Hoogliedpreke - seksualiteit

29-04-2015 14:18

 

 

HOOGLIEDPREKE: HOE GAAN ONS AS KINDERS VAN GOD OM MET SEKSUALITEIT?

 

Omtrent 15 jaar gelede het ek in Pretoria 'n reeks preke oor Hooglied gehou. Dit is verseker in ons tyd baie belangrik dat ons leer opentlik maar nogtans op 'n mooi manier oor seksualiteit te praat. sekerlik ook met ons kinders. Dit was die rede om hierdie preke te maak. Ek hoop die volgende week elke week een van die preke te plaas. Die preke is bewerk en ook die Afrikaans is bewerk. Ek hoop dat die bewerking van die preke hierdie jaar ook as verklaring van die boek Hooglied in Suid-Afrika sal verskyn. Die Nederlandse versie het al verskyn onder die titel: Ik hou zo van je (Van Berkum 2009 ISBN 9789081171038)  

 
 

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 121:1,3

Lesing van die wet

Psalm 2:5,6

Skriflesing:  Hooglied 1

                    Galasiërs 5:16-26

Bevestiging  diaken

SB 49:3,7

Gebed

Kollekte

Psalm 45: 1,2,3,4

Teks: Hooglied 1:1-8

Preek

S.B. 21:1,2,4

Dankgebed

Psalm 63:1,4

Seën

 

Broers en susters, gemeente van die Verlosser Jesus Christus.

 

Is die boek Hooglied  ‘n boek om daaruit te preek?  Hooglied is een van die boeke waaruit min gepreek word. Somtyds word hierdie boek by die Bybellees met die hele gesin oorgeslaan. Mense begin rooi word, begin lag of giggel wanneer hierdie boek gelees word.

Nogtans doen ons onsself kort en doen ook die HERE kort as ons die boek Hooglied met groot aandag en erns lees en gebruik nie. Die HERE het in Sy wysheid hierdie boek ‘n plek in die Bybel gegee. Hierin hoor ons God se wysheid wat ons vir ons lewe so nodig het.

Hierdie wysheid is Goddelike wysheid vir alle tye. Ons het hierdie wysheid  in ons tyd  in die besonder nodig. Ons leef in ‘n tyd waarin baie verander.  Waar vroeër amper nie oor seksualiteit gepraat is nie gebeur dit nou al hoe meer openlik. Ons kinders hoor dikwels hiervan op ‘n leeftyd dat  jy en ek daarvan nog niks geweet het nie.  Die gevolg is dat die manier waarop oor God se pragtige gawe van seksualiteit gepraat word verkeerd en vuil is.

Openlik praat oor God se goeie gawe van seksualiteit is nie verkeerd nie. Die HERE self wys dit vir ons in die Hooglied en op ander plekke in Sy Woord. Dit is verseker in ons tyd baie modig om vanuit God se eie Woord openlik oor die lewe voor en in die huwelik te praat. Om ook oor die seksualiteit te praat en dan deur God se Gees te leer om daaroor op ‘n goeie manier daaroor te praat. Dit is ook nie goed om dit iewers in ‘n donker hoekie weg te steek nie. Dit is nie in ooreenstemming met die manier waarop die HERE self ons in Sy Woord voorgaan nie. Dit is daarom goed om in die tyd wat kom die HERE se Woord vanuit die boek Hooglied te hoor. Die Gees het ook hierdie boek van die eerste tot die laaste letter geinspireer. Laat ons vandag luister na dit wat die Gees vir ons in hoofstuk 1:1-8 sê>

Ek verkondig Christus se evangelie vir julle onder die tema:

 

DIE VROU VERLANG IN LIEFDE NA HAAR MAN

 

1.  Sy geniet van sy nabyheid  (1-4)

2.  Haar uiterlik is nie die belangrikste nie (5-6)

3.  Sy wil in sy nabyheid bly  (7,8)

 

1.  Sy geniet van sy nabyheid.

 

Die Hooglied begin met die woorde: “Die hooglied van Salomo”.  Ek moet hier iets van die vertaling sê. Die woord wat hier met van  vertaal is kan ook vir  beteken. Dan gaan dit nie daaroor dat Salomo die skrywer van hierdie boek is nie maar dat die Gees iemand geinspireer het om ‘n boek te skryf wat Salomo moet lees. Waarin juis vir koning Salomo ‘n baie belangrike boodskap klink.

Wie die boek Hooglied lees, vind enkele kere dat Salomo regstreeks aangespreek word. Die skrywer spreek Salomo met sy naam aan en praat van sekere dinge as dit wat aan Salomo behoort. Kyk 1:5; 3:7,9,11; 8:11,12. Dit wys daarop dat Salomo nie self die skrywer is nie. Hy is in hierdie boek nie self aan die woord soos in Prediker en in die meeste Spreuke nie.  

Die Heilige Gees wys in hierdie pragtige lied wat in die hebreeus letterlik die lied van die liedere genoem word,  hoe ‘n lewe in liefde tussen man en vrou behoort te wees. Hy wys in die Hooglied na watter lewe in die huwelik ons mag verlang, ons mag voorberei, daarin lewe. Dit gaan hier om die lewe in liefde tussen man en vrou soos ons dit onder die regering van ons Verlosser Jesus Christus mag leef.  Die Gees wys ons in die Hooglied hoe die omgang tussen man en vrou in Christus se Kerk, in Sy Koninkryk behoort te wees. So is hierdie boek ook ‘n belangrike boek vir elkeen wat nie getroud is of  nie meer getroud is nie. Ons het mekaar in die gemeenskap van die heiliges nodig en as my ongetroude broer of suster sien dat in my huwelik probleme is of ek vertel dit vir hom of haar kan hy of sy vanuit die Skrif, ook vanuit Hooglied my die pad wys. Die boek Hooglied rus ons toe om mekaar op die gebied van liefde, seksualiteit en huwelik te kan help, te kan loop op Christus se pad.

Salomo het dit baie nodig gehad want juis in sy lewe het hy op die punt van huwelik en liefde die verkeerde voorbeeld gegee. Ons lees van hom die volgende in 1 Kon 11: “En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao,  Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese – uit die nasies waarvan die HERE aan die אkinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan – Salomo het hulle met liefde aangehang.

En hy het sewehonderd, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.”

Hoe nodig het Salomo hierdie boek Hooglied gehad hoe ware liefde ‘n liefde tussen een vrou en man is. Hoe nodig was dit vir hom om die HERE se vermaan hierin te hoor, hoe nodig was dit vir die volk om nie Salomo se voorbeeld te gaan volg nie. Die Hooglied wys ons op God se wil en hoe heerlik dit is om so te lewe. Dan het jy geen tweede vrou of man nodig nie. Dan vul die liefde vir jou eie man en vrou jou lewe en doen ‘n derde persoon daaraan net skade.

Die vrou neem in vers 2 die woord. Sy verlang na ‘n soen van haar man. Ek sê dit nou nog nie reg nie. Sy verlang nie na een soen van hom nie maar na meerdere. Sy verlang daarna dat sy sy liggaam teen haar voel en haar vashou en soen. Sy soene is teken van sy liefde vir haar. Sy liefde is vir haar kosteliker as wyn. Die HERE het ook die wyn vir die mens gegee om daarvan te geniet. Mense maak daarvan dikwels op ‘n verkeerde manier gebruik. Nogtans bly dit so dat die HERE die wyn gegee het om die hart van ‘n mens te kan bly maak (kyk Psalm 104:15) ‘n Mens mag van wyn hou en daarvan geniet so verlang die vrou nog meer na die genot van haar man se liefde.

Let daarop dat sy hier haar man se liefde  en daarmee sy soene kosteliker as wys noem. Dit geld nie van die liefde en die soene wat sy van haar ouers, familie en vriende kry nie. Die liefde tussen man en vrou is anders en meer  as liefde, geneëheid wat ‘n mens van ander ontvang. Dit beteken dus ook dat die liefde van jou vrou of man belangriker vir jou behoort te wees as die liefde van jou familie en vriende. Jou liefde onder die mense behoort  hom nou veral op jou man of vrou te rig. Hier sien ons wat volgens die HERE se eie bevel by die huwelik gebeur: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (Gen 2:24)

Die vrou wys dat die saamwees met haar man heerlik is. Sy wil by hom wees. As sy sy geur ruik is dit goed dan weet sy dat hy in haar nabyheid is. Sy vergelyk sy geur met die van reukwater. Sy geur is vir haar as parfuum wat ‘n aangename geur versprei. Dit het ook alles te doen met hoe haar man is. Sy sê van hom: u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.”

Dit wys daarop dat hierdie man vol van liefde in die wêreld staan. Hy wys werklike liefde vir sy vrou en wys ook in sy omgewing dat  die egte liefde sy lewe beheers. Dit is ook daarom die jong vroue wat nog nie getroud is van hom hou. Hy is regtig iemand om van te hou. Wat maak hierdie man nou so aantreklik? Dit gaan hier nie om sy uiterlik nie, dit gaan nie daarom dat hy so cool is nie. Dit gaan nie daarom dat hy probeer by ander, by die meisies op te val nie. Die geheim van sy lewe is dat hy vir die HERE wil lewe, dat jy in sy lewe die vrugte van die Gees sien. Wie by Christus en Sy liefde sy liefde soek, sal deur die Gees verander en dan sienons in sy of haar lewe wat ons in Gal 5 gelees het: “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” (vs 22)

Ons is nou op pad na die Nagmaal. Die selfbeproewing gerig op die Nagmaal sal daarop gerig moet wees of ons in ons huwelik en daarbuite so wil lewe. Moet daarop gerig wees dat ons hierin wil groei en werklik in God se krag daarteen stry as dit nie so in ons lewe is nie. Die selfbeproewing het dan deur die gebed  positiewe invloed op ons huwelike en alle verhoudinge in jou lewe.

Die verlange van hierdie vrou gaan nog verder. Sy wil dat haar geliefde haar saamneem. Haar saamneem na een van die binnekamers van die huis. Na een van die vertrekke in die huis wat afgesluit is en niemand hulle kan sien nie. Sy noem haar man haar koning. Sy wil so graag dat hy die inisiatief neem, sy wil hom so graag in liefde volg omdat sy haar veilig by hom weet.  Hoe anders is dit by koning Salomo met sy 1000 vroue. Geen van die vroue weet vir wie hy daardie dag sy liefde wil gee en met wie hy dan saam wil wees nie.

Sy sê: “Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wys.”  Hier sluit die vrou haar geliefde in by die ons en noem hom ook weer apart om te wys hoe sy by hom wil wees. Hoe sy haar heeltemal vir hom wil gee om ook saam volop daarvan te geniet om een vlees te wees. Ons sien hier raak hoe die belewing van die liefde in die seksuele gemeenskap ‘n kroon op die onderlinge liefde is. Hier in een van die binnekamers mag die paradystoestand herleef en mag alle skaamte wegval. Die liefde en teerheid wat God gee sorg daarvoor dat alle angs en skaamte vir mekaar verdwyn en die liefde ook liggaamlik geniet mag word.

Hierdie man vol liefde en teerheid  word deur sy vrou op hande gedra. Sy verstaan hoekom ander van haar man hou.

As ons nog weer na die eerste 4 verse kyk, sien ons raak dat die vrou graag by haar man wil wees. So is dit as Christus ons lewens beheers. Dan  wil ons saam wees, dan is dit vir ons nie lekker om nie saam te wees nie. Dan kyk jy as man of vrou al weer daarna uit wanneer die ander van sy werk weer by die huis kom. As dit by jou, by julle nie meer so is nie ontdek die HERE jou vandag  aan ‘n gebrek in jou lewe. Dan het die liefde begin kwyn en is dit nodig dat jou of julle liefde weer toeneem. Dan is dit nodig dat jy in gebed die HERE daarom vra, dat jy daaraan in God se krag werk. Liefde is in die huwelik ‘n opdrag.

Julle wat uitgaan moet in julle groei na mekaar steeds weer julle verhouding daaraan toets of julle graag saam is. Nie net om te soen en te vry nie maar om in alle dinge saam te wees. Om ook saam te bid, saam Bybel te lees en saam oor die dinge van die lewe te praat. As jy sien of voel dat jy dikwels nie met die ander saam wil wees nie en dit groei nie moet ‘n mens nie op die pad van die huwelik gaan nie.

As ons hierdie dinge nou gesien het moet ons ook daaraan dink dat Paulus in Efese 5 sê dat wat hy daar skryf oor die verhouding van man en vrou in die huwelik alles te doen het met die verhouding tussen Christus en Sy gemeente. (vs 32) Die verlange van die vrou na die man wys ons daarop hoe ons ook daarna moet verlang  dat Christus by ons is. Ons verlange behoort te wees dat Christus altyd naby ons is. Ook dit is vir ons selfbeproewing hierdie week baie belangrik.  Elke keer as jy dink of voel: Nou is dit beter dat die HERE my nie sien nie of ek vergeet nou ‘n rukkie van God, wys dit vir ons dat ons op die verkeerde pad is. Dan is ons op die pad waar ons nie van Sy liefde wil leef. Dan is bekering nodig. Wie afstand van Christus, van God wil hou moet besef dat  sy sit in Christus se nabyheid aan die Nagmaal vir hom of haar oordeel beteken. Bekeer jou dan want hoe heerlik en goed is dit om in die Nagmaal selfs sigbaar Sy liefde wat onpeilbaar is, Sy vergifnis te ontvang. Dan ervaar ons in liefde dat Christus die Man  van ons lewe is. Dan omhels ons hom deur die geloof in liefde. Dan beweeg ons lewe ons in liefde op die HERE se opreop in Ps 2:12: “Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.”

Die vrou gaan verder en wys dat die uiterlike nie die belangrikste is nie. Ons let daarop in die tweede plek.

 

2.  Haar uiterlik is nie die belangrikste nie

 

Die jonge vrou wat hier praat lyk anders as baie ander. Sy lyk bruiner as die meeste ander. Die meisies en vroue wat so aanvallig as moontlik wil lyk  is baie blanker. Hulle het alles gedoen om nie deur die son gebrand te word nie.

Die skoonheidsideaal van toe was anders as in ons tyd. Dit is in ons tyd dikwels so dat  dit vir ons mooi is as die son jou gekleur het. Jy moet ‘n bietjie ten om beter te lyk. Toe was dit so hoe witter hoe mooier. Hierdie vrou is dus volgens die norme van toe nie mooi nie. Sy het deur die son so bruin geword soos die tente van Kedar en die gordyne van Salomo. Sy vertel ook hoe dit so gekom het. Sy het op die platteland gewoon en sy moes werk. Sy vertel dat haar broers toornig op haar was. Ons moet hier nie dink dat hulle kwaad vir haar was nie maar sy moes in die gesin ook haar kant bring. Haar broers het haar nie ontsien nie. Daar was iemand nodig om die wingerd van die familie op te pas. Sy moes haar taak in die familie doen en dit het beteken dat die son haar bruingebrand het.  As sy sê dat sy haar eie wingerd nie opgepas het nie wys dit daarop dat sy nie haar uiterlik op die eerste plek gestel het nie. Sy het gaan werk en daardeur nie so blank as moontlik gebly nie. Sy wys dat vir haar haar daaglikse werk wat sy moet doen belangriker is as om so mooi as moontlik vir ander te lyk.

Ons sien hier raak dat sy bely dat die uiterlik nie die belangrikste is nie. Die uiterlike skoonheid volgens die gier van die tyd  is nie waarvoor ons moet leef nie. Ons is geroep om ons daaglikse werk te doen en daarvoor ons in te span dat in die eerste plek daar in ons ‘n innerlike skoonheid is. ‘n Lewe in liefde vir die HERE en vir jou naaste. Dan is jy naamlik lieflik. Hierdie jonge vrou is bruingebrand maar lieflik.

Hoe belangrik is dit ook as ons na ‘n lewensmaat soek. Seuns en dogters as julle na ‘n lewensmaat soek en uitsien moet julle ook mooi bedink wat die Heilige Gees in Spreuke 11:22 sê: "“n Goue ring in ‘n vark se snuit, so is ‘n vrou wat mooi is maar sonder beleid.”   Julle moet julle nie vir julleself sê dat julle net vir ‘n meisie of  ‘n seun gaan wat mooi is nie. Laat julle nie verblind deur liggaamlike skoonheid nie. Ook nie deur hulle wat alles doen om op te val en so mooi en uitdagend moontlik te lyk nie. Dit gaan daarom dat jy iemand vind wat saam met jou lief vir Christus is. Met jy wie saam in liefde vir Hom wil lewe. Iemand wat by jou pas. Dan is die ander al is hy uiterlik nie mooi nogtans vir jou pragtig en besing jy nodg die ander in liefde. Hy of sy is dan vir jou die mooiste omdat jy na die hele mens kyk.

Dit is ook vir hulle wat getroud is belangrik. Ook as ons ouer word en die uiterlike skoonheid van die een of die ander word minder. Wie sy liefde op uiterlike skoonheid gebou het, kwyn dan in liefde vir die ander. Hy of sy begin dan na ander kyk en ander begeer. So mag dit in Christus se gemeente nie wees nie. As dat so in jou lewe is moet jy jou daarvan bekeer en by Christus egte liefde vir die ander vra. Dan leer die Gees om mekaar in ware liefde lief te hê en speel die uiterlike nie meer  ‘n rol nie. Dan wil ons ook steeds in mekaar se nabyheid bly. Ons let daarop in die derde plek.

 

3.  Sy wil in sy nabyheid bly

 

Hierdie vrou se man is ‘n herder. Sy vra terwyl hy nog by haar is waar hy met sy trop natoe trek. Sy wil weet waar hy in die middag met sy skape sal wees as hy en die skape in die skaduwee sal rus. Sy vra dit nie sommer nie. Sy wil hom opsoek en in die middag weer by hom wees. As sy nie weet waar hy is kan dit wees dat sy hom nie vind en net die troppe van sy vriende vind en by hulle is. Dan kan sy nie in alle vryheid en vertroue by hom wees dan moet sy afstand hou. Hierop wys die woorde “met ‘n sluier toegedraai”.  Haar man vertel waar hy in die middag sal wees. Hy noem sy vrou die mooiste, sy skat. As sy al nie weet nie hy sal in die middag by die hutte wees. Daar kan sy wat vir enkele bokkies sorg hom vind. Ook hy sien daarna uit om haar dan weer te sien. Dit is ook vir hom nie lekker om ‘n ruk nie naby haar te wees nie.

