jy jou  sondeskuld  en  las wil kwytraak.  Die genesing van hierdie verlamde man is bedoel dit te bewys.  In die mense se oe is  dit  maklik  om te se dat jy sondes kan vergewe.  Elke mens kan 'n klomp nonsens praat. Die Here Jesus sal bewys dat Hy  geen  klomp  twak praat nie maar die waarheid.  Hy sal doen wat  nie  in  die  mag  van 'n mens le nie.  Hy sal hierdie verlamde in een oomblik tot 'n gesonde man maak.  Sodat die verlamde van die een op die ander oomblik kan loop. Dit kan 'n mens nie doen nie.  Die genesing van die verlamde is die bewys dat God in hierdie wˆreld gekom het,  dat Hy mens geword  het.   Dat  dit  Jesus Christus is wat jou sondes kan vergewe. By Hom moet jy wees. Hy het vir elkeen wat in diep afhanklikheid  aan  die  Vader vergewing vra hulle skuld op  Hom  geneem  en  vir  ewig weggedra.  Hy het vir elkeen wat  regtig  met verdriet oor sy sondes by Vader kom die vreugde verdien dat vir hom of haar vergewing van sondes gegee word  omdat  Hy  die  straf  gedra  het.   Jesus  Christus is die blydskap vir elkeen wat as 'n arme sondaar elke dag weer om vergewing bid en regtig met die HERE leef. Wie so leef sien die HERE deur Sy Gees ook in hom of haar werk.

 

Geen individualisme nie

 

Die kruis van Christus vra om persoonlike geloof maar juis nie om individualisme nie. Die kruis vra om ’n gemeenskap waarin ons mekaar juis wil vergewe. Waarin ons saam van die genade van God wil lewe. Ook dat sien jy in Psalm 25.

Dawid  skryf Psalm 25.  Hy doen dit op 'n persoonlike toon. Hy  leef  persoonlik met die HERE en hy weet dat dit ook so moet wees.  Nogtans dink Dawid nie net aan homself nie.  Hy is nie individualisties nie.  Hy weet in die geloof dat die HERE hom 'n plek in die verbond, onder die volk van God gegee  het.   Ons  kan in Psalm 25 lees dat Dawid nie net aan homself dink nie.  Ons lees in vers 8: "Die HERE is goed en  reg;  daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg." Dawid ken  sy plek in die kerk as arme sondaar onder sondaars wat die HERE se pad wil loop. Wanneer Dawid baie persoonlik gebid  het  wys  hy in die laaste vers weer dat hy sy plek in die geheel van God se volk ken. Dan eindig hy sy gebed met: "o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!"

Wie  in  Christus  se gemeente om vergewing bid kan nie net met  homself reken nie.  Die vergewing wat ons van die HERE vra  kan  nie  sonder die vergewing wat ons aan ander mense wil gee nie.  Die vergewing,  die vergewingsgesindheid moet  na  elkeen uitstraal wat ons in ons lewe ontmoet.  Ons moet  persoonlik en as gemeente 'n voorbeeld van liefde wees.  'n Voorbeeld  van so'n groot liefde dat ons elkeen wil vergewe  wat  hy  of  sy  ons aangedoen het.  Nou is die indringende vraag  of ons so 'n voorbeeld is.  Wanneer dit onder ons as       gemeenskap  van  die heiliges nog so is dat ons 'n ander of ander  lidmate  van die gemeente eintlik nie wil groet nie, eintlik  'n  hekel aan hulle het,  eintlik slegte dinge uit  die  verlede  nog  van hulle vertel,  dat hierdie dinge nog steeds  jou  houding  teenoor hulle bepaal terwyl dit offisieel vergewe is wil jy eintlik nie regtig vergewe nie. Wie  so leef leef nie regtig as kind van die HERE nie.  Dan moet jy  mooi bedink wat die Here Jesus self gese het:  "Want as julle  die  mense hulle oortredinge vergewe,  sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle  oortredinge  nie  vergewe  nie,   sal julle Vader julle  oortredinge ook nie vergewe nie."