Hier sien ons hoe dit in die huwelik volgens God se liefde behoort te wees. Jy wil by die ander wees. Dit is vir jou nie lekker as die ander weggaan en verseker nie as die ander enkele dae of nog langer by die huis weg bly. Dit is nie ‘n goeie teken as jy by jouself voel dat dit vir jou lekker is dat jou man of vrou ‘n rukkie weg is nie. Jy voel dat jy nou weer vryheid en rus het. Dan is iets in julle verhouding nie reg nie. Dan moet jy daaroor praat en saam bid om meer liefde vir mekaar. Die liefde soek die ander en wil steeds so naby as moontlik aan die ander bly. Dan is die lewe goed, dan voel jy nie gebonde nie, dit is vir jou dan egte vryheid.

Juis as ouers is ons geroep om dit ook vir ons kinders uit te leef. Dit is goed as ons kinders sien dat pa en ma van mekaar hou, as hulle hoor, sien en voel dat pa en ma graag saam is en dit nie lekker vind om apart te wees nie. Dit is deel van ons opdrag. Christus wil ook die huwelik waar dit nou so anders is daartoe heilig. Daar is dit nodig om saam tot Christus te vlug en saam om liefde, nuwe geneënheid en nuwe vertroue in mekaar te bid. 

Dit is net moontlik as ons saam as gemeente en persoonlik nie van Christus as ons Hoof geskei wil wees nie. As dit vir ons erg is as ons voel dat ons sonder God en Christus lewe. As ons sondig, as ons op paaie gaan wat nie goed in God se oë is, verloor ons Christus op die pad. Wie Christus se liefde ken, voel dan so sleg en wil na Hom terugkeer en weer in die ligkring van Sy genade en liefde wees. Laat ons so onsself beproef, ook ons huwelike beproef en as mense wat naby Christus wil lewe volgende week na die Nagmaal kom. Om saam van Sy liefde, van die verlossing van ons sondes, ook ons sondes in ons huwelike te geniet. Om in liefde te geniet van die gemeenskap met ons God en Heiland.

 

AMEN  

 

  ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 18:1,12

Lesing van die wet

Psalm  36:2,3

Skriflesing: 1 Korinte 7:1-10

                    1 Petrus 3:1-7

Gebed

Kollekte

Psalm 25:5,6,7

Teks: Hooglied 1:9-2:7

Preek

S.B. 21:5,6

Dankgebed

Psalm 128:1,4

Seën

 

Broers en susters, gemeente van ons Verlosser Jesus Christus

 

Die HERE het die boek Hooglied gegee om vir Salomo met sy 1000 vroue te wys wat egte liefde is soos Hy dit wil en seën. Die HERE wys in die boek Hooglied hoe die lewe tussen man en vrou bedoel is en hoe die goed is. As ons so lewe sien ons raak wat dit beteken dat deur Christus en Sy verlossing die lewe herstel word. Ons sien dan raak wat dit vir die lewe tussen man en vrou in die huwelik beteken.

Die vorige keer het ons gesien hoe die vrou na die man verlang. Ons sien in die gedeelte wat ons nou gelees het hoe man en vrou saam daarna verlang om van die liefde te geniet.

 

Ek verkondig daarom vanoggend vir julle God se heilige Woord onder die tema:

 

MAN EN VROU VERLANG DAARNA OM VAN MEKAAR SE LIEFDE TE GENIET

 

1.      Die verlange daarna  1:9-15

2.      Die werklikheid daarvan  1:16-2:6

3.      Die waarskuwing vir die ongetroudes  2:7

 

1.      Die verlange daarna

 

Die man het vir sy vrou gesê waar sy hom in die middag kan vind. Hy het haar die “mooiste onder die vroue genoem”. Hy het dit gesê voordat hy met sy trop getrek het. Hulle is nou nog saam. Hy gaan nou daarop verder dat hy sy vrou die “mooiste onder die vroue” genoem het. Hy besing haar skoonheid nou in die verse 9-11. Hy doen dit met woorde wat vir ons dalk vreemd is. Nogtans gebeur dit ook by ons dat geliefdes mekaar somtyds met allerhande koosnaampies noem soos: liefie, liefde, bokkie, engel, skattebout. Hy vergelyk sy vrou in vers 9 met ‘n perd. ‘n Beter en noukeuriger vertaling is hier “merrie”. Hy vergelyk sy vrou met die merrie wat by die Farao uitgekies word om Farao se koninlike wa te trek. Dit is die vooreg vir die mooiste merrie. Die merrie wat deur die Farao die mees gelief is.

Sy vrou is vir hom mooi.  Dit beteken nie dat sy in die oë van die wêreld so aanvallig is nie. Sy is vir hom so mooi omdat hy van haar hou. As hy na haar gesig kyk dan is haar wange vir hom vertroud, hulle kan en mag hy aanraak as sy eie vlees. Hulle is vir hom lieflik. Sy dra ook sierade en dit is vir hom mooi en hy beloof vir haar dat hy nog mooier sierade sal koop. Hy sal vir haar nog kosbare goue met silwerknoppe gee. Hy wys daarin sy liefde vir haar. Hy wil dat sy nog mooier sal lyk.

Nou kan die vraag kom of dit wat die man hier sê wel in ooreenstemming is met wat ons op ander plekke in die Bybel lees. Lees ons op ander plekke nie ‘n duidelike waarskuwing teen sierade nie? Laat ek twee voorbeelde noem:

Jes 3: “Verder  het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel, daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion te skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot. In die dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies”  en dan volg nog baie ander sierade.  (vs16-18 …24)

1 Petrus 3:3,4: “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie:  haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”

Hoe is dit moontlik dat hierdie man wat in liefde vir die HERE leef sê dat hy vir sy vrou meer sierade sal gee? Is dit so dat enige sieraad en enige grimmering deur die HERE verbied is?

Ons moet mooi oplet waaroor dit in Jesaja en Petrus se brief gaan. Die HERE sê daar nie dat ‘n vrou geen enkele sieraad mag dra nie. Dit gaan hier om vroue wat sierade dra om op te val. Dit gaan om vroue wat op hulle uiterlik vertrou en daarmee op ander mans en vroue indruk wil maak en  vir ander uitdagend of aantreklik wil wees. Die uiterlike skoonheid kom by hulle in die plek van die innerlike skoonheid. Wie vir Christus leef, wie deur God se Gees geheers wil word, leef ook vir die ander. Die vrou wat so leef, leef nie vir haar uiterlik en vir grimmering en sierade nie maar as haar man uit liefde vir haar ‘n sieraad gee sal sy dit graag dra. Sal sy dit gra dra en daarin sy liefde beantwoord. Sonder om vir uiterlike skoonheid te leef en daardeur te wil opval. Sy wil mooi wees vir haar man en dit lees ons in die verse12-14 waar die vrou op haar man antwoord.

Dit is vir haar heerlik om saam met haar man aan tafel te sit. Hy is haar koning. As sy saam met hom aan tafel sit, gaan haar hart en lewe oop. Dan bloei sy op. Dan lyk sy ook die mooiste want sy voel veilig, sy verlang na sy liefde. Sy wil hom nie op ‘n afstand hou nie. Hoe nader hy aan haar is hoe heerliker dit vir haar is. Dit wat vir ‘n vrou toe belangrik en kosbaar is het sy onder haar klere tussen haar borste bewaar. Hierdie intieme plek was een van die veiligste plekke om iets te bewaar. Dit is ‘n plek waar niemand anders toegang het nie. Behalwe die een: haar man. Hoe goed is dit hy met sy kop daar by haar rus en vrede vind. Dan druk sy hom sonder skaamte aan haar hart as die kosbare skat van haar lewe. Hoe heerlik as sy warmte hom so met haar warmte vermeng. Dan voel die vrou weer ekstra hoe groot hy as haar beminde pragtig en kosbaar is. So pragtig as die groot wit hennablomme wat in groot oorvloed in Engedi blom.

As hierdie vrou so haar liefde vir haar man wys en uitspreek reageer haar man met liefde. Hy kan haar woorde van liefde nie onbeantwoord laat nie. Hy vertel vir haar hoe lief hy vir haar is. Hy sê vir haar dat sy so mooi vir hom is.  Haar aanvalligheid is haar hele persoon. Al is sy uiterlik nie mooi nie nogtans is in die liefde jou eie vrou of man so mooi omdat jy hom of haar liefhet om haar of sy persoonlikheid. Hoe goed en nodig is dit om ook vir mekaar te sê dat jy van die ander hou, dat jy lief vir die ander is, dat jy so bly is dat die HERE die ander vir jou in die lewe gegee het.

Dit is nie iets wat net behoort by die eerste tyd van hewige verliefdheid nie. Natuurlik is dit later anders en word die liefde tussen twee geliefdes meer volwasse. Nogtans moet die egte liefde bly en mag dit nie so word dat ons in die huwelik langsmekaar heen begin lewe. Dat die huwelik net beteken dat twee mense in dieselfde huis woon en van tyd tot tyd gemeenskap met mekaar het.

Liefde moet leef en bly leef en een van die sake wat daarby baie belangrik is dat ons vir mekaar sê en wys dat ons lief vir mekaar is. Ons moet die liefde vir mekaar nie wegsteek nie.

Ook hier sien ons hoe die huwelik beeld is van die verhouding tussen Christus en Sy gemeente, tussen God en Sy volk. Waar gaan dit om in ons lewe? Wat is die doel van die mens as God se beeld? Dat jy en ek die HERE loof en prys. Wie rerig lief vir Christus, lief vir God is, het ook nie daarmee moeite om Hom te prys en te loof nie. Sy liefde is so wonderlik en onpeilbaar en so goed dat dit die lof opwek. God se kinders kan daarvan nie swyg nie.

So behoort dit ook in die huwelik te wees wat  vanuit Christus se liefde gesluit is. Ons sien dit al in die paradys. As die HERE vir Adam ‘n  hulp gemaak het wat by hom pas, sing Adam vol verwondering en vol dank aan die HERE: “Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees.” Dit is nodig dat in die huwelik vir mekaar  ons liefde vrymoedig uitspreek en so prys ons dan die HERE wat daardie vrou of man vir jou gegee het.

Die liefde tussen man en vrou wat vir mekaar uitgespreek word, lei dan ook tot die belewing van die seksuele gemeenskap as  ‘n daad en ‘n gevolg van diepe liefde vir mekaar. Ons let daarop in die tweede plek.

 

2.      Die werklikheid daarvan

 

Dit is duidelik dat die man en vrou wat mekaar prys. Wat voel hoe die liefde hulle al nader aan mekaar bring  nou na buite gaan. Hulle verlaat die tafel en soek die vryheid in die natuur. Ons lees dat hulle hul bed in die groenigheid het. (vs 16).  Hulle verlaat nou hulle ruim huis wat  goed lyk. ‘n Huis van seders en sipresse.

Hulle soek nou ‘n plek waar hulle heeltemal alleen is. ‘n Plek waar ook in die omgewing nie mense is nie. Waar hulle hul heeltmeal vry voel. Waar nie iemand hulle kan kom steur of roep nie. Hulle soek ‘n plek waar hulle heeltemal in mekaar kan opgaan.

Die vrou noem haarself nou ‘n narsing van Saron, ‘n lelie van dale Sy weet hoe sy deur haar man gelief word. Sy voel hoe sy nou in sy geselskap blom. Die man antwoord hierop in vers 2 en noem sy vrou ‘n lelie onder die dorings. Dit gaan nie daarom dat hierdie man nou al die ander vroue aaklig en sleg noem nie. Die bedoeling van hierdie beeld is dat daar vir hom net die een besondere vrou is. Sy eie vrou is die enigste na wie hy so in liefde verlang. Sy eie geliefde is sy enigste geliefde en hy kyk nie na ‘n ander nie.

Die vrou reageer daarop met presies dieselfde gevoelens. Hy is vir haar soos ‘n appelboom in ‘n bos. ‘n Appelboom staan in ‘n bos alleen. Die val dadelik op en daardie boom lewer vir haar vrug. Die een boom wat onder die ander so opval is vir haar die ware. Hom het sy lief, dit is so goed vir haar om by hom te wees, in sy skaduwee te sit. Die lewe met hom is vir haar ‘n vrugbare lewe. Die vrug is sy besondere liefde vir haar. Dit maak die lewe soet, dit maak die lewe goed.

Sy prys hom omdat hy as haar koning haar in die wynhuis gebring het. By die wynhuis sal ons aan ‘n huis moet dink wat iewers afgesonder gestaan het en waar hulle in ‘n huis heeltemal vry van ander mense was. Haar geliefde het haar saamgeneem om iewers heerlik alleen te wees. Om daar heeltemal vir mekaar te kan wees. Daar kan hulle sonder daarop te let of  iemand in hulle huis kom of hulle roep hulle vir mekaar gee. Sy soek sy liefde, sy soek dit as rosynekoeke en appels wat haar versterk. Sy soek sy liefkosings as vrugte wat van haar appelboom kom. Sy is op geen enkele manier bang vir die intieme omgang met hom nie want dit alles gebeur onder die banier van sy liefde. Liefde beteken dan dat die een nie op die bevrediging van sy verlangens uit is nie. Dit beteken dat die een die ander ook in die belewing van die liefde tegemoet wil kom. Dit beteken dat ons in die huwelik ook daaroor praat en met mekaar rekening hou. Die liefde vanuit Christus bring dan teerheid in liefde, bring dan ook dat ons mekaar die hoogtepunt van liggaamlike liefde gun. Dit is ook daarom dat Paulus later in 1 Kor 7 skryf:

“Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.” (4,5)

Die man omring sy vrou nou met sy liefde. Die liefde vanuit Christus wat vir hierdie twee ook ‘n besondere liefde vir mekaar beteken mag nou ook beteken dat hulle in mekaar se arms mag lê.  Ook dit is ‘n heerlike geskenk wat die HERE vir Sy kinders in die lewe gegee het.  ‘n Geskenk waarna enigeen  mag verlang. ‘n Geskenk waarvoor elkeen ook tot die HERE mag bid. Dit staan nie buite die lewe met Christus nie. Daarom behoort die gebed om liefde vir mekaar en die goeie belewing daarvan in die huwelik ook deel van ons persoonlike gebede en ons gesamentlike gebede in ons huwelike te wees.

Jy en ek mag hierna verlang  ook as die HERE dit nog nie in ons lewe gegee het nie. Nogtans kan die manier waarop ons daarna verlang ‘n verkeerde een wees. Hierop wys die Heilige Gees in vers 7. Ons let daarop in die derde plek.

 

3.      Die waarskuwing vir die ongetroudes

 

Die vrou wat so van die liefde van haar man geniet, spreek nou die dogters van Jerusalem aan. Sy wys vir hulle dat sy nou iets sê wat baie belangrik is. Sy sweer. Sy doen dit by die gemsbokke en takbokke. So seker as hulle hierdie diere ken, so seker is dit wat sy sê. As sy die loflied op die liefde tussen haar en haar man sing  moet die dogters nie net aan seksualiteit dink nie. Moet hulle nie gebin dink dat die bevrediging van liggaamlike verlangens en lus alles is nie. As dit vir ons dieselfde as liefde word, gaan verkeerde dinge gebeur.

Dan sal die ongetroude dogters probeer om so uitdagend as moontlik te lyk om maar die aandag en die verlangen van ‘n seun of ‘n man op te wek. Ons wêreld is vol van hierdie idee. Boeke, flieks, advertensies, liedjies is vol daarvan om die idee te wek dat  seks dieselfde as liefde is. Uitdagende kleding, uitdagende grimmering moet die indruk wek dat die leef vir seks en die belewing daarvan gelukkig maak. Die Heilige Gees wys in ons teks dat dit ‘n valse idee is. Hoe belangrik is dit dat julle wat nie getroud is nie ‘n lewensmaat soek vir die seksuele nie. Hoe belangrik is dit dat dit vir julle in die tyd dat julle uitgaan nie in die eerste plek daarom gaan om te vry nie. Liefde is so baie meer.

Liefde is die gesken van die HERE dat  julle mekaar verstaan, dat ‘n besondere geneenheid vir mekaar groei. Dat jy saam met die ander oor alle dinge in jou lewe kan en wil praat, dat jy vir die ander geen dinge wil verberg.  Dat jy jou so veilig by die ander voel dat jy alles kan sê en met mekaar wil deel.

Dit mag ‘n mens nie opwek deur uitdagend te wees nie. Egte liefde laat homself nie opwek nie. Dan wek jy net  die verlange na seksuele bevrediging op. Dan word dit in die tyd dat jy uitgaan amper onmoontlik om nie soos getroudes te leef nie. Dan blom die liefde ook nie in die tyd dat jy getroud is nie want jy weet nie wat egte liefde is nie.

Dit is daarom so belangrik dat  ‘n verhouding op die goeie manier begin. Hoe belangrik is dit dat  julle tot mekaar getrek word vanuit egte warme belangrstelling vir mekaar. Dat julle mekaar leer ken en egte liefde kan groei. Hoe verlief jy dan ook op mekaar word dan  wil jy mekaar se innerlike skoonheid ontdek. Dan wil jy die ander vanuit die gesamentlike liefde vir Christus liefhê. Dan bly dit in jou lewe beslissend wat die Heilige Gees deur paulus sê: “’n vrou is vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.”  (1 Kor 7:39)

Die egte volle en goeie liefde kan net  ontwikkel as julle saam in liefde vir die Here lewe en saam in Sy gemeente leef. Dan praat julle ook altyd weer saam oor die leef met die HERE en dan bid jy saam tot Hom om ook in die voorbereiding op julle huwelik heilig volgens Sy Woord te mag bly leef.

Dan wek jy die liefde nie op nie maar ontvang ‘n mens dit op die tyd dat die HERE dit in Sy wysheid en genade gee.

 

                 AMEN

   

 

 ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/ Seëngroet

Psalm 104:17,18,21

Lesing van die wet

Genadeverkondiging

S.B. 15: 4,5,6,7

Skriflesing:  Spreuke 5

 

Gebed

Kollekte

Psalm  45:5,6,9,10

Teks: Hooglied 2:8-3:5

Preek

Psalm  116:1,7

Dankgebed

Psalm  84:1,6

Seën

 

 

Gemeente van ons geliefde Heiland Jesus Christus, broers en susters

 

Die broers en susters in die Ou Testament het die boek Hooglied in die openbaar gelees. Dit was selfs een van die feesrolle. As hulle een van hulle groot feeste gevier het, het ‘n priester die hele boek Hooglied vir die hele volk se ore gelees.

Hulle het dit gedoen op die vyfde dag van die Paasfees of om dit beter te sê op die vyfde dag van die fees van die ongesuurde brode. Hierdie fees het daarop gewys wat die resultaat van God se werk van verlossing vir Sy volk is. Hy het Sy mag vir Farao en Egipte gewys en hulle moet Sy volk laat gaan. Die gevolg is dat die volk in die land Kanaan kom wat oorvloei van melk en heuning. Die fees van die ongesuurde brode wys ook op die wegdoen van die sonde uit ons lewe. Die sonde wat die verhouding met die HERE en met ander stukkend breek.

Juis op hierdie fees waar God se volk  aan Sy werk van verlossing dink en wat die resultaat daarvan is, het hulle die Hooglied gelees. Dit het ook vir ons ‘n boodskap. Dit wys vir ons dat die verlossing deur die HERE, die verlossing deur Christus se lyding, ook betekenis het vir die verhouding tussen man en vrou op die aarde. God se verlossing deur Christus, die werk van die Heilige Gees werk herstel tussen man en vrou en het ook betekenis vir die mees intieme lewe tussen man en vrou. Dit mag en moet onder God se volk verkondig word. Die Hooglied besing die heerlike liefde wat daar onder Christus se regering mag en moet wees. ‘n Heerlike resultaat van Christus se verlossingswerk.

Ek verkondig God se Woord vandag vanuit Hooglied 2:8-3:5 onder die tema:

 

MAN EN VROU SIEN NA MEKAAR UIT AS DIE ANDER WEG IS

 

1.                  Die man keer terug          (2:8-17)

2.                  Die vrou soek haar man  (3:1-5)

 

1.                  Die man keer terug

 

Ons het in die vorige gedeelte gesien dat man en vrou in liefde tot die mees intieme van mekaar mog geniet. Die dogters van Jerusalem is gewaarsku om nie net die bevrediging van seksuele verlangens soek nie maar dat dit vir hulle om egte liefde gaan.

Ons kry nou ‘n nuwe gedeelte in die Hooglied. Hier het ons met ‘n nuwe tafereel te doen. In die eerste gedeelte tot en met hoofstuk 2:7  was man en vrou saam. Hulle is saam, eet saam en gaan saam na ‘n plek waar hulle heeltemal alleen kan wees.

Nou is dit so dat man en vrou van mekaar geskei is. Die vrou is by die huis en die man is in die berge. Ons kry die indruk dat die man vir ‘n rukkie vanaf die huis weg was. Dit pas ook by sy werk. Hy is ‘n herder. Dit was winter. Dit was wel die tyd van baie reën maar ook van koue en dan het die gras nie baie gegroei nie. Die herder moes dan somtyds ver van sy eie omgewing gaan om die trop kos te kan gee en kon dan ‘n ruk nie na sy huis teruggaan nie.

Dit is duidelik dat sy vrou na die oomblik uitkyk dat haar man weer terugkom. Sy kyk na buite en sy sien daar oor die berge iemand kom. Sy ken haar geliefde goed. Sy herken hom al van ver. Sy ken sy bewegings. Sy sien ook dat hy bly is want hy huppel en spring. Hy is so bly dat hy weer by die huis kom, dat hy weer by sy vrou mag wees. Hy hardloop soos ‘n bok, ‘n takbok of ‘n gemsbok dit kan. Nou hy nie langer van die huis af weg hoef te wees nie wil hy ook so gou as moontlik by sy vrou uitkom.  

So behoort dit te wees in huwelik wat in die liefde van Christus bestaan. Daar wil en mag nie langer en meer van mekaar geskei wees as nodig is nie. Dit is ‘n slegte teken as jy ‘n rukkie van die huis weg was en jy kom weer terug as jy dan eerste ‘n paar vriende of vriendinne in die omgewing gaan opsoek. As jy eerste hulle vriendskap en warmte opsoek en die tuiskom by jou eie gesin met ‘n paar ure uitstel. Dan is daar in jou verhouding met jou man of vrou iets nie reg nie. Dan is dit regtig tyd om jouself en julle verhouding te ondersoek en daaraan vanuit Christus se liefde en werk van verlossing te werk. Daar waar die liefde volgens God se wil leef wil man en vrou die liefste saam wees.

Die liefde ken ook die spel, mekaar in liefde ‘n bietjie pla. Ons sien dit hier gebeur as die man by die huis kom. Sy vrou het hom sien kom en dit maak haar so bly en nogtans storm sy hom nou nie tegemoet nie. Sy bly in die huis, dit lyk asof sy nie daar is nie. Dit lyk ook asof hierdie man sy vrou wil verras want hy gaan nie dadelik in die huis nie. Hy kyk deur die venster. Hy soek waar sy is. Hy weet dat sy hier is. Hy merk dit op een of ander manier sonder dat hy haar al raaksien. Dit is daarom dat hy begin praat. Hy roep haar en sê: Kom tog laat ons saam na ‘n mooi plek in die natuur gaan. Hy sê ook vir haar hoekom hy so opgewonde is, hoekom hy so graag met haar die vryheid opsoek. Die tyd van die winterreëns is verby. Dit is die tyd dat dit koud is. Dit is die tyd dat  min plante en bome groei en blom. Dit is die tyd dat modder dikwels pla as jy loop en jy nie lekker iewers in die natuur kan sit. Die koue pla en ook dat alles nat is en voel.

Nou lyk alles so mooi. Die natuur sing en straal van nuwe lewe wat aan die kom is. Dit maak mense dikwels bly. Dit gee mense die gevoel van vryheid. As ‘n mens na die vyebome kyk sien jy nuwe vrugte, as jy na die wingerdstokke kyk sien jy die eerste greon van die nuwe blare. ‘n Mens hoor die tortelduif sing. Alles tintel van nuwe lewe. Dit is tyd om na ‘n ruk van nie by mekaar wees, weer op ‘n heerlike nuwe manier by mekaar te wees en van mekaar te geniet. Om saam te geniet  van wat die HERE ook in die natuur wys.

As hy al hierdie dinge sien dan ontbreek dat sy geliefde by hom is. Hy vergelyk nou in vers 14 sy vrou wat iewers in die huis is met ‘n duif wat iewers in die klipskeure weggesteek is. Dit lyk asof sy daar in ‘n tronk is. Hy kom om haar uit haar tronk, uit haar eensaamheid te bevry. Hy roep haar met sy liefdes roep. Sy is sy duif en niemand anders s’n nie. Hy wil haar so graag sien. Dit is heerlik vir hom om haar te sien. Sy is vir hom so pragtig. Haar stem is vir hom so goed. Sy is sy geliefde. Hy het dit te lank sonder haar en haar nabyheid moet leef. Sy liefde roep haar. Hy is daarvan oortuig dat sy soos ‘n duif met ‘n paar slae van sy vlerke die krans van die berg kan verlaat by hom kan kom.

Sy kom. Sy kan haar nie langer vir hom wegsteek nie. Haar hart verlang teveel. Ons lees in vers 15 dat hulle nou weer saam is. Daar hoor ons hulle gesamentlike oproep om die klein jakkalse te vang wat die wingerde wat al bot verniel. Die jakkalse was ‘n plaag as hulle in die wingerde gekom het. Hulle het rondom die wingerstokke gate gegrou en dit het baie van die wingerdstokke laat doodgaan. Die wynboere het alles probeer doen om die jakkalse buite hulle wingerd te hou. Dit sal ook by die vrou se werk behoort het toe sy vroeër die wingerd van die familie moes bewaak. Kyk 1:6.

Die woorde oor die klein jakkalse en die wingerd is hier beeldspraak. Man en vrou vra hier saam dat alles gevang mag word wat hulle liefdesverhouding kan versteur. Dit lyk asof hier veral bedoel is alles wat vanuit die omgewing kom. Dat niks en niemand rondom hulle kom en op een of  ander manier tussen hulle kom staan nie. Die volgende vers wys ook in hierdie rigting as die vrou van haar man met klem sê: “My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.”

Dit kan gebeur dat ouers ook na die huwelik van hulle kinders nog so beslag op hulle lê dat  dit maklik vir probleme in huwelike kan sorg. Ouers kan so reageer dat ook na ‘n huwelik dit lyk asof  die getroudes moet doen wat pa en ma sê en dat hulle daar moet wees waar pa en ma vind dat hulle moet wees. Dit kan so gebeur dat  as getroudes vir hulle eie vryheid kies dit probleme met hulle ouers gee. Dit kan weer tot gevolg hê dat probleme tussen man en vrou ontstaan. Ouers mag na die huwelik nie nog beslag op hulle kinders lê nie. Hulle moet mooi besef dat God se opdrag vir die getroudes die volgende is: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (Gen 2:24)  Man en vrou het dan vir God ‘n selfstandige lewenseenheid begin word wat ook in liefdevolle gehoorsaamheid selfstandig mag en moet wees.

Ook vriende en vriendinne kan een van die klein jakkalse wees. Dit is goed om vriende en vriendinne te hê. Maar dit kan ook so wees dat jy getroud is en altyd is daar ander by julle of julle of een van julle is by vriende. Daar is nie werklik tyd vir mekaar nie. Alles moet  met ander gedoen word. Dit  sal die verhouding in die huwelik op termyn baie negatief beinvloed. Dikwels gebeur dit dan dat man en vrou nie meer werklik sonder ander kan lewe nie, hulle soek die kontak met ander omdat hulle nie meer genoeg aan mekaar het nie. Die egte volle liefdesverhouding het verskraal en hulle is nie meer in alles een vlees nie. Dit is gevare wat ons huwelike bedreig en waaraan ons moet werk om hulle weg te neem en werklik in alles tot een vlees te wil wees.

Hierdie sake kan juis daartoe lei dat jy nie meer genoeg aan jou eie man of vrou het en na ‘n ander begin uitsien. Dalk nie met opset maar jou gevoelens begin in daardie rigting ontwikkel.  As dan ‘n ander vir jou baie aandag gee en dit lyk of die ander jou so goed verstaan, kan die verleiding baie groot wees omdat jy eintlik jou eie huwelik verwaarloos het.

Hoe belangrik is dit dan om na die Heilige Gees se wysheid in Spreuke 5:1-3 te luister:

“My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig, dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar; want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie”. Die gevaar van verleiding deur ‘n ander man of vrou word bestry as ons in ons huwelike werklik saam aan die verhouding van liefde vir mekaar werk, daarvoor tyd neem en daarvoor saam bid. Die aandag vir mekaar wat daar steeds moet wees wys die Gees ook later in Spreuke 5 aan: “Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine? Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ‘n ontugtige omhels?” (15-20)

Die vrou jubel hier oor haar man. Sy het daaraan geen enkele twyfel dat sy sy beminde is nie en sy bemin hom en niemand anders nie. Sy wil graag met hom saam. Sy sê dan ook in vers 17: Kom laat ons saam weggaan, laat ons saam sonder ander geniet in die natuur wat so heerlik sing van die Gees se werk wat die natuur vernuwe.

Ons sien hier ook weer die verhouding tussen Christus en Sy gemeente. Hoe nodig is dit om werklik in gemeenskap met Christus te leef. Hoe nodig is dit om jou nie deur allerhande ander sake van die gemeenskapoefening met Hom te laat aftrek nie. Dit wil nie sê dat al die ander dinge wat jou aandag vra en waarmee jy besig is verkeerd is nie. Maar as dit  baie tyd van jou begin vra, kan dit beteken dat die inbreuk gaan maak op die tyd wat jy aan die vertroulike omgang met die HERE bestee. Dit kan beteken dat jy die HERE begin afskeep deur al hoe minder Bybel te lees en te bid. Jy het nie tyd nie, jy is in die aand vanweë al jou ander aktiwiteite te moeg. So word jy al hoe meer iemand wat gevoelig is om deur verkeerde sienings saamgeneem te word. Juis in die liefdesverhouding met Christus is dit so belangrik dat ons steeds weer bedink wat die HERE in 1 Timoteus 4:8 vir ons sê: “Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en toekomende lewe het.”

Wie die ander liefhet soek die ander. Ons sien dit ook in die tweede punt.

 

2.  Die vrou soek haar man

 

 Jy kan meerdere kere by die verklaring van die eerste verse van hoofstuk 3 lees dat dit ‘n droom is. Nogtans gee die teks self op geen enkele manier die aanwysing dat dit hier om ‘n droom gaan nie. Die beste is om dit so op te vat dat ons hier met ‘n gebeurtenis te doen het wat in die lewe van hierdie man en vrou plaasgevind het. Hierdie verse wys ook daarop dat hierdie twee getroud is. Hulle slaap naamlik in dieselfde bed.

Hulle het saam bed toegegaan en het gaan slaap. Nou word die vrou wakker en voel langs haar en voel niks nie. Sy kyk terwyl dit nog nag is langs haar en sien dat haar man nie meer by haar in die bed lê nie.

Die liefde vir haar man sorg daarvoor dat sy haar nie weer onverskillig omdraai en gaan slaap nie. Sy kan nie slaap terwyl sy nie weet waar haar man in die nag is nie. Sy soek hom in die huis maar kan hom daar nie vind nie. Haar liefde en daarom haar bekommernis is so groot dat sy in die nag die stad ingaan. Alleen as vrou. Die gevare wat daar vir ‘n vrou alleen in die nag in die stad is, tel nou nie vir haar nie. Dit gaan om haar geliefde oor wie sy bekommerd is, sy moet hom vind. Sy kan vanweë die liefde vir hom nie alleen in die huis bly en wag nie. Haar liefde is groter as die angs wat daar kan wees. Sy vra aan die enkele mense wat in die nag buite loop of hulle hom  gesien het. Dit was die wagte wat die taak het om in die nag die stad te bewaak.

Sy vind na die ontmoeting met die wagte haar man. Sy vind hom met wie haar siel, haar hele wese op s’n besondere manier verenig, verkleef is. Sy is so bly dat sy hom weer gevind het dat sy hom nie kan en wil loslaat nie. Sy wil nooit weer so ongerus oor hom wees nie. Haar lewe is die lewe saam met hom. As hy van haar geskei word , maak dit haar hart so seer. Sy moet nie daaraan dink dat sy sonder hom deur die lewe moet. Hulle gaan nou terug huis toe. Sy noem nou dat dit die huis van haar moeder is en dat hulle gaan na die binnekamer, die slaapkamer waar haar moeder haar gebaar het. Dit lyk daarop dat haar moeder nie meer leef nie. Haar moeder was die belangrike persoon in haar lewe waarskynlik omdat haar pa vroeg gesterf het. Ons lees naamlik in Hooglied net van haar ma en haar broers. Dit lyk asof hulle nou in die huis woon waar sy altyd met haar ma gewoon het. Hulle gaan nou na die kamer wat haar ma se slaapkamer was en nou hulle s’n. Sy wil nou so naby hom wees en hom vashou as teken dat sy hom nooit wil verloor nie.

Ons sien hier hoe in ‘n christelike huwelik  liefde so baie meer as seksualiteit is. Dit is dat jy met die ander met jou hele wese verbonde is. Dat jy vol sorg vir die ander is en jou lewe ook vir die ander wil gee.

Dit moet die dogters van Jerusalem baie mooi weet as hulle na die liefde en die huwelik uitsien. Dan moet hulle nie na Salomo met sy duisend vroue kyk nie. Salomo kan hom nie aan al die duisend met sy hele hart gee nie. Daarom kan dit nie die liefde tussen man en vrou wees soos die HERE dit wil hê en gee nie.  Die ongetroudes moet weet dat egte liefde is dat ‘n dogter en ‘n seun in die tyd voor die huwelik na mekaar toegroei. Dat hulle al hoe meer alle dinge saam begin doen en as dan die liefde bly, is die pad na die huwelik oop. Dan mag die liggaamlike eenwording  daarvan die pragtige gevolg wees. Wie die ander liefhet wil by die ander wees en by die ander bly.

So behoort dit ook te wees in ons verhouding tot Christus. Wie Christus liefhet, laat die die omstandighede oor sy lewe nie heers nie.  As die omstandighede vir jou die boodskap gee dat die lewe makliker en welvarender sal wees as jy sonder Christus leef, sê God se kind, sê God se kerk: Nee! Sonder Christus. Sonder die lewens en liefdesgemeenskap met kan jy, kan Christus se kerk nie leef nie. Dan liewer arm, vervolg, agteruitgesit en in die liefde van Christus as ‘n ruk sonder Hom. Broers en susters laat Christus se liefde vir ons tog alles wees! As dit in jou lewe nie so is nie gaan uiteindelik alles verkeerd. Dan kom jy eendag vanweë jou liefde vir die wêreld, vanweë jou liefde vir net seksuele bevrediging op die plek waar alle liefde rondom jou weg is. Waar die haat vir ewig heers. Laat ons aan Christus ons verbind ook as dit bekering in ons huwelik, in ons verhouding in ons seksuele lewe beteken.

Leef ook in die huwelik saam van Christus se liefde dan bloei die liefde in die huwelik, dan word die liefdesband sterker en mooier deur God se genade.

 

CHRISTUS SE GEMEENTE Sê OP HIERDIE VERKONDIGING VAN DIE EVANGELIE: AMEN                              

 

 

                ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 18:1,14

Lesing van die wet

Psalm 32:1,6

Skriflesing:  Matteus 19:1-12

Gebed

Kollekte

S.B.  38

Teks: Hooglied 3:6-4:8

Preek

Psalm  128:1,2

Dankgebed

Psalm 4:3,4

Seën

 

Broers en susters, gemeente van ons geliefde Heiland Jesus Christus

 

By hoofstuk 3:6 begin ‘n nuwe gedeelte in die boek Hooglied. Die laaste wat ons gesien het hoe die vrou in die huwelik waarin vanuit Christus se liefde geleef word,  na haar man soek en oor hom bekommerd is as sy nie weet waar hy is nie.

Weer is die dogters van Jerusalem gewaarsku om nie volgens eie verlangens en met wêreldse metodes die liefde op te wek nie. In hierdie nuwe gedeelte word by die waarskuwing in vers 5 aangesluit.

Die dogters van Jerusalem wat in vers 11 die dogters van Sion genoem word moet nou baie mooi luister. Die jeug van die kerk moet  nou baie mooi hoor wat nou gesê gaan word.