Wie  om  vergewing  bid  en  sy  naaste  nie altyd weer wil vergeef  nie  moet  nie op God se vergewing reken nie.  Wie ander mense nie wil vergewe moet die Onse Vader nie bid nie want  dan  is  jou gebed juis 'n sonde,  dan is die woorde: soos ons ons skuldenaars vergewe 'n leuen in jou mond.  Dan bedrieg jy jouself.  Hoe leer 'n mens nou werklik om elkeen  te  wil  vergewe,   hoe leer ons as Christus se gemeente om juis op hierdie punt 'n heerlike voorbeeld in ons eie omgewing te wees? Dit leer ons net wanneer ons regtig ootmoedig  wil  wees,  wanneer ons eerlik in die lig van God se wet en Christus  se liefde ons sondes,  ons eie skuld sien. 

 

Moet ik van de hel verlost word?

 

 Een van die struikelblokke in ons tyd van die kruis is ook dat mense nie meer wil hoor van die hel waarvan ons gered moet word nie. Sondag 23 van die Heidelbergse Katgismus vra:  “Hoe is ek voor God regverdig?”  Die vraag verdwyn in sy erns uit die lewens van mense as nie meer raakgesien word hoe groot my sondes is, as nie meer gesien word hoe die HERE elke sonde haat en ons in Sy oordeel laat kom nie. Dat dit beteken dat ek sonder die ware Verlosser in die hel met al sy verskriklikheid kom. Die sonde, die oordeel, die hel is dinge waar mense nie graag van hoor nie. Ook ons nie. Dit is baie lekkerder as steeds weer van God se liefde en van die Here Jesus gepraat word en ons sê nog ‘n enkele keer in ‘n preek dat ons deur Jesus van ons sondes verlos is maar die swaar klanke van sonde, oordeel en hel verdwyn eintlik uit die prediking. Die kans is groot dat baie daarvan sal hou en dat ‘n mens baie skouerkloppies kry. Nogtans sorg so’n prediking daarvoor dat as dit lank aanhou die vraag: “Hoe is ek regverdig voor God” in sy erns nie meer gevra word. 

Dit beteken dat kerkdienste ‘n ander karakter gaan kry, dat preke ander aksente gaan lê. Dat  na ‘n ruk gevra gaan word  of die Here Jesus nou werklik gekom het om ons van ons sondes te verlos en of hy gekom het om daarvoor te betaal. Dan begin mense sê en dink: Het Jesus nie baie meer gekom om God se liefde vir mense en vir Sy skepping te wys nie. Het Hy nie baie meer gekom om vir ons te wys dat God langs ons staan en ons in alle dinge wil help nie. Dan begin sekere Psalms soos Psalm 51 uit kerkdienste verdwyn want die Psalm praat so swaar van die sondes. Dan word gesê as jy nog ‘n bietjie aansluiting met die leraar het met wie jy praat:  Ja, maar die mense moet wel aan hierdie Psalm daaraan toe wees om dit te kan sing of jy moet daarby baie vertel voordat dit gesing kan word.  Dit wys dat dan in die lewe van mense dit nie as een van die kernvrae van hulle lewe funksioneer: “Hoe is ek regverdig voor God?” Ons leef in ‘n tyd waarin hierdie vraag ook vir ons kan vervaag. Laat ons daarvoor waak dat dit in die prediking en in ons eie lewe nie gebeur. Laat ons nie met die gees van ons tyd  saamry wat nie of baie min van sonde, oordeel en hel wil praat nie.

 

Deur die geloof in Christus alleen

 

Paulus wat in sy lewe die Ou Testament baie goed leer ken het, weet van hierdie gevaar. Hy het ‘n baie deeglike opleiding van omtrent 15 jaar by die rabbyne gehad. Natuurlik het hy van sonde, oordeel en hel gehoor. Die Fariseër Paulus sou dit ook nooit ontken het nie. Nogtans het hy geleer om op ‘n ander manier hierby weg te kom. Hy het geleer dat hy deur sy afkoms en deur baie mooi op God se wette te let en baie mooi sy bes te doen om die te hou hy nie deur God gestraf  sal word nie. Hy het werklik op sy eie goeie lewe vertrou. Wie hy is en wat hy doen sal hom die verlossing bring, sal vir hom vergifnis gee. Daarvan was hy oortuig. Paulus bring sy ou oortuiging in Fil 3 so onder woorde: “As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer. Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs, wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref,  onberispelik”. Vers 4-6

Paulus het voor sy bekering sy geregtigheid vir God gesoek in sy eie ywer, in sy eie geloof, in sy goeie afkoms. As ons dit na vandag toe sou vertaal sou ons kon sê: Ek is gered want ek is gebore uit ‘n geslag  wat al baie lank trou lidmate van die kerk is, ek is gedoop en ek besoek trou die kerkdienste,  ek leef werklik netjies en is nie groot en grof sondes in my lewe nie,  ek is aktief betrokke by die aktiwiteite in Christus se Koninkryk.