Die tyd waarin die Hooglied geskryf is, is die tyd waarin Salomo koning oor Israel was. Die Heilige Gees herinner nou aan die dag dat Salomo getroud is. As ‘n mens mooi lees sien jy raak dat die man in Hooglied nie Salomo kan wees nie. In die eerste deel van ons teks word oor Salomo en wat op ‘n sekere dag met hom gebeur het gepraat. Na hierdie gedeelte neem die man in Hooglied die woord en dan praat hy nie oor homself nie maar sê hy baie persoonlik: “Hoe mooi is u tog, vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen.” Die man en Salomo is nie dieselfde nie. Ons sien dit ook as ons na die laaste verse van Hooglied kyk. Laat ons kyk na wat ons in hoofstuk 8:11, 12 lees: “Salomo het ‘n wingerd in Baal-Hermon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.” Dit gaan hier om die baie vroue wat Salomo in sy harem het. Dit lyk asof Salomo so ryk is o.a. hy omring word deur so baie uiterlik mooi vroue. Daarteenoor sê die man van Hooglied dan van sy vrou, sy enigste: “My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend is vir u Salomo, en tweehonderd vir die wat sy vrugte bewaak.”

Ons sal sien dat ook in ons teks Salomo ‘n voorbeeld is wat die waarskuwing van die Heilige Gees vir ons en in die besonder vir die jeug onder sy volk beklemtoon.

 

Ek verkondig vir julle Christus se blye boodskap onder die tema:

 

DIE MAN SING IN DIE HUWELIK VANUIT CHRISTUS SE LIEFDE VOL VAN VERWONDERING OOR SY VROU SE LIEFDE

 

1. Die troudag is ‘n heerlike begin  (3:6-11)

2. Die heerlike verwondering mag bly (4:1-11

 

1.      Die troudag is ‘n heerlike begin

 

 Die Heilige Gees roep nou vir die dogters van Jerusalem ‘n beeld op. Hy roep ‘n sekere gebeurtenis in gedagte Hy vertel van iemand wat van buite die stad, vanuit die woestyn na die stad optrek. Dit is nie sommerso iemand nie. Die aandag is ook op die persoon gerig want ons lees: Wie  is daar wat opkom uit die woestyn? Dat ons hier met ‘n besondere persoon te doen het wys dat ons lees van rookpilare en met al die besondere geure wat hom omring. Die rookpilare wys op reukwerk en vure wat tot eer van hierdie persoon aangesteek is. Dit is vreugdevure soos dit by ons by ‘n besondere geleentheid gebeur dat vuurwerk aangesteek word.

Nou hoor ons om wie dit gaan. Dit gaan oor Salomo wat in sy spesiale draagstoel die stad binnekom. Dit gaan hier om ‘n baie besondere gebeurtenis want die koning word met sestig helde omring. Die helde is hulle wat in Israel se leër besondere verdienste verrig het en daarvoor geeer is. Die sterkste onder Israel omring die koning  en dit wys sy heerlikheid en grootheid. Hierdie helde bewaak die koning. Hom mag regtig niks oorkom nie. Hy is die deur God gesalfde wat die taak gekry het om God se volk te regeer. Hulle het in die nag na Jerusalem getrek en die koning moet dan teen alle gevare beskerm wees. In die nag probeer rowers en ander skelms om hulle slag te slaan.

As ‘n mens na hierdie draagstoel kyk sien ‘n mens raak dat dit hier om ‘n baie besondere en magtige persoon moet gaan. Hierdie draagstoel het Salomo van die mooiste en duurste materiaal laat maak. Die kosbaarste hout, die hout van die Libanon is gebruik. Silwer, goud en purper is gebruik om hierdie draagstoel te beklee. Die binnekant, die bekleding van die stoel is pragtig versier. Dit is ‘n bydrae van die bevolking. Hiervoor het die jonge vroue van Jerusalem met baie toewyding gesorg. Dit lyk asof dit ‘n huweliksgeskenk van hulle vir koning Salomo was.

Salomo kom nou op hierdie koninklike draagstoel na Jerusalem. Die doel van hierdie indra van die koning in Jerusalem is sy huwelik. Hy sit naamlik op hierdie draagstoel nie met sy kroon op sy kop nie maar met die krans wat sy moeder op sy kop gesit het in verband met sy troudag.  Dit was in Israel gewoonte dat die bruidegom op die dag van sy troue ‘n krans op sy kop gedra het wat sy ma gemaak het en vir hom op sy kop gesit het.

Die Gees roep hierdie gebeurtenis in herinnering en roep die dogters van Sion, die dogters van die kerk op om daaraan te dink hoe bly Salomo toe was. Sy hart was toe vrolik en ‘n mens kon dit ook sien op die van sy troue. Die jeug van die kerk moet mooi daarop let.

Broers en susters, jongmense ons sien hier hoe die huwelik en die lewe in die huwelik as ‘n pragtige present van God vir ons geteken word. Dit is regtig ‘n rede om bly te wees en om fees te vier. Hier sien ons ook hoe verkeerd dit is om te sê dat ‘n mens wat nie getroud is ‘n beter christen is as iemand wat nie getroud is nie. Dit is soos die Rooms-katolieke kerk dink en daarom moet hy wat priester word belowe om nooit te trou nie. Dan begin mense ook dink dat die seksuele omgang in die huwelik soiets as ‘n noodsaaklike kwaad is wat tog naby sonde kom en net gegee is om kinders te kan verwek. Nog erger word dit as mense begin sê dat jy as Christen nie behoort getroud te wees nie. Paulus sê hier later van in 1 Timoteus 4: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang. …. Wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.” (1,3)

Hoe goed is dit om op die dag van jou troue fees te vier en bly te wees oor die vrou of man wat jy van die HERE gekry het. Hoe heerlik is dit om by die begin van ‘n nuwe periode in jou lewe fees te mag vier en so die HERE vir Sy pragtige geskenk wat Hy gegee het te dank. Ons mag op die dag van ons huweliksfees nooit vergeet dat dit in die eerste plek 'n dankfees vir Hom is nie.

Ons is nou nog nie klaar met wat ons in hoofstuk 3 lees nie. Dit is naamlik opvallend hoe Salomo iemand op afstand bly. Hier word oor Salomo gepraat en oor sy vreugde op die dag van sy huwelik. Let ook daarop dat hier nie oor sy huwelik  gepraat word maar van die een troudag. Die jeug van God se volk word hier herinner aan die keer dat Salomo met die koningin getroud is. Hoe groot was toe die fees! Dit is die dag waaraan hulle moet terugdink en wat vir hulle die voorbeeld moet wees. Al die ander vroue wat Salomo nog daarby moet neem, moet hulle vergeet want daarin is koning Salomo verseker nie die regte voorbeeld. Daarin het Hy nie die pad gewys wat  Jesus Christus die Koning van die konings vir ons wys nie. Daarin was Salomo nie die beeld van Christus wat hy moes wees nie. Die Here Jesus wys in Matteus 19 hoe ons behoort te leef soos die HERE dit vir die mens in die paradys gegee het. In lewenslange liefde en trou aan die een man of vrou wat Hy vir ons gegee het. ‘n Mens mag net weer met ‘n ander trou as die ander gesterf het of  deur owerspel van jou geskei het. Die Here Jesus sê op die vraag van die Jode: “Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?” o.a: die volgende: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag gee mens skei nie. …. Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.”  (Matt 19:5,6,9)

Hierdie norm vanaf die begin word ook bevestig as die Heilige Gees vir ons sê wat die voorwaardes is vir hulle wat as ampsdraers in Christus se kerk kan dien. Een van die voorwaardes is dat hulle “’n man van een  vrou” moet wees.” (1 Tim 3:2)

As ons nou na ons teks terugkeer is dit ook opvallend dat in die gedeelte wat oor Salomo gaan niks van sy bruid gesê word nie. Daar is geen enkele aandag vir haar nie. Hierin wys die Gees dat na hierdie een vrou nog baie gevolg het. Die lesers van die Hooglied weet dit baie goed. Salomo se vreugde oor sy vrou toe was goed maar dit het nie beteken dat hy hom aan hierdie vrou met sy hele hart toegewy het nie. Hy het hom nie in onverdeelde liefde aan haar gewy nie. Hy het daarna nog meer as negehonderd vrou daarby geneem.

Dit moet vir die dogters van Sion ook leer om nie te droom van  ‘n verhouding en ‘n huwelik met mans wat in die oë van die wêreld magtig, mooi en ryk is nie. Jou liefde, jou soek van liefde by ‘n ander mag nie gedryf word deur die ander sy mooi kar, sy loopbaan, sy uiterlik nie. Ons drome moet nie deur die uiterlike en veral nie deur filmsterre of ander ouens wat in die wêreld groot is maar wêreld lewe beheers word nie. Ons moet ook leer om in ons verlange na liefde en huwelik ons gevoelens te heilig. Dan sien ‘n mens raak dat in die huwelik waar Christus en Sy liefde heers die verwondering oor die een man of vrou met wie jy getroud is mag bly. Ons sien dit in die eerste deel van Hooglied 4. Ons bestee daaraan in die tweede punt van hierdie preek aandag.

 

2.      Die heerlike verwondering mag bly

 

Hoe opvallend is dit dat  die man in die Hooglied nou self die woord neem. Teenoor die meer afstandelike praat oor Salomo, neem die man  nou met alle warmte en liefde die woord. By Salomo hoor ons niks oor die vrou met wie hy vrou nie. Hierdie man kan nie van sy vrou swyg nie . Daarvoor  is sy liefde vir haar te groot en te intens.

Hy kan nie van haar loskom nie. Haar liefde het hom gevang. Selfs so dat hy in vers 9 sê: “U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een van u oë, met ‘n kettinkie van u halssieraad.”

As hy na sy vrou kyk, is sy vir hom so mooi. Vanuit die liefde vir haar en die liefde van haar vir hom kom dan die loflied op haar skoonheid, die aanvalligheid van haar liggaam vir hom.

Broers en susters, jongmense let daarop dat in die Hooglied dit nie by die aanvalligheid van die ander se liggaam begin nie.  Daar begin nie die egte liefde nie. Die vrou het self in die eerste hoofstuk gesê dat haar liggaam volgens die gier van die tyd nie mooi was nie. Sy is te donker om as ‘n model van skoonheid en aantreklikheid  toe geprys en begeerlik te wees.

Nogtans sing haar man vol verwondering ‘n lied op haar liggaamlike aantreklikheid. As dit nodig is maak liefde dan op ‘n goeie manier blind. Die liefde maak eie man en vrou aantreklik. Dan kan die man sy vrou die hele tyd van hulle huwelik, ook as hulle oud geword het vol verwondering besing.

Die manier waarop die man dit in Hooglied doen, lyk vir ons vreemd. Ons is nie gewoond om dit so te doen nie. Ons glimlag dikwels as ons dit lees. Hoe kan ‘n mens hare met ‘n trop bokke vergelyk dink ons dan. Laat ons net kort kyk na wat hy sê dan kan ons dit ‘n bietjie beter verstaan.

Hierdie man ken sy vrou. Al dra sy ‘n sluier nogtans herken hy haar oë. Haar oë spreek vir hom. Daarom vergelyk hy haar oë met die oë van ‘n duif. ‘n Duif se oë skitter. Haar hare vergelyk hy met ‘n trop bokke wat van ‘n berg  afloop. Hoekom hierdie vergelyking? As ‘n mens van ver ‘n trop bokke met donker hare sien, lyk dit een geheel. As hulle nou van die afloop lyk dit asof die klomp donker hare op en af golf.

Dikwels wonder mense nog meer as die tande van die vrou met ‘n trop skape vergelyk word. Let daarop dat dit hier om geskeerde skape en lammers gaan. Almal is dit. As jy hulle sien stap, sien jy ‘n pragtige wit gedeelte in die groep van die gras waar hulle wie. Die wit van die vrou se tande sien ‘n mens so duidelik omdat deur die rooi van die lippe omring word. Haar mond is vir hom lieflik. Die mond wat net hy op ‘n besondere manier soen en wat hom op ‘n baoe spesiale manier soen. Haar slape ken hy. Hulle lyk soos ‘n granaatappel. Waarskynlik wys hy hier op die binnekant van die granaatappel as vergelyking. Daarin is vakkies en so lyk die slape twee vakke aan die sykant van haar gesig.

Hy vergelyk haar hals met die Dawidstoring waaraan baie skilde hang. Dit is die skilde van helde wat herinner aan dit wat die helde in diens van God vir die volk gedoen het. Hierdie skilde herinner aan Dawid se koningskap wat so geseënd was. Om die hals van sy vrou hang sierade wat hy vir haar gegee het. Bewyse en herinnerings van sy liefde vir haar.

Haar twee borste is vir hom vertroud en hulle mag vir hom alleen vertroud wees. Hulle is vir hom tekens van sagheid, van teerheid en vertroudheid. So sag en onskuldig en teer soos die lammers van ‘n gemsbok kan wees. Hulle getuig vir hom van die rus wat daarvan uitgaan as die gemsbokke in alle rus wei.

Dit is so heerlik om by haar te wees. So heerlik om haar in alle liefde en teerheid ook liggaamlik te ken en by haar rus te mag vind. Hy wil totdat dit in die aand koud word saam met haar buite wees. Daar waar alles van rus praat en waar alles so lekker geur. Daarom praat hy hier van die mirre en wierookberg. Die liefde laat elke gebrek verdwyn. Daarom kan hy sê: “en daar is geen gebrek aan u nie.” Hier sien ons dat juis in die huwelik die liefde so moet heers soos ons daarvan lees in 1 Kor 13:7: “Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”  In die huwelik waar Christus se liefde regeer, vergeef vrou en man mekaar, soek hulle mekaar altyd weer in liefde. Daar gaan die son nie onder terwyl ons kwaad vir mekaar is nie. Daar bly ons liewer tot twee uur in die nag praat en mekaar soek en praat ons alles uit as dat ons met kwaaie koppe gaan slaap en nie saam in dieselfde bed wil lê nie. As ons mekaar vergewe is alles uit die pad uit en mag ons saam bid dat die liefde vir mekaar weer heerlik mag blom. Dan is elke gebrek weer deur die liefde, die unieke liefde tussen man en vrou bedek. So werk Christus as die Verlosser in ons lewens.

Hoekom leef  God se kinders so vanuit Christus se liefde in hulle huwelike? Hoekom moet ons vanuit die gebed tot die HERE steeds weer daaraan werk om so te lewe?

Omdat  die HERE ons roep om die gevare wat die onderlinge liefde bedreig te ontvlug en daarby weg te bly. Die man in Hooglied praat daarvan deur sy vrou op te roep van die Libanon, van die top van die Amana, die Senir en die Hermon saam met hom af te daal. Hy wys ook hoekom hy saam met haar hierdie berge wil verlaat. Die rede is dat hier gevaar dreig. Daar is die lêplekke van die luiperd en die leeus. Hy wil die gevaarlike plekke my of verlaat waar hulle lewe saam in liefde bedreig word. Die man verstaan sy taak. Hy gee hier die leiding wat hy volgens die HERE se Woord behoort te gee.

Hoe kan ons nou die gevare wat die lewe in liefde in die huwelik bedrieg  weerstaan? Hoe kan ons voorkom dat ons in ons huwelik die besondere liefde en belangstelling vir mekaar begin verloor en ons al hoe meer krities op mekaar word omdat ons elke dag so na aan mekaar leef? Wat doen ‘n mens as julle in jul huwelik sien dat dit al tot ‘n groot mate gebeur het?

Hoe belangrik is dit dan dat julle vanuit die gesamentlike liefde en gebed tot Christus weer saam praat. Weer saam praat oor die dinge wat die dinge wat jou in die dieptste van jou hart besighou. Dat jy vir die ander jou warme belangstelling, jou warme liefde wys. Sê dat jy die ander liefhet, wys dat  die ander vir jou so spesiaal in jou lewe is. Neem ook die tyd om saam te praat en in alle liefde en teerheid vanuit Christus se liefde liggaamlik van mekaar te geniet en by mekaar rus te vind. Sorg daarvoor dat jou man of vrou die persoon is met wie jy alles deel en by wie jy rus soek en nie ander nie. Hy of sy moet spesiaal in jou lewe bly. Bid steeds weer dat die HERE dit in jou lewe wil gee, bid en werk vanuit die lewe met Vader in die hemel saam daaraan. Ook as groot verskraling daarin gekom het.

Wie so in geloof leef mag weet dat die HERE seën gee en liefde weer laat opbloei. Ook hiervoor het Christus vir God se uitverkore kinders gesterf.  Hoe goed is dan deur Christus ons lewe.

 

Christus se gemeente antwoord daarop met: AMEN

 

 

ORDE VAN DIENS

 

1.      Opening

2.      Vrede/Seëngroet

3.      Psalm  145:1,11

4.      Geloofsbelydenis

5.      Psalm 19:4,5

6.      Skriflesing:  1 Korintiërs 6: 12-20

 

7.      Gebed

8.      Kollekte

9.      Psalm 101

10.  Teks: Hooglied 4:9-5:7

11.   Preek

12.   Psalm 31:15,17

13.   Dankgebed

14.  Psalm 117

15.   Seën  

 

 

Gemeente wat in God se liefde deur Christus mag deel, broers en susters.

 

As ‘n mens kyk na wat in die wêreld gebeur, sien jy somtyds groot teenstrydighede. Die liefde kry baie aandag as ‘n mens na allerhande musiek luister. Dit is een van die groot tema’s in dit wat gesing word. As ‘n mens let op boeke op romans wat deur baie gelees word, is liefde tussen ‘n man en ‘n vrou dikwels die groot saak waarom dit gaan. Dieselfde geld van baie flieks. ‘n Mens sien daarin hoe daar by mense die groot verlange na liefde is. Die verlange na ‘n liefde waarin jy en die ander rus vind en wat vir altyd bly bestaan. Nogtans lyk dit meer iets van ‘n sprokieswêreld as jy na die werklikheid kyk.

As ons let op ons eie land dan is dit so dat 80% van die huwelike wat amptelik gesluit word een of ander dag deur egskeiding tot ‘n einde kom. Dit wat by baie mense in naam van die liefde begin het en waar man en vrou mekaar liefde en trou belowe het, eindig met groot hartseer en verkeerde gevoelens teenoor mekaar in die skeihof.

Dit is wat in die wêreld gebeur. Dit is die omgewing wat ons omring. Hoe kan ons as God se kinders daaraan werk dat die woord liefde nie net iets van ‘n ander wêreld is nie. Hoe kan ons daaraan werk dat liefde ontwikkel en in die huwelik tussen God se kinders mag bly en selfs mag verdiep. Ons sien daarvan iets as ons let op wat die HERE in ons teks vir ons sê.

Ek verkondig vir julle Christus se evangelie onder die tema:

 

‘n HUWELIK VANUIT CHRISTUS SE LIEFDE BLY VOL LIEFDEVOLLE VERWONDERING

 

1. Omdat man en vrou een in die Here is    (4:9-12)

2. Omdat geen derde daarin kan kom nie      (4:12-5:1)

3. Omdat die liefde die hele lewe vul               (5:2-7)

 

1.      Omdat man en vrou een in die  Here is.

 

Die vorige keer het ons gesien hoe ook na die tyd van uitgaan en die huweliksdag die verwondering oor die liefde vir mekaar mag en moet bly.

Dit is duidelik dat dit nie sommerso bly nie. Dit is nie net een of ander gevoel wat nie weer kan verdwyn nie en wat vir altyd onaantasbaar bly wat ookal gebeur nie. Waar hier die liefde is en bly bestaan leef en man en vrou in die huweliks soos die HERE dit wil vir mekaar. Die een is daarin op die ander gerig. Selfs so dat die man hier in Hooglied kan sê: “U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met die straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.”

Let op die woord “gesteel”.  Sy vrou het daarvoor gesorg dat  hy hom heeltemal aan haar oorlewer. Hy leef nie meer vir homself nie maar vir haar. Hy kan haar nie weerstaan nie. ‘n Mens kan nou vra of dit reg is. As ons dit vra, vra ons dit vanuit die sondige werklikheid. Dit kan wees dat die liefde vir man of vrou, vir seun of dogter die ander so in beslag neem dat  die ander alles vir hom of haar is. Niks en niemand anders bestaan in die wêreld nie behalwe die ander. As die ander sê dat iets op ‘n sekere manier gedoen moet word dan word dit gedoen. Die liefde vir die ander het die hoogste goed geword en as die ander dinge vra wat teen die HERE se wil ingaan dat doen hy of sy dit. Die ander het die hoogste goed geword. Dan het die ander ‘n afgod geword wat die HERE se plek, wat Christus se plek in ons lewe ingeneem het.

Nogtans mag in die huwelik waar die liefde vir die Here woon die een die ander se hart steel want daar is die gesamentlike liefde vir Christus en Sy Woord as die hoogste goed.

So is die situasie in Hooglied want die man praat van sy vrou as sy susterbruid. Hier sien ons dadelik hoe belangrik dit is dat as jy ‘n lewensmaat soek jy iemand soek wat eerste jou broer of suster in die HERE is. Ons mag liefde tussen seun en dogter, tussen man en vrou nie losmaak van die saam liefhê van die HERE nie. As die die gesamentlike liefde vir Christus nie daar is nie tas dit die fondament van ware blywende liefde vir mekaar aan. Dan bou ons ons liefde en huwelik nie op die enigste goeie fondament nie. Dan is ons besig met wat die Here Jesus in die Bergrede noem die bou van ‘n huis op die sand pleks op die rots.

Wat beteken dit vir ons in die tyd dat ons met mekaar uitgaan?  Dit beteken dat ons nie net daarna kyk of kerklik ‘n eenheid vorm. Ook dit is baie belangrik maar dit is nie genoeg om te sê ons is altwee lidmate van die VGK nie. Die tyd van uitgaan moet ook ‘n tyd wees waarin jy kyk of die ander werklik met sy of haar hart vir Christus lewe. Kan julle saam praat oor julle diens aan die HERE as die saak waar julle hart altwee vol van is en waar julle ook julle lewe saam later op wil rig. Dit gaan daarom dat jy ook by die ander die lewende geloof sien.  Julle moet mekaar in die eerste plek as broer en suster in Christus herken en daarop moet julle liefde gebou wees. Julle moet saam in die eenheid van die geloof ook saam in Sy gemeente wil leef en funksioneer.

As ons so saam na ‘n huwelik toelewe en so in die huwelik lewe, is dit heerlik dat die een die ander se hart gesteel het want Christus het dan altwee julle harte gesteel. Vanuit die gesamentlike verbondenheid aan Christus wil jy die ander in liefde help om Christus te dien. Jy kan jou aan die ander toevertrou omdat die ander jou nie van Christus en gehoorsaamheid wil weghaal nie maar jou daarin stimuleer. Dan is die liefde vir die ander nooit ‘n bedreiging vir die dien van die HERE nie. Hoe heerlik en stimulerend is dan die liefde van jou vrou wat ook jou suster in die HERE is. Haar liefde is vir jou dan beter as wyn en die lekkerste geure. Dit is nooit ‘n bedreiging nie maar gee heerlike rus en blydskap. As sy met jou praat is dit aangenaam, dit is so lekker soet soos heuningstroop. Nie omdat sy jou altyd na die mond praat nie maar omdat sy in besondere liefde vir jou, jou ook maltyd weer by die HERE bring. Ook as jy verkeerde dinge sê of doen. Dan is haar woorde goed omdat sy jou weer terug wil bring in die vrede met God. Haar woorde is dan vol van die regte ondersteuning en stimulering in Christus se Koninkryk. Dit is dan vol bemoediging in die diens aan die HERE. Dan is jou vrou vir jou juis die persoon wat jou stimuleer om werk in God se Koninkryk te doen. Hoe heerlik is dit om ‘n vrou te hê wat haar so in liefde vir jou gee en so belangrike werk in Christus se kerk doen.

Die man prys hier sy vrou wat steeds weer die frisse geure vir hom in sy lewe gee. Die rus wat van die geure van Libanon, van die natuur uitgaan  kom ook in haar na hom toe. Hy mag by haar ook rus, ontspanning en vruegde ontvang. Hy mag by haar op ‘n besondere manier liefde en geborgenheid ontvang want sy is juis as sy suster, vanuit haar liefde vir Christus ‘n gslote tuin. Ons let daarop in die tweede plek.

 

2.      Omdat geen derde daarin kan kom nie

 

Die man vergelyk sy vrou in die verse 12-15 met ‘n tuin. ‘n Pragtige tuin waarin allerhande besondere dinge groei. Waarin ook plante groei wat in Israel nie inheems was nie. Ons lees hier byvoorbeeld van nardus en kalmoes. Dit is plante wat vanuit India kom. Mirre is iets wat oorspronklik vanuit die lande rondom die Middellandse see kom. Sy vrou is ‘n pragtige tuin. Die woord wat hy hier vir paradys gebruik is ‘n besondere woord waarvan ons woord paradys afstam. As ‘n mens na hierdie tuin kyk is dit vol heerlike vrugte, vol heerlike geure en vol pragtige blomme. Wie in hierdie tuin mag kom, kry rus en mag geniet.

Die tweede waarmee hy sy vrou vergelyk is ‘n fontein, ‘n put met lewende water. Vanuit haar kom water wat iemand wat moeg en dors is weer nuwe krag kan gee. Sy kan daarvoor sorg dat iemand weer opbloei as dit lyk dat krag en moed verdwyn het.

Wat is nou die besondere? Dat hierdie tuin toegemaak is, dat hierdie fontein verseël is. As boere in Israel hulle eie put gehad het iewers in die veld het hulle die met klei toegemaak en dit was die teken dat ander dit nie mog gebruik nie. As hulle met hulle trop na ‘n ruk weer gekom het, het die eienaar die klei weer weggehaal. Hy was die enigste wat dit mog doen.

Die besondere is dat  die vrou in die huwelik net op ‘n besondere manier die tuin en fontein vir haar man is. Sy is vir ander op hierdie manier nie toeganklik nie. Vir ander is sy nie ‘n tuin nie. Sy sal ook ander help en bemoedig as dit nodig is maar bly altyd op ‘n sekere afstand. Die bemoediging, die rus en selfs genot wat daar is as man en vrou saam is en in die intieme omgang wat daar dan is, is net vir die een met wie sy getroud is. Net vir hom wys sy haar diepste geheime. Net vir hom is daar die mees vertroulike omgang. Dit wys vir ons ook hoe ons met mekaar moet omgaan voordat jy getroud is en met mekaar uitgaan. Dan moet daar wees ‘n groei in liefdevolle en vertroulike omgang. Dan moet julle geestelik en liggaamlik na mekaar toegroei. Nogtans is daar die grens dat nog geen seksuele gemeenskap en bevrediging plaasvind nie. Dit het die HERE vir die huwelik gereserveer. Ons moet in die geloof hierdie grens eerbiedig en op hierdie punt tot die dag van ons huwelik ‘n geslote tuin en fontein bly.

Dit kan moeilik wees om hierdie grens te eerbiedig. ‘n Mens se verlangens kan groot wees en daar kan ‘n sterk drang wees. Juis dan is dit so belangrik dat julle ook saam gehoorsame kinders van die HERE wil wees. Dat jy saam daaraan wil werk dat julle tempels van die Heilige Gees is wat jy ook heilig wil hou. Paulus skryf  in verband met hoerery en dit geld ook van seksuele gemeenskap voor die huwelik: “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” (1 Kor 6:19,20)

As julle saam Christus in liefde wil dien, bid julle saam. Dan bid julle ook saam om die krag te ontvang om voor die huwelik ook op hierdie punt heilig te leef. Dan help julle mekaar om nie te ver te gaan en ook daaroor te praat en af te spreek wat julle nie doen nie. Wat ‘n mens so in verleiding kan bring dat jy in verleiding kom. Dan kan julle openlik as God se kinders daaroor praat. Dan is Sy wil vir julle die belangrikste.

Die vrou in Hooglied se verlange na die intieme omgang met haar man is nou gewek. Sy nooi hom nou om te kom en die geheime van haar te geniet. Ons lees dit in vers 16. Sy sien daarna uit om haar vir hom te gee. Sy wil vir hom nou gee wat sy vir niemand anders sal gee nie. Hy mag van haar verborge geure en vrugte geniet. Dit is net vir hom geen verbode vrugte nie.

Die man vertel in 5:1 hoe hulle op die uitnodiging van sy vrou saam van mekaar geniet het. Hoe heerlik dit vir hom was. Hoe dit hom weer op ‘n besondere manier versterk het. Ons sien hier hoe in die huwelik nie net die man die inisiatief mag neem tot die intieme omgang nie. In liefde, in die besondere vertroue wat daar tussen man en vrou mag en moet wees, is dit nie nodig dat man of vrou hulle behoort te skaam as die verlange daar is. Dan mag die een dit vir die ander wys. Dan mag altwee die inisiatief daartoe neem. Wie dit vanuit die band met Christus doen mag selfs weet dat hulle dit dan tot eer van God doen. Dan is ook die seksuele eenwording tussen man en vrou resultaat van die Heilige Gees se oproep in 1 Kor 6:20: “Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”

Die man in Hooglied kan dan ook vers 1 afsluit met die woorde: “eet, vriende, drink en word dronk, bemindes.” Hier roep hy sy vriendes, sy bemindes, die mense van wie hy hou op om dieselfde te doen. Om in liefde vanuit die lewe met die HERE van mekaar te geniet. Dit is nie ‘n oproep van hierdie man om in sy tuin, sy vrou in te gaan nie maar om met hulle eie vrouens ook steeds weer die mees intieme omgang te soek en daarin God te dank vir die gawe wat  Hy in hulle vroue gegee het.

Man en vrou is hier vanuit Christus se liefde verwonderd en werk daaraan om mekaar te bly liefhê. Om oor mekaar verwonderd te bly. Om mekaar te bly bemoedig en te help in alle dinge van die lewe. Dit beheers hulle hele lewe. Ons sien dit ook in die verse 2-7. Ons let daarop in die derde punt.

 

3.      Omdat die liefde die hele lewe vul.

 

Ons kry nou met ‘n nuwe gedeelte te doen. Die beeld van die tuin en die fontein lê nou agter ons. Die vrou vertel nou van ‘n sekere ervaring wat daar in haar lewe was. Om hierdie ervaring in sy verband en bedoeling te verstaan is dit baie belangrik om te sien wat die omstandighede is waarvan sy vertel. Baie belangrik is hier wat ons in die eerste deel van vers 2 lees: “Ek het geslaap, maar my hart het gewaak.”

Dit is presies wat gebeur as ‘n mens droom. Dit is presies die gevoel van ‘n mens as ‘n droom baie sterk is en jy kan dit onthou as jy wakker geword het. Jy slaap maar jy sien en voel dinge asof jy wakker is. Dan gebeur ook dinge wat  in jou gewone lewe nie gebeur nie. Werklikheid is dan dikwels verbind met vreemde dinge wat jy nie mooi kan plaas nie. So’n droom maak wel duidelik dat jy met die persone of dinge wat jy in jou droom sien besig is in jou gedagtes. Dit is vir jou belangrik.

Hierdie droom maak duidelik hoe belangrik haar man vir haar is. Hoe sterk haar verlange is om sy vrou te wees. Hoe sy ook na sy liefde verlang en ook daarvan oortuig is dat hy in liefde na haar verlang. Dit is daarom dat sy in haar droom sien dat haar man in die nag op die deur klop om binne te kom. Sy lê al in die bed en het net onderklere aan. Sy het haar gewas voordat sy in die bed geklim het. Haar eerste reaksie in die droom is dat sy baie lus is om weer uit haar bed te gaan en haar in die koue nag aan te trek en weer vuil te word. Dit is soos dit in ‘n droom kan gebeur. Jy doen daar iets wat jy in werklikheid nie sou doen nie. Jy skrik van jouself.  Dan is daar in die slaap die bewustheid dat jy wil verander. Ons sien dit ook in hierdie droom gebeur. As sy nou haar man se hand sien, oorwin die heerlike liefde vir hom. Haar hart kom nou vol liefde en verlange in beweging. Haar hande drup van mirre. Dit wys daarop dat sy nou lekker vir haar man ruik. Sy is nou vol liefde en verlange vir hom en so gaan sy vir hom die deur oopsluit. Nou gebeur wat net in ‘n droom kan gebeur en nie in ‘n huwelik waar die ware liefde deur die Heilige Gees heers. Die deur gaan oop en haar man kom nie na haar toe maar stap weg. Dit maak haar in haar droom mal. As sy sy stem hoor maar hy kom nie by haar nie gaan sy agter hom aan. Sy roep hom, sy kan nie verstaan wat nou aangaan nie. Sy gaan in haar droom die stad in soos dit ook gebeur het in 3:1-5.

Ons sien nou dat droom en werklikheid van mekaar verskil. Toe sy in die regte lewe haar man in die nag gaan soek het, het die wagte haar goed behandel maar in haar droom slaan die wagte haar en het haar tjalie van haar afgeruk. Dit lyk asof sy in haar droom bang daarvoor was dat die wagte gedink het dat sy ‘n hoer was.

Soos dit met ‘n droom gaan, is daar dikwels skielik die einde as iets verkeerds gebeur. Ons sien hier hoe die vrou tot in haar drome, in haar onderbewuste met haar man besig is. Sy wil hom nie verloor nie. Sy liefde is vir hom so belangrik, so goed. Dit wys vir ons dat in die huwelik waar ons Christus as ons Verlosser en Koning ken dit so belangrik is om alles saam te doen. Om regtig daaraan te werk en daarvoor die tyd te neem om mekaar vol verwondering te bly liefhê en vanuit die dien van die HERE vir mekaar te leef.

Is dit nie een van die oorsake van verskraling van liefde in huwelike onder ons dat ons nie tyd vir mekaar neem nie. Leef ons nie te dikwels vir ons eie. Ons jaag van die een na die ander, ons laat ons deur ons werk en vergaderings in beslag neem. Ons neem nie werklik tyd vir mekaar nie. Ons praat nie meer werklik met mekaar nie en so verskraal liefde en warme belangstelling in mekaar. Waar Christus se liefde woon, leer ons om dan liewer vir ander minder belangrik te wees en daar werklik vir mekaar te wees as dat die liefde in die huwelik verskraal. Die HERE roep ons om in die huwelik werklik vol liefde oor mekaar verwonderd te wees en te bly, om in alles een vlees te wees. Laat ons aan die HERE se roepstem ook op hierdie punt gehoor gee al beteken dit dat ek nou nie meer vir ‘n hoër pos waarin ek meer verdien en aansien geniet in aanmerking kom nie. Lewe van uit God se liefde volgens Sy Woord gee baie meer. Dan is die lewe baie beter deur Christus se seen oor jou lewe.

 

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 63:1,2

Geloofsbelydenis

Psalm 56:1,4

Skriflesing: Hooglied: 5:8-6:12

Gebed

Kollekte

Psalm 113

Teks: Hooglied 5:8-6:12

Preek

Psalm 45:12-16

Dankgebed

S.B.  21:4,5,6

Seën

 

Volk van die HERE, broers en susters.

 

Ons het die vorige jaar in vyf preke gesien wat die HERE vir ons sê in Hooglied 1:1-5:7. Ons wil nou ook ontdek wat God in Sy wysheid vir ons in die ander hoofstukke sê.

Die vraag kan nou in jou hart opkom of ‘n mens wel belang het by die boodskap wat in hierdie boek na ons toekom. Wat moet ‘n mens met wat ons in hierdie boek lees as daar beelde gebruik word wat in jou lewe, in jou huwelik glad nie werklikheid word nie. Wat moet  jy met hierdie preke en hierdie boek as jou man nie huppelend oor die berge na jou toekom nie? Die eerste is dat ons ‘n beeld as ‘n beeld moet verstaan. Die man wat oor die berge huppel na sy vrou, is ‘n man wat graag na sy huis en vrou terugkeer. Hoe bly is hy as hy weer by haar kan wees wat hy vanuit Christus se liefde op ‘n besondere manier mag liefhê.

Wat moet jy nou daarmee as in jou huwelik dit nie so is nie? As jou man of vrou nie graag so gou as moontlik by die huis kom nie?  Dan moet hierdie boek en die preke vanuit Hooglied juis die gebrek en sondes in julle huwelik aanwys. Dan het dit vir jou huwelik juis ‘n baie belangrike en indringende boodskap. Dit moet julle na mekaar toedryf,  julle altwee op die knieë bring om die HERE te bid om weer in egte liefde die huwelik te herstel soos Hy dit wil hê. Die HERE wys juis vir ons in Hooglied hoe ‘n  huwelik onder Christus se regering behoort te wees. Hy wys ons ook hoe ons ons op so’n huwelik moet voorberei. Dit wys hoekom die prediking vanuit die boek Hooglied vir ons vandag so baie belangrik is en nie mag sê dat ons daaraan geen boodskap het nie.