As dit die manier is waarop jy na jou lewe kyk en dink dat jy daarom regverdig vir God is, ontmasker Paulus jou en my lewe. Voordat ek nou verder oor hierdie ontmaskering deur die Gees praat nog ‘n ander opmerking. Juis hierdie manier van dink vind ons tendieptse dikwels in ons samelewing. Mense wil Christene wees. Hulle praat baie van liewe Jesus. Hulle is lief vir Hom. Hulle doen hul bes om netjies te leef en hul lees en bid en dan is alles tog reg, dan sal liewe Jesus hul tog die verlossing gee en dit nie so erg vind dat hul op sekere punte in die lewe nou nie kon doen wat die HERE van hulle gevra het. Hul netjiese lewe en hul lees en bid vergoed tog baie!  Dit klink so mooi, dit lyk so aantreklik maar dit is die gevolg as ons nie meer raaksien wat sonde is, wat God se oordeel en toorn beteken nie.

Paulus het deur die werk van die Heilige Gees op die regte manier die Bybel begin lees. Hy het deur Christus se eie ingryping in sy lewe gesien hoe skerp en ontdekkend God se Woord is. As jy dit raakgesien het, waag jy het nie meer om jou maar een keer op ‘n netjiese lewe op ‘n goeie daad te beroep nie. Dan het jy in die lig van God se Woord raakgesien dat dit ook sonde is. Dan sien jy jou leë hande voor God. Dan sien jy jou lewe wat so swart is van die sondes. As jy werklik die lig van God se heiligheid oor jou lewe laat skyn, leer jy met Sondag 23 van jou eie lewe sê: “al kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig en nie een daarvan gehou het nie en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is” Dan leer ek met my hart ook van myself te bely wat ons in vraag en antwoord 114 bely: “Selfs die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe is, nog maar ‘n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid, maar tog so dat hulle met ‘n ernstige voorneme begin om nie alleen volgens sommige nie maar volgens al die gebooie va God te lewe.”

My op my eie dade, my eie geloof,  my eie dade te beroep voor God is so sinloos, ook so sondig. As jy daarop nou steun, as dit nou jou bate teenoor God is, slaan die Gees dit nou uit jou hande met wat Paulus daarvan sê: “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met die wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof”. Vers 7-9.

Wie dink dat hy deur eie lewe, deur sy bes te doen, vergifnis van sy sondes kan kry, sondig. Wie nie sy eie diep sondigheid tot die dag van sy of haar sterwe bely nie kan baie van God en Christus praat maar staan buite die redding deur Christus alleen. Ons moet leer om hierdie manier van lewe waarin ons tog nog vir ‘n deel op onsself vertrou as menslike uitwerpsels te verag en ver van ons te gooi. Dan leer jy sien dat net een jou wins kan wees en dat die wins regtig buite jouself lê. Dit is Jesus Christus. Kyk vers 8 einde.

Dan leer jy ook raaksien die diepe waarheid ook in jou eie lewe dat God nie die mens regverdig wat dink dat hy deur eie werk ‘n gelowige is nie. Dan leer jy raaksien dat die HERE nie hulle regverdig want dink dat hulle tog baie netjies lewe en daarom tog in die verlossing moet deel. Nee, wat sê die Gees van elkeen wat in Christus sy ewige verlossing het: “Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; aan hom egter wat nie werk, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.” Rom 4:4,5 

Dit is ook wat ons in Sondag 23 bely. Hoe word daar beklemtoon dat regverdig wees vir God net Christus se werk vir jou is, dat dit net genade van God is. Luister maar: “God nogtans aan my sonder enige verdienste van my kant uit louter genade die volkome genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my skenk”.

Ware verlossing is net in Christus! As die Vader in Sy liefde nie Sy Seun sou gestuur het, kon ons gedoen het wat ons wil maar ons sou altyd onder God se toorn ewig in ellende geleef het. Christus is die verlossing. Hy is dit vanweë wat Hy op aarde vir die gelowiges gedoen het.  Ons lees  dit in Rom 3:24-26 so:

“en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing  wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in Sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestref laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God – om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.”

Laat Christus vir ons nie ‘n struikelblok wees nie maar die Verlosser in wie ons die ewige lewe en die vrede met God vind.