Ek verkondig vir julle die blye boodskap onder die tema:

 

IN DIE HUWELIK WAT DEUR CHRISTUS SE LIEFDE GEREGEER WORD IS MAN EN VROU VIR MEKAAR UNIEK.

 

1.      Die kritiese vraag van die omstanders  5:8,9; 6:1,2,11.

2.      Die antwoord van liefde van man en vrou 5:10-16; 6:3-10,12

 

1.      Die kritiese vraag van die omstanders.

 

 Ons moet na ‘n paar maande weer kyk waar ons in die boek Hooglied gekom het. Ons het toe gesien dat ons in hierdie boek met ‘n man en ‘n vrou te make het wat getroud is. Hulle gaan so intiem met mekaar om dat dit nie anders kan nie. Ons het ook gesien dat hierdie boek nie deur Salomo geskryf is nie. Die opskrif van hierdie boek kan ook sonder enige vertaalprobleem vertaal word met “vir Salomo”. Hierdie boek is dan ‘n boek wat vir Salomo bestem is om vir hom te wys dat sy manier van leef met vroue nie reg is nie. Hy wat op die ou end 1000 vroue gehad het, het daarin nie volgens God se norm geleef nie. Verskillende kere verskyn Salomo in hierdie boek en bly hy op ‘n afstand of word hy bekritiseer.

Die laaste wat ons in die preke gesien het is hoe in die huwelik soos Christus dit wil die liefde vir die ander jou heeltemal in beslag neem. Selfs so dat die vrou in Hooglied in haar drome nog daarmee besig is.

Nou kom die begin van ons teks. Ons lees weer van die dogters van Jerusalem. Hier begin weer ‘n nuwe gedeelte in die boek Hooglied. Hierdie nuwe begin sluit wel aan by wat  die vrou gedroom het. Sy het gedroom dat haar man by die deur was en dat hy toe sy hom in die nag wil binnelaat weer verdwyn. Sy gaan hom dan self in die nag soek en word in haar droom deur die wagte in die stad geslaan. Dit was die oomblik waarop sy wakker geword het.

Die vervolg wys ons dat haar geliefde, haar man nou regtig nie by haar is nie. Ons lees dat hy na sy tuin gegaan het. Kyk 6:2. Hy sê later self dat hy na die neutetuin gegaan het. Kyk 6:11. Ons kry die indruk dat die man vir ‘n ruk weg was om in die tuin wat ver by hulle huis vandaan is te gaan werk. Sy werksomstandighede bring saam dat hy nou ‘n ruk nie by sy vrou kan wees nie.

Nou vra die vrou vir die jongvroue met wie sy praat dat as hulle haar man ontmoet hulle vir hom sal sê dat sy na hom verlang. Haar verlange is so groot dat sy nie haarself is nie. Sy kan nou nie meer haar gewone dinge doen nie. Die tyd van alleen wees, van sonder hom wees het vir haar nou te lank geraak. Ons moet die woord vind in vers 8 nie so opvat dat hulle nou na hierdie man gaan soek nie. Dit gaan daarom as hulle hom ontmoet as hulle in die rigting kom dat hulle hierdie boodskap sal oorbring.

Nou word duidelik dat hierdie jongvroue eintlik nie verstaan hoekom hulle dit moet sê en ook nie verstaan dat hierdie vrou so voel nie. Hulle sien raak dat hierdie vrou  aanvallig is. Sy is baie mooi en juis daarom kan hulle nie verstaan dat haar man so baie vir haar beteken. Hoekom verlang sy so na hom? Wat maak hom nou so besonder bo al die ander? Hoekom sou hierdie aanvallige vrou nie die geselskap van ander mans soek? Hulle sal graag in haar geselskap wees. Dit is duidelik dat hierdie jongvroue nie daaraan gewoond is dat man en vrou in die huwelik so ‘n besondere band en liefde vir mekaar het dat niks op hierdie wêreld dit kan vervang nie. Dit lyk asof hulle uit gesinne kom waar hierdie besondere liefdesverhouding nie sigbaar is en daaroor deur hulle ouers ook nie so gepraat is nie.

Dit bring ons ook by hoe ons vandag leef.  Hoe is dit in ons gesinne? Hoe is dit in ons huwelike? Wat gebeur in ons gemeente as ‘n vrou nadat haar man ‘n ruk vir sy werk van die huis af weg is en dan duidelik vir ander sê dat dit vir haar glad nie lekker is dat hy weg is nie. Dat sy so daarna verlang dat hy terugkom en hoop dat hy eerder by die huis is as wat beplan was. Kyk ons daar die suster dan met vreemde oë aan. Sê ons dan selfs: Ek vind dit lekker as hy ‘n ruk weg is want dan kan ek doen wat ek wil, dan het ons ‘n ruk rus en is daar geen spanning en rusie nie?

Hiermee het ook te doen hoe ons in onderlinge gesprekke oor ons man of vrou praat. As jy saam met ander vroue praat, praat jy dan negatief oor jou man?  Vertel ons dan van ons mans wat hulle verkeerd doen en waar hulle jou nie verstaan nie en hoe moeilik jy dit in jou huwelik het? As mans saam praat doen ons dan onder mekaar dieselfde? As ons as vriendinne of vriende by mekaar sit, gaan ons dan vertrouliker met mekaar om as met ons eie man of vrou. Vertel ons daar dinge wat ons nie met ons vrou of man deel nie? As jy so leef, is dit logies dat jy vir die ander wat sy man of vrou so mis sê: Hoekom voel en dink jy so? Dit is tog nie nodig nie daar is tog ander met wie jy baie plesier kan hê. Wat maak jou man of vrou tog so besonder? As jy so in jou gesin leef en jy leef dit jou kinders voor gaan dit gebeur dat die verhouding tussen man en vrou ook vir hulle nie die besondere, unieke verhouding is wat die HERE wil hê dat dit is nie. Dat die HERE die verhouding tussen man en vrou die mees vertroulike onder mense op hierdie aarde wil laat wees, is duidelik vanaf die skepping: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” Gen 2:24.

Die een vlees wees wys nie net op die seksuele omgang in die huwelik nie. Dit gaan daarom dat jy saam met jou vrou of man ‘n unieke eenheid vorm. Jy deel alles, tot die diepste dinge in jou hart met jou vrou of jou man. Jy vorm met die een ander ‘n werklik lewenseenheid. Daar is geen mens op aarde met wie jy vertrouliker omgaan nie. Dit is die opdrag wat die HERE al in die paradys vir ons gegee het.  Ons moet mooi daarop let dat dit ‘n opdrag is. Ons kan en mag nie sê dat jou man nie so reageer of jy nie so doen nie en daarom die Hooglied vir jou geen boodskap het nie.

Die Heilige Gees wys ons hoe ons verhouding in ons huwelik behoort te wees en waaraan ons in Sy krag behoort te werk. Dit is dat jou man en jou vrou vir jou uniek is. Dat jy alles met die ander wil deel. Dat in jou lewe daar besondere liefde vir die ander is. Dit moet ook in ons lewe van ons afstraal deur die manier waarop ons leef en die manier waarop jy van die ander praat. Die vrou in Hooglied sê dit in 6:3 so: “Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne”.           

Waar ware liefde in jou lewe is, bedek hierdie liefde vir ander ook gebreke en sondes van die ander. Jy vertel nie die negatiewe dinge van die ander vir jou vriende of vriendinne. Dit geld verseker van jou mag of vrou met wie jy in eenheid van die ware geloof leef, met wie jy in besondere liefde saam die HERE dien. Dit wat ek nou gesê het dat die liefde baie sondes bedek geld naamlik vir ons as broers en susters in die algemeen en dus in die besonder van jou vrou of man saam met wie jy die HERE liefhet. Die Heilige Gees sê naamlik in 1 Petrus 4:8: “Maar bo alles moet julle mekaar  vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.”

Wat moet jy doen as jy in jou lewe sien dat jy nie so leef nie? Wat moet jy doen as jy terwyl jy met iemand uitgaan dit in julle verhouding nie so werk nie? Moet ons dan sê dat dit wat ons in Hooglied lees ‘n ideaalbeeld is waaraan ons tog nie kan voldoen nie? Moet ons ons nie daaraan steur nie?

Hoe verkeerd sou dit my broer en suster wees! Die HERE het in Sy wysheid en Vaderlike sorg hierdie boek gegee om ons voorbereiding op die huwelik en ons huwelik daaraan steeds weer te toets. Dit is Christus wat hier vir ons sê dat so ‘n huwelik vanuit Sy liefde behoort te wees. As jy dan sien dat hieraan in jou huwelik mankeer, as jy raaksien dat in die jare dat julle getroud is die liefde en vertroulike omgang minder geword het. Dat jy ook met ander oor jou man of vrou negatief begin praat het, het die tyd vir verandering in jou huwelik gekom. Het die tyd gekom dat julle weer in liefde groei. Dan het dit meer as tyd geword om dit persoonlik en saam in die gebed te bring. Om saam die HERE te vra om meer liefde, om al hoe meer na mekaar in liefde te luister. Om ook weer al hoe meer in gehoorsaamheid aan die HERE te leef en nie negatief maar positief oor die ander met ander te praat. Om juis ook op hierdie manier weer in liefde en positiewe gesindheid na mekaar te groei. Om so weer jou in liefde heeltemal aan die ander toe te vertrou. Om die ander weer heeltemal by jou te laat veilig voel omdat jy juis met die ander wat die HERE vir jou gegee het alles te deel.

Die besondere in die huwelik wat deur Christus se liefde beheers word is dat die vrou in 5:16 kan sê: “Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.”  Die dogters van Jerusalem moet baie mooi weet dat  ‘n huwelik waar Christus regeer dit nie net om die seksuele gaan nie. Daar is man en vrou so ‘n eenheid dat hulle ook mekaar se beste vriende op aarde is. Jou beminde is ook jou vriend met wie jy alles deel en daarom verlang jy steeds weer na die ander.

Die verlange sien ons dan ook by die man wat vir sy werk in die tuin vir ‘n ruk by sy vrou weg is. Hy vertel in 6:11 self dat hy na sy tuin gegaan het. As hy daar ‘n ruk gewerk het, word ook vir hom die verlange na sy vrou te groot. Nou is hy meer as lank genoeg by haar weg. Sy verlange na haar kom baie duidelik in vers 12 na vore: “Voordat ek dit gewwet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk. Sy verlange laat hom skielik besluit om op ‘n wa so vinnig as moontlik na sy vrou terug te gaan.

Ons sien hier hoe die huwelik ook die beeld van die verhouding tussen Christus en Sy gemeente behoort te wees. Christus se liefde gaan altyd na Sy gemeente uit. Hy is daar altyd vir ons as ons God, Koning en Verlosser. Hy wat vir ons sondes gesterf het. Ook vir die sonde van te min liefde vir die ander in ons huwelik. Ons mag met ons huweliksprobleme ook altyd na hom vlug en by hom vergifnis en nuwe liefde, opbloei van ons huwelik soek en vind.

Ons sien hier ook hoe die huwelik beeld van die verhouding met Christus behoort te wees. Jou en my verlange, jou en my liefde behoort juis in alles op Hom gerig te wees. Op Hom wie se liefde so trou, so onpeilbaar diep is. Dan kan jy nie meer sonder Christus leef. As jou verhouding met die HERE deur jou sondes, deur ‘n slegte verhouding in jou huwelik versteur is, is dit vir jou so erg. Jy wil weer in die regte verhouding met die HERE staan.

Dan soek jy steeds weer die HERE en maak die woorde van psalm 63 tot joune: “o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water. So het ek U in die heiligdom aanskou, om U sterkte en heerlikheid te sien. Want U goedertierenheid is beter as die lewe, my lippe moet U prys.” 2-4

Vanuit hierdie liefde van God prys man en vrou mekaar in die huwelik. Ons sien dit in die tweede punt.

 

2.      Die antwoord van liefde van man en vrou

 

Vrou en man antwoord op die kritiese vraag wat die een so besonder vir die ander maak. By hierdie antwoord besing hulle mekaar. Hulle doen dit op ‘n manier wat vir ons vreemd klink. Ons sou dit verseker nie op hierdie manier doen nie. Die beelde wat hulle vir mekaar gebruik is vir ons vreemd maar was in die wêreld toe ‘n gewone manier. Laat ons net daarna kyk wat hulle met hierdie beelde bedoel en daarmee sê.

Die vrou wys in 5:10 dat haar man vir haar bo al die ander uit styg. As sy in vers 11 die goud noem wys dit daarop dat hy vir haar kosbaar en belangrik is. Sy haar golf en is swart. Dit beteken dat hy dadelik vir haar opval. Sy sien hom dadelik raak.  Sy oë is wit, in melk gewas. As jy in sy oë kyk straal rus uit. Dit is soos ‘n duif wat in alle rus by die water sit. Hy het by haar as ‘n volle bron sy rus gevind. Sy wange glans. Hy lyk gesond. Sy lippe is mooi rooi soos 'n sekere soort lelies is. As sy na sy hande, na sy bene, na sy hele liggaam kyk, wys dit vir haar kosbaar hierdie man vir haar is. Hy is vir haar die belangrikste menslike rus en steunpunt in haar lewe. Hy is vir haar soos die seders van die Libanon. Hulle is die groot bome waarvan dit lyk asof hulle nie kan omval nie. As sy aan sy mond dink is dit pure soetigheid. Dit is hierdie mond wat haar in liefde op ‘n unieke manier soen. Dit is hierdie mond waaruit woorde van unieke liefde vir haar kom. Selfs as uit sy mond woorde kom wat  haar vermaan weet sy dat dit vanuit liefde vir haar is. Lieflikheid in die huwelik beteken nie dat ons mekaar nooit korrigeer, nooit in liefde vermaan nie. Lieflikheid is dat ons mekaar vanuit die liefde vir die HERE en Sy Woord op die pad van Sy liefde hou.

Die man is ook vol bewondering vir die vrou wat die HERE in Sy wysheid vir hom gegee het. Sy is vir hom mooi en lieflik. Ons het al eerder gesien dat hierdie aanvalligheid nie beteken dat iemand volgens die gier van die tyd mooi moet wees nie. Dit gaan nie daarom wat in die oë van die wêreld mooi is nie. Sy is en bly vir hom mooi en lieflik vanuit die band van liefde wat daar tussen hulle is.  As hy so na haar kyk oorweldig sy hom. Dan gaan van haar so baie krag vir hom uit. Soos ‘n leër vol van krag. Hy vra selfs of sy haar oë van hom wegdraai omdat haar liefde hom oorweldig. Hoe groot is die geskenk van God wat hy in haar ontvang het.

Dikwels wonder mense nog meer as die tande van die vrou met ‘n trop skape vergelyk word. Let daarop dat dit hier om geskeerde skape en lammers gaan. Almal is dit. As jy hulle sien stap, sien jy ‘n pragtige wit gedeelte in die groep van die gras waar hulle wie.  

Haar slape ken hy. Hulle lyk soos ‘n granaatappel. Waarskynlik wys hy hier op die binnekant van die granaatappel as vergelyking.

 Daarin is vakkies en so lyk die slape twee vakke aan die sykant van haar gesig.

Sy is en bly vir hom uniek. Hy het aan haar genoeg. Haar liefde is vir hom alles. Hy wil nie soos Salomo liefde deel met sestig koninginne, tagtig byvroue en al die ander vroue wat hy nog het nie. Die een is vir hom alles. Sy is die volmaakte. Sy wat die enigste dogter van haar moeder was. Ook ander het haar skoonheid, haar innerlike skoonheid gesien. Ander vroue het haar dan ook geprys. As hy haar in sy gedagte as ‘n heerlike lig en in haar krag  na hom sien kom raak hy weer oorweldig en kan hy nie langer in sy neutetuin bly nie.

Ons hoef nie hierdie beelde in ons praat oor ons man en vrou oor te neem nie. Nogtans wys die HERE ons hier die pad om vol liefde en bewondering oor die ander te praat. Dit wys natuurlik ook hoe groot ons opdrag is om in die huwelik daar in alles vir mekaar te wees. Om daaraan te werk en daarvoor te bid dat ons vir mekaar al hoe meer die belangrikste mense op aarde is. Hoe belangrik is dit om ook vir mekaar te sê dat jy die ander liefhet. Dat ons die liefde vir mekaar uitspreek. Ook dit is ‘n middel wat die HERE gegee het om in liefde vir mekaar te groei. Ons mag die positiewe gevoelens vir mekaar nie probeer te verberg nie want dan bevorder ons nie die groei van die liefde wat die HERE juis wil sien.

Wie hierdie heerlike beeld van die huwelik sien, sien raak hoe pragtig God se geskenk van die huwelik tussen een man en vrou is. Dit leer ons om Hom te prys. Dit leer ons om tot Christus te vlug en in die krag van God se Gees te werk aan herstel in ons huwelik waar die liefde verdof het, waar ons huwelik tot ‘n leef langs mekaar of selfs tot ‘n lewe vol stryd geword het. Daar kan ons saam as God se kinders wat van Christus se liefde alleen wil leef, saam op ons knieë en in Sy krag weer die pad van vergifnis en nuweliefde vir mekaar stap. Daartoe roep die HERE ons in liefde. Hy wil jou lewe en as jy getroud is ook jou huwelik met Sy liefde seën en deurdring. Sonder sy liefde leef ons alleen en in die huwelik in ‘n dor en dorstige land sonder die lewende water, sonder Christus se liefde wat red en herstel.

 

AMEN

 

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 115:1,6

Geloofsbelydenis

S.B. 33

Skriflesing:  1 Timoteus 2:9-15

                     1 Johannes 2: 12-17

Gebed

Kollekte

Psalm 128

Teks: Hooglied 6:13-7:13

Preek

Psalm 86:5,6

Dankgebed

Psalm 149:1,2

Seën

 

 

Broers en susters, gemeente van ons Here Jesus Christus

 

Dit is nou eers nodig om weer die verband raak te sien waarin ons teks staan. Ons het in die vorige gedeelte 5:8-6:12 gesien dat die man vir ‘n ruk vanweë sy werk van huis af weg is. Die vrou verlang na haar man en dan vra die dogters van Jerusalem met verbasing wat so uniek aan haar man is. Later word duidelik dat ook haar man in die tuin waar hy werk baie na sy vrou verlang. Dit is vanweë die verlange na haar dat hy op ‘n wa stap om na huis terug te gaan.

Al hierdie dinge wys daarop dat ons hier met ‘n man en ‘n vrou te make het wat getroud is. Ook in ons teks is daarvoor weer belangrike aanwysings. As ‘n mens sien hoe vertroud hierdie man en vrou met mekaar se liggame is, maak dit duidelik dat hulle mekaar ook liggaamlik al heeltemal ken. Ons lees in vers 13 dan ook van ons deure. Dit is die deure van hulle gesamentlike huis.

Ons vind in ons teks ‘n pragtige en intieme beskrywing van die verlange na mekaar. Dit is nie bloot herhaling van dit wat ons al eerder in Hooglied gelees het nie. Hierdie pragtige beskrywing is juis ‘n antwoord op  die vraag wat ons in 6:13 lees. Dit is verseker ook in ons tyd en omstandighede baie belangrik om hierdie vraag en die antwoord op hierdie vraag te ken.

Ek verkondig vir julle die evangelie van ons heiland Jesus Christus onder die tema:

 

DIE HERE HET ‘N VROU NIE GESKEP OM MET HAAR LIGGAAM ANDER TE VERMAAK NIE

 

1.      Die vrou word opgeroep om ander te vermaak

2.      Haar man wys dit af

3.      Sy wys dit af

 

1.      Die vrou word opgeroep om ander te vermaak

 

Ek kan my goed indink dat meerderes van julle dink waar kom die tema van die preek vandaan. Waar lees ons dat die vrou opgeroep word om ander te vermaak? 

Ons moet daarvoor na 6:13 kyk. Ons het in vers 12 gesien dat die man na sy vrou terugkeer. Nou klink dit vreemd in hierdie verband wat ons in ons vertaling van vers 13 lees: “Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien.”  Hierdie vrou sy was nie weg nie en haar man het na haar teruggekeer.

Die eerste waar ons nou op moet let is dat hier sekere mense is wat die vrou tot ‘n sekere aksie oproep met die doel om na haar te kyk. Sy moet voor hulle oë kom sodat hulle haar goed kan sien. Let op die meervoud ons en julle in ons vers. Dit word aan die einde van ons vers nou met die “koordans van Mahanaim” vergelyk. Dit gaan hier om die soort dan wat as die van Mahanaim bekend gestaan het. Soos ook vandag verskillende soorte danse verskillende name het.

Nou moet ons nog weer kyk na die woorde: “Kom terug”. Dit is nie nodig om die Hebreeuse woord wat hier met “kom terug” vertaal is so te vertaal nie. Dit is een van die moontlikhede. Hierdie woord beteken letterlik dat iemand homself omkeer. Hierdie werkwoord word op bepaalde plekke selfs met “bekeer” vertaal. In verband met dans beteken hier die woord dat iemand tydens die dans beweeg en ronddraai. Dit kan dan ook goed vertaal word met: “wend jou, wend jou, Sulammitiese, wend jou, wend jou, dat ons jou kan aansien.”

Dit pas beter by die beeld van die koordans en van die oproep van ‘n groep mense om haar liggaam te kan sien. Dit gaan hier om ‘n vrou wat deur die dogters van Jerusalem “skoonste onder die vroue” genoem word. 5:9.

Die vrou wat hier Sulamitiese genoem word om aan te dui van watter plek in Israel sy afkomstig is, word opgeroep om te dans en met haar aanvallige liggaam so die mense te vermaak.

Ons kry hier met ‘n tipiese vraag van die wêreld te doen. ‘n Vraag wat ons in ons tyd maar al te goed ken. Mense beoordeel ander aan hulle liggaam. Dit is dan ook veral vroue wat daarvolgens beoordeel word. Ons sien vroue in tydskifte wat so skaars as moontlik gekleed is. Advertensies moet so die aandag van mense trek. Die televisie wys die feeste van die wêreld waar die sterre van die wêreld in musiek en film saam is. Vroue tree op of ontvang pryse terwyl hulle klere of beter gesê hulle gebrek daaraan baie wys om ander te vermaak en op almal se monde te wees. Hoe tree baie groepe en sangers op en wat sien ‘n mens baie op die filmpies waarop hulle hul liedjie sing? Daarin tree hulle dikwels op om met hulle liggame of met ander s’n mense te trek om hulle cd te koop.

Dan sien ‘n mens raak wat Johannes in sy eerste brief van die wêreld skryf: “Want alles wat in die wêreld is – die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” 1 Joh 2:16,17.

Die vraag van die wêreld, die begeerlikheid van die wêreld hoor ons hier in die Hooglied.  Ons wys hierdie begeerlikheid af.  Ons wys dit nou en baie ander kere met die mond af. Nogtans is dit baie belangrik om onsself ook op hierdie punt te ondersoek. Hoe gaan jy met tydskrifte, televisie en die internet om?  Koop ons die tydskrifte waarin vroue skaars gekleed gaan en geniet jy daareintlik van. Kyk ons op televiesie die flieks en programme waarin vroue juis optree om ander met hulle liggame te vermaak?  Kyk ons dan juis na die verkiesing van Miss Suid-Afrika? Waar alles gaan oor die grootsheid van die wêreld en om die liggame van die vroue wat  daar vir die verkiesing is. Kyk ons dan met genoë terwyl vroue wat deur God as Sy beeld geskep is daar as diere behandel word?

Dit is ook belangrik dat ons selfondersoek daaroor doen hoe ons oor manne en vroue dink en praat?  As julle seuns en dogters oor ander praat, praat julle dan net daaroor of die ander mooi is? Kyk ons net daarna of die ander se liggaam volgens die gier van ons tyd mooi is?  Hoe kyk ons na die ander?  Hoe belangrik is dit dat ons daarna leer kyk hoe die ander as mens is. Dan gaan dit om die ander se hele persoon. Dan soek ons iemand in ons lewe met wie ons in liefde saam vir Christus  kan en wil leef. Dan kyk ons weer na die doel waarmee die HERE ons as man en vrou geskep het.

Dan kyk ons na die opdrag wat Hy in die paradys vir man en vrou gegee het: “En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.” Gen 1:28

Hier sien ons dat ons selfs binne die huwelik nie mag sê dat man en vrou daar  leef om mekaar te vermaak nie. Ons mag en moet selfs van mekaar in die huwelik geniet maar nooit los van die opdrag wat die HERE daar vir ons gee nie. Ons het dit ook in 1 Timoteus 2 gelees as daar van die vrou in die huwelik gesê word: “Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.” Vs 15.

Hier sien ons hoe die HERE die heerlike gawe van seksuele gemeenskap in die huwelik aan die verwek van kinders verbind. Dit sê nie dat die heerlike gawe van die seksuele gemeenskap net op die verwek van kinders gerig mag wees nie. Dit bly ook ‘n heerlike gawe waarvoor ons die HERE dank as daar nie kinders kom nie. Nogtans is dit nie reg as ons die verantwoordelikheid van die huwelik op ons neem en daarby ook van die seksuele geniet maar  ons maatreëls neem om voorlopig nie kinders te kry nie. As ons van mekaar wil geniet maar  self besluit dat ons eers nog meer aan mekaar gewoond moet raak of  eers meer geld moet verdien om ‘n moooi huis en ‘n mooi kar te kan koop. As jy so leef maak jy van mekaar los wat die HERE aanmekaar verbind het. Wie die verantwoordelikheid vir mekaar in die huwelik neem, moet daarby ook dadelik die verantwoordelikheid neem om kinders te kan kry. Dit is die orde, die goeie orde wat die HERE vir ons gegee het.

Dit gaan in die lewe nie daarom dat die vrou ander met haar liggaam vermaak nie. Man en vrou mag vanuit die opdrag wat die HERE ons gegee het, om saam aan Sy Koninkryk diensbaar te wees, verseker mekaar bewonder, ook liggaamlik. Ons sien dit as die man die begerige blikke van die omstanders afwys deur sy vrou liggaamlik vol bewondering te prys. Hy wys so dat sy net sy geliefde is wat  haar deur hom laat bewonder. Ons let daarop in die tweede plek.

 

2.      Haar man wys dit af

 

Dit is nou die man wat teenoor die groep wat die vrou oproep om te dans en dan so haar liggaam soveel as moontlik wil ontdek, wys dat hy die liggaam van sy vrou ken. Dit kom hom alleen toe.

Hy dank die HERE in die lied van bewondering wat hy hier sing. Die liefde vir sy vrou laat hom sing en laat hom haar bewonder. Hoe die wêreld haar liggaam ook sou beoordeel. Die opvallende is nou dat hy by haar voete begin en so tot haar kop kom. Vs 5

As hy na haar voete kyk is hulle vir hom mooi. Hoe mooi pas hulle in die skoene wat sy dra. As hy na haar heupe kyk eer hy die kunstenaar wat haar gemaak het. Die kunstenaar is niemand anders as die HERE wat ons Skepper is nie.

Die liefde van die man vir sy vrou laat hom selfs verwonderd wees oor sy vrou se naeltjie. Sy vrou is vir hom mooi, selfs haar naeltjie is vir hom feestlik sodat hy dit verbind met wyn wat in ‘n beker is. Hy bewonder ook die kleur van haar maag. Dit het die kleur van ‘n hoop koring.  Die heerlike daarvan word beklemtoon deur die beeld van die lelies wat die hoop koring omring.

Haar twee borste is vir hom vertroud en hulle mag vir hom alleen vertroud wees. Hulle is vir hom tekens van sagheid, van teerheid en vertroudheid. So sag en onskuldig en teer soos die lammers van ‘n gemsbok kan wees. Hulle getuig vir hom van die rus wat daarvan uitgaan as die gemsbokke in alle rus wei.

Haar hals, haar nek herinner hom aan die trots waarmee ‘n ivoortoring regop staan. Haar oë is helder soos die damme by Hesbon. Hy ken haar neus en ken dit uit ander.

As hy aan sy vrou haar kop dink vergelyk hy dit met die berg Karmel. Hierdie berg word in die Bybel meerdere kere genoem as een van die mooiste berge. Kyk Jes 35:2; Jer 46:18; Amos 1;2.

Die kleur van haar haar is soos purper, die kleur is koninklik. Selfs konings sou dit bewonder.

As hy na sy vrou kyk is hy vol verwondering. Wat het hy in haar ‘n pragtige geskenk van die HERE gekry: “Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!”       

Die HERE het baie dinge in die lewe gegee waarvan hy kan geniet maar in die skepping is sy vrou die heerlikste wat hy gekry het. As hy so na sy vrou kyk en haar besing kom in hom die verlange in hom op om haar aan te raak soos hy alleen dit mag doen.

Let daarop broers en susters, seuns en dogters wat hier gebeur. As ‘n mens na iemand van die ander geslag kyk en dit op ‘n manier doen om die ander se liggaam tot in detail te ontdek, kom daar dikwels die seksuele verlange na die ander. Dit maak ook duidelik dat dit nie die manier moet wees waarop jy na ‘n ander vrou as jou eie vrou en na ‘n ander man as jy eie man behoort te kyk nie. Dit is ook daarom dat ‘n mens nie moet saamdoen met ‘n manier van dans waar man en vrou baie naby aan mekaar is en mekaar gedurig op verskillende plekke aanraak. Die voel van die ander se liggaam op verskillende plekke is die voorreg van man en vrou en ons moet dit nie soek met ‘n ander nie want dit roep dikwels gevoelens op wat daar vir die ander nie mag wees nie. Ons bring onsself dan in verleiding.

As haar man nou na haar hele gestalte kyk, vergelyk hy haar met ‘n palm. Haar borste val vir hom op. Hy mag hulle aanraak, dit mag by hom gevoelens opwek wat dit by ander nie mag opwek nie. Hulle mag vir hom vertroud wees. Hoe naby wil en mag hy aan sy vrou kom. So naby dat hy haar asem wat vir hom heerlik is mag ruik. Hy mag haar soen selfs so dat hulle mekaar se mond van binne mag voel. Dit is vir twee geliefdes nie vies om mekaar so te voel nie. Dit is iets wat net tussen hulle gebeur. Hoe verlang die man nou na die intimiteit met sy vrou. So wys hy dat sy vrou se liggaam nie daar is om die ander te vermaak nie. Die ken van haar liggaam in tere liefde is daar net vir hom en hoe verlang hy nou. Sy vrou wat tot nou toe stil was gee nou antwoord. Ons let daarop in die derde punt.

 

3.  Sy wys dit af

 

Die vrou, die Sulammitiese neem in vers 10 die woord. Sy bevestig wat haar man gesê het. Sy is daar nie vir ander nie. Sy is daar nie om haar liggaam vir ander se vermaak te wys nie. Sy is nie van ander nie maar haar beminde s’n. Sy voeg dan toe: sy begeerte is na my”.  Sy wys die begeerte van die ander af.  Haar man se verlange is waarop sy wil antwoord.

Sy doen dit dan ook baie konkreet. Sy stel hom dan ook voor om nou by die ander wat by hulle is weg te gaan en saam ‘n plek te soek waar hulle sal oornag. Sy wil die veld inloop en dan iewers in een van die dorpe oornag.  Sy wil met hom alleen wees en dan saam in die oggend  van die die natuur geniet. Hoe heerlik is dit dan vir haar om juis as hulle so saam geniet ook van mekaar in liefde te geniet. As sy van die liefdesappels en die ander vrugte praat wat by hulle deur  hulle geur versprei beklemtoon sy hoe sy juis vir hom haar wil gee. Hoe ook sy daarna verlang om saam ook liggaamlik een vlees te wees. Dit is vir haar heerlik. Dit het sy net vir hom bewaar. Bedink dat ons in die vorige hoofstuk gesien het hoe hulle vir ‘n ruk van mekaar geskei was. Nou hulle weer saam is moet hy weet dat sy hierdie intimitiet, hierdie liefde nie vir ander gee nie, ook nie as hy weg is nie, maar dit net vir hom gebêre het.

Broers en susters hoe heerlik is die geskenk wat die HERE in die ander in die huwelik vir ons gee. Om die ander regtig as ‘n geheiligde geskenk  te ontvang en so te bly ontvang het Christus ook gesterf.  Want ons is van onsself nie in staat om so te leef nie. Die sondige verlangens kom so maklik in ons lewe op. Christus het gesterf en daarmee ook verdien dat die Gees in ons lewens inkom. Laat ons steeds ook weer bid dat die Gees ons gevoelens vir die ander in ware liefde heilig en gevoelens wat daar vir ander nie mag wees al hoe meer doodmaak. Dat hy ons leer om op die punt van die seksuele al hoe meer heilig te leef en ook heilig te dink. So wil Christus dat ons leef en Hy wil al jou sondes op hierdie punt ook vergeef en jou steeds weer heilige liefde vir jou vrou of man gee. So mag ons in liefde groei, ook in ons huwelike.

Hoe heerlik is dit dat Christus ook met die lewe in liefde, ook met die liefde wat seksueel beleef mag word alles te make het. Christus is die Verlosser van ons hele lewe. Laat ons Hom so eer en dien en nooit Sy liefde tot ons oordeel verag nie.

AMEN

 

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm  29:1,2

Gebed om die opening van die Woord

Psalm 131

Skriflesing: 1 Korinte 13

Psalm 45:1,2,3,4

Teks: Hooglied 8:1-7

Preek

Geloofsbelydenis

Dankgebed

Kollekte

Psalm 63:2,3

Seën

 

Gemeente van ons geliefde Heiland Jesus Christus, broers en susters.

 

Die liefde is ‘n groot krag.  Die liefde maak in mense kragte los wat  jy dikwels by die ander nie verwag het en nog nooit gesien het nie. As  iemand deur die liefde gevang word, as hy of sy op die ander verlief  geraak het, sien hy of  sy  dikwels nie meer dit wat in die ander nie so goed is nie.

As ouers vir hul verliefde kind sê dat die ander dalk nie so goed by hom of haar pas nie is die reaksie amper altyd negatief.  Die ouers of die vriende wat dit sê ken die ander nie is dan die reaksie of verstaan die ander nie.

Hoe groot die krag van die liefde is, sien ons ook as ‘n gelowige op iemand verlief raak waarmee hy of sy nie een in Christus is nie. Dan is daar diepe gevoelens vir die ander. Dan is dit dikwels regtig ‘n worsteling om met die ander te breek terwille van Christus. Dit gebeur ook dat die liefde vir die ander dit dan wen van die liefde van Christus  wat van ons vra dat ons net trou met iemand met wie ons een in Hom is.

Die krag van die liefde is groot en daarom is dit so belangrik om nie op ‘n verkeerde manier die liefde op te wek nie. Daarom is dit so belangrik om die liefde met die regte persoon te soek en te verstaan wat ware liefde is. Ons sien dit raak as ons hoor wat die HERE in ons teks vir ons sê. Ek verkondig vir julle die boodskap van Christus se liefde onder die volgende tema:

 

DIE WARE LIEFDE VANUIT CHRISTUS TUSSEN MAN EN VROU  IS DIEPE LIEFDE

 

1.                  Dit is diepe vriendskap  (1-3)

2.                  Die vrou is dan die seêl vir haar man  (5-6a)

3.                  Die liefde kan nie gestuit word nie      (6b-7)

 

1.      Dit is diepe vriendskap.

 

Die vrou is besig om haar lied van liefde op haar man te sing. As sy dit doen, dink sy daaraan dat sy haar liefde vir hom nie altyd so kan uiter as wat sy dit wil doen nie. Dit is nie orals moontlik om so vertroulik en innig met hom om te gaan as wat haar gevoelens vir haar sê nie.

Dit wys sy duidelik in vers 1. Sy sê dan vir haar man: “Ag, was u maar vir my soos ‘n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.”    

As sy toe in die openbaar met haar broer sou gespeel het en sy sou hom ‘n soen gegee het, was dit vir niemand vreemd nie. Dit was toe anders as dit om jou man gegaan het. Ditm was onfatsoenlik om jou man in die openbaar te soen. Dit was onfatsoenlik om openlik te wys dat jy na jou man verlang. Jy moes in die openbaar ‘n afstand  van mekaar bewaar. Ons het dit ookal in hoofstuk een gelees. Dan wil hierdie vrou weet waar haar man met sy skape in die middag is. Sy wil seker maak dat sy hom in die veld kan ontmoet sonder dat sy vriende dan by hom is. Ons lees daar in vers 7: “Want waarom sou ek wees soos een wat haar met ‘n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?” As daar ander by is, kan sy nie vertroulik met haar man omgaan nie. Dit is daarom dat sy wens dat haar man soos ‘n broer van haar was. As hy haar broer was sou niemand daarmee ‘n probleem hê as sy hom in die openbaar ‘n soen sou gee nie. Haar diepe vriendskap en besondere liefde vir haar man laat haar verlang om altyd vertroulik en innig met hom te kan omgaan.

Dieselfde sê sy op ‘n ander manier in vers 2.  As haar man soos haar broer was, sou sy ook in die huis terwyl die familie daar is, hom ‘n soen kan gee. Dan  sou sy met hom kon speel sonder dat hulle haar sou verwyt. As sy nou met haar man in die huis van haar moeder kom, moet sy ‘n sekere afstand bewaar. Sy noem haar moeder die persoon wat haar geleer het. Haar moeder sal haar ook geleer het dat dit nie fatsoenlik is om buite hulle eie huis as man en vrou te intiem te wees nie. Die vrou kan so na haar man verlang dat sy ook in die huis van haar moeder haar liefde openlik vir haar man kon wys. Sy verlang daarna dat hy by haar lê en dat hulle mekaar se liggame voel.

Dit gaan hier dus duidelik om ‘n vergelyking waarin die vrou duidelik maak hoe diep haar liefde, haar unieke vriendskap vir haar man is. Dit is so diep dat sy eintlik altyd en oral as sy so voel haar liefde vir haar man wil kan wys. Sy weet dat dit nie kan nie maar die verlange daarna wys hoe diep haar liefde vir hierdie een man, haar man is.

Hierdie diepe verlange wat so duidelik uitgespreek word kan nou ‘n verkeerde indruk wek. Dit sou die indruk kon wek dat die liggaamlike, die seksuele die belangrikste in die huwelik is en dat alles daarom gaan. Die vrou besef dat  die verkeerde indruk nou kan ontstaan en daarom laat die Heilige Gees hierdie vrou nou sê: “Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?”

Wat is ware liefde? Wat is die liefde waarin daar diepe vriendskap vir die ander is? Wat is liefde waar die liggaamlike gemeenskap daarvan die kroon op die liefde en unieke vriendskap vir mekaar elke dag is? Dit is nie die liefde wat kunsmatig opgewek word nie. Dit is nie die liefde wat jy by die ander probeer opwek, wakker maak deur jou liggaam so opvallend en voordelig moontlik aan die ander te wys nie. Wie probeer om deur sy of haar liggaam so uitdagend as moontlik vir die ander te wys, die aandag van die ander te vra, is nie besig om liefde op te wek nie. Jy is dan besig om liggaamlike hartstog op wek. Jy is dan besig om seksuele gevoelens op te wek sonder dat daar ware liefde is. Ware liefde soos Christus dit onder Sy volk wil sien, moet groei. Dan kom die liggaamlike nie eerste en is ook nie die belangrikste nie. Die liefde ontstaan en groei deurdat daar vriendskap, besondere vriendskap tussen ‘n seun en ‘n dogter ontstaan. Hierdie vriendskap beteken dat jy al hoe meer vertroue in mekaar stel en al hoe meer vertroulik met mekaar omgaan. Jy begin al hoe meer van dit wat in jou hart is aan die ander vertel. Jy staan dan ook met jou gevoelens vir die ander oop. Vanuit die besondere vriendskap, vanuit hierdie besonder vertroue in mekaar groei die liefde. Die ware liefde kan nie van die besondere vriendskap losgemaak word nie.

Dit kan daarom geen ware liefde wees as jy in die tyd dat jy uitgaan nie met mekaar van hart tot hart praat nie. Dit kan geen ware vriendskap wees as julle nie saam praat oor julle lewe met Christus as die belangrikste persoon in julle lewe. Hoe belangrik is dit dat julle in die tyd dat julle uitgaan oor alle dinge praat wat julle besighou. Dat julle saam bid, dat julle mekaar al hoe meer leer ken en saam praat oor die pad wat julle saam wil gaan. As uitgaan beteken dat julle net saam gaan eet, saam plesier maak,  mekaar soen en aanraak is dit nie die ware liefde nie. Dit is nie die ware liefde wat diepe vriendskap is waarin jy saam met die ander die HERE in alles wil volg en saam in Christus se kerk wil leef. Soek steeds saam na die ware liefde, groei daarin. Dan alleen is jy goed voorberei op jou huwelik. Dan kan dit in die huwelik nog meer verdiep. So wil die HERE dit in die lewe van Sy volk. As jy so in ware liefde in jou huwelik saamleef kan jy met blydskap en dankbaarheid terugkyk. Ons sien dit ook in die tweede punt.         

 

2.      Die vrou is dan die seël vir haar man

 

Die  vrou neem die woord.  Sy kyk terug en haal 'n baie

belangrik  herinnering  op.  Soos ons dit ook kan doen as ons

rustig by mekaar sit.

Hoe mooi is dit somtyds om weer te dink en te praat oor die eerste prille begin van die liefde vir mekaar. Wanneer  het e die liefde vir mekaar  begin?   In  die tweede deel van vers 5 vertel die vrou dit. Dit is vir hierdie 2 geliefdes 'n kosbare herinnering.   .

Waaraan herinner hierdie vrou haar man? Aan die oomblik dat          hy onder daardie appelboom gesit het. Daar het sy hom opgewek.   As jy dit lees kan jy vinnig dink dat sy hom toe uit sy slaap gewek het.  Maar dit is nie die bedoeling nie. Die  woord  opwek  word  in  die  boek  Hooglied   anders gebruik. Dit gaan  hier om ontstaan van die liefde.  Ons het dit ook so in 8:4 gelees:  "Ek besweer julle, dogters van Jerusalem:  Waarom wil julle wakker maak en wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?"

In vers 5 word die liefde op die regte manier opgewek.  Nie op 'n uitdagende manier nie. Nie op 'n manier wat oorweldig nie sonder dat daarby tere liefde tot uiting kom.  Die vrou stap langs daardie appelboom.  Daar en toe het hulle liefde begin.  Daar en toe het sy die geneentheid van hom vir haar opgewek.   Sy oë het daar en toe op'n baie besondere manier vir  haar  oopgegaan.  Hierdie plek sal hulle nooit vergeet nie.  Want hierdie plek het vir hulle 'n dubbele betekenis. By  hierdie boom is  die man ook gebore.  By hierdie boom  het sy moeder hom in die wêreld gebring.  Op die plek waar  hy  gebore  is, het die die liefde vir mekaar begin opbloei.  Dit

Is iets om nooit te vergeet nie.

As die vrou die beslissende gebeurtenis uit hul lewe genoem  het  sê  sy:   "Dra my soos 'n seëlring op u hart,  soos 'n seëlring op u arm."

'n  Seël  was  in Israel baie belangrik.  Daar was 2 soorte seëls.  Daar was seëls  wat hulle aan 'n ketting om hulle hals gedra het.  Die seël wat aan die ketting gehang het, het by iemand se hartstreek gehang.  Jy het die seël  daar gedra as teken dat hierdie seël baie belangrik vir jou is.  Hierdie seel wil jy beslis nie verlies nie  want dit is baie kostbaar vir jou.  So wil die vrou by haar  man  geborge  wees.  Sy wil deur hom op sy hart gedra word.   Sy  wil aan hom vasgekleef wees as dit wat vir hom baie kosbaar is.

Sy het  op hierdie manier  al vanaf  die  staanspoor oor hom as haar geliefde gepraat.  Ons hoor haar in hoofstuk 1: 13,14 se: "My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus. My beminde is vir my 'n tros hennablomme in die wingerde van Engedi."

Hierdie woorde is vandag vir ons van groot belang.  Met mekaar  leef  as  man en vrou is nie 'n vryblywende saak nie. Wie in die huwelik tree is aan mekaar verbonde.  Dan het jy nie die vryheid om jou liefde aan 'n ander te gee. Nee, die ander  moet 'n seël op jou hart wees.  Dit moet so wees dat die ander by jou geborgenheid en liefde kan vind.  Dit leer die  HERE ons hier.  Hy wys ons hier dat die lewe as man en  vrou  'n saak van troue liefde is.  'n Lewe is waarin jy steeds weer  vir mekaar oopstaan.  Waar jy altyd vir mekaar sorg in liefde.  Wie getroud is het vir die ander beloof dat hy of sy ‘n seël op die ander se hart is.

Dit isdie  belofte  wat getroudes aan mekaar gedoen het.Nog belangriker is dat  julle  hierdie  belofte voor God se oë gedoen het. Hierdie belofte is in ooreenstemming met Sy wil. Hierdie belofte kan ‘n mens hou as hy of sy by Christus die  liefde  en trou vir die ander soek.  As jy die Heilige Gees steeds weer vra om met 'n oop hart vir die ander te leef.   Dit beteken ook dat jy dit waarin jy jou aan die ander erger met die ander bespreek in liefde.  Dat jy die HERE in jou gebed vra dat jou liefde vir die ander steeds weer so groot is dat jy vir die ander oop staan en oop bly staan. Net dan is  dit  moontlik om in ware liefde vir mekaar te bly leef.

Dan   leer  jy  jou  verkeerde  gevoelens,   jou  verkeerde  gedrag, jou verkeerde opmerkings vir die ander openlik  uit te spreek.  En mekaar te vergewe. As jy so leef vergewe die HERE ook jou.  Hy doen dit dan  om  Christus  se werk.  Dit doen Hy as ons daarom bid. Bring jou vraag om liefde,  bring jou sondes,  bring al die sorge  en moeite by Christus.  Ook die probleme wat daar in jou  huwelik kan wees.  Net dan kan jy 'n seël op mekaar se hart wees.

As  jy so begin leef in jou huwelik sal ook ander mense dit opmerk. Hulle merk dit  op jou werk, in jou gesprekke met           ander.  Dan gebeur daar ook wat ons in die eerste deel van vers 6 lees: "Dra my soos 'n seëlring op u arm."

Die  tweede  soort  seël wat in Israel gebruik word was die     seëlring. Die seël het vas aan jou hand gesit. Daardie seël  was vir elkeen sigbaar. Die vrou vra nou aan haar man:  Laat vir elkeen duidelik wees dat ek by jou behoort. Dat  ek jou geliefde,  jou vrou is.  Sodat jy openlik,  uit liefde vir my as jou vrou opkom.

In  ons  samelewing is die trouring nog altyd die openlike teken dat

jy van die  HERE  'n man of 'n vrou ontvang het. Laat ons in  die  praktyk van die lewe steeds weer wys dat ons in liefde met ons eie man of vrou leef. Laat dit uit jou manier van lewe ook as jou vrou of man nie by jou is duidelik wees dat jy getroud is en jy nie vir ander oopstaan nie.   Laat ons as lidmate van  Christus se gemeente wys dat die leef in liefde en trou met jou eie man of vrou  'n mooie en goeie saak is. Waarvoor jy jou nie skaam nie.   Vanuit die vaste  geloof  dat die huwelik as 'n lewenslange verbinding 'n goeie gawe van jou hemelse Vader is.

         

3.  Die liefde kan jy nie stuit nie.

         

Ons  teks wys  verder  op  die  krag  van die liefde.  Ons teks gebruik baie sterk woorde. Veral as die  liefde met die dood vergelyk word.  Ons lees dan:  "Want liefde is sterk soos die dood, die liefdesywer is  hard  soos  die  die doderyk,  sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die HERE."   As  ons  aan  die mag van die dood dink is dit duidelik dat die  mag van die dood besonder groot is.  Enige mens wat nie by Jesus se wederkoms leef  sal  eendag sterf.   Niemand van ons kan die dood  ontvlug  nie.   Jy  kan  jou tot die uiterste teen die dood  verset maar tog kom  eendag die dood oor jou. Jy kan nog so deur die mediese wetenskap bewaak word maar ook die mediese  wetenskap kan jou nie van die dood red nie.

 Met die dood se mag word die liefde vergelyk.  Waar daar  liefde  vir  mekaar is, is die krag daarvan baie groot . Daar kan groot moeilikhede wees.  Maar waar daar liefde vir mekaar is word

steeds weer 'n pad gesoek om die probleme wat 'n huwelik in

die pad staan op te ruim. Ons moet goed bedink dat dit hier gaan

oor  liefde  wat  in God se oë goed is.  Dit is nie die liefde tussen met iemand wat nie in liefde met Christus leef nie.  As jy lees dat die gloed van die liefde as 'n gloed  van  vuur  is kan jy begin dink dat waar jy jou seksueel  sterk  tot  'n  ander angetrokke voel jy altyd aan hierdie gevoelens moet toegee.  Maar dit is nou net nie die bedoeling nie.  Die bedoeling is dat die liefde vir jou eie man of jou eie vrou so sterk is dat dit alle inmenging van 'n derde persoon weerstaan. Die aantrekkingskrag van die ware liefde

wys onverbiddelik die inmenging van 'n derde persoon af.

Ware  liefde tussen man en vrou is meer as seksueel genot. Is meer as seksueele    gemeenskap waarvoor jy geld betaal.  Ware liefde kan jy nie koop nie.  Egte liefde verdwyn nie as die ander vanweë

liggaamlike oorsake nie meer tot die liggaamlike gemeenskap in

staat is nie.  Dat jy egte liefde nie kan koop nie lees ons  baie  duidelik  in  die laaste 2 sinne van ons teks as daar staan:   "al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag."

Dit is die wil van die HERE.  Dit is die lewe soos die Skepper van hemel en aarde dit bedoel het.

Waar  die  liefde  so  beleef  word  is  die  liefde sterk.  Hierdie  liefde  kan  selfs teen die dood stry.  Dan is die liefde  juis  God se middel om steeds weer nuwe mense voort te bring.  Sodat die wereld nooit 'n dooie wereld word nie. Waar  die  liefde  so  beleef  word  sal  ons in die geloof  verstaan dat hierdie liefde geen ander oorsprong as die HERE  het  nie.  Dat die liefde sonder Christus nooit   kan bly bestaan nie. Sonder Christus kan dit nooit die liefde wees die God bedoel het.  Daarop wys ook wat ons lees in vers 6: "sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die HERE."

Laat ons daarvan bewus wees  dat ons lewe net goed kan wees as ons met die HERE leef. As  jy  die  Here  Jesus Christus liefhet omdat Hy aan die kruis vir  jou  gehang  het.   Om vir jou die straf te dra wat jy verdien  het.   Hoe  ontrou,   hoe sondig jy ook geleef het  Christus se vandag vir jou:  Kom tot My, bring al jou skuld  by My.  Volg My vanaf vandag in jou lewe. Dan sal Ek al jou  sondes vergewe.  Dan het Ek ook jou sondes gedra. Jou lewe,  jou  huwelikslewe  is  net goed as God se liefde julle lewe  beheers.  Dit maak Paulus ons ook duidelik in 1 Korinthiers 13 as hy daar van die liefde praat.  Ons lees daar onder andere: "En  al sou ek al my goed uitdeel,  en al sou ek my liggaam oorgee  om verbrand te word,  en ek het nie die liefde nie,  dan sou my dit niks baat nie." (vers 3)

So is dit ook in die lewe as man en vrou. As jou liefde vir jou  man  of vrou nie uit Christus se liefde opkom nie baat dit  jou  niks nie.  Dan bly nog God se oordeel en die dood die  uitsig vir jou.  Maar waar die liefde deur Christus se liefde gedra word is daar is vergewing,  is daar die heerlike uitsig.  Laat die ware liefde in ons woon. Die liefde word nie deur groot  waters uitgeblus nie en nie deur riviere oorstroom nie.  Want die  ware  liefde is 'n vlam van die HERE.  'n Vlam wat die Heilige  Gees steeds weer wil aanwakker.  Vra die HERE daar steeds  weer  om.   Bid  daar steeds weer om uit liefde tot  Christus as die Redder van julle lewe.

 

AMEN

         

 Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 119:1,4

Geloofsbelydenis

Psalm  125:1-5

Skriflesing: Deuteronomium 6:1-12

Gebed

Kollekte

Psalm 78:1-4

Teks: Hooglied 8:8-14

Preek

Psalm 25:2,6

Dankgebed

Psalm  84:3,6

Seën

 

Gemeente van ons geliefde Heiland Jesus Christus, broers en susters.

 

Ons het by die laaste deel van die boek Hooglied gekom. Ons het gesien hoe ook hierdie deel van die Bybel God se Woord, Sy wysheid vir ons wys. Hoe vol van bemoediging is dit dat die HERE regtig ons in alle dinge van die lewe die regte pad wys. Dat Hy ook as dit om liefde tussen mense, om seksualiteit, om die soek van liefde, vir die lewe in en voor die huwelik die pad van die ewige lewe wys.

Die pad wat regtig vir ons die goeie, die lewe onder Sy seën gee. Hoe goed is dit dat Vader in die hemel ook vir ons wys wat die sondes op hierdie gebied is waarvoor ons by Christus vergifnis moet soek en die Gees moet vra om krag om te verander.

Dit is ook goed om in ‘n wêreld wat verseksualiseer is te mag sien dat die seksualiteit ‘n gawe van God is en hoe is dit in Sy diens mag heilig en so daarvan mag geniet. Die liefde vir een man of vrou en die leef in liefde vir mekaar is 'n kostelike geskenk van ons hemelse Vader. Ons sien dit ook as ek vir julle die evangelie van ons God en Verlosser onder die volgende tema verkondig:

 

WIE DIE WARE LIEFDE VANUIT CHRISTUS SE LIEFDE SOEK, SOEK EN VIND EEN WAT HY OF SY TROU LIEFHET

 

                        1.   Dit word in die opvoeding geleer    (8,9)

                        2.   Dit word in die voorbereiding op die huwelik uitgeleef  (10)

                        3.   Dit word in band met jou eie man of vrou beleef      (11-14)

 

1.      Dit word in die opvoeding geleer  (8,9)

 

Die vrou het in die vorige gedeelte ‘n kosbare herinnering opgehaal. Sy vertel weer vir haar man en voor elkeen wat saamluister hoe hy onder die bepaalde appelboom gesit het en hulle liefde daar begin het. Nou lees ons van iets wat met die vrou gebeur het toe se nog jonk was, toe sy nog nie werklik aan ‘n huwelik gedink het nie.

Dit is ‘n herinnering aan wat haar broers vir haar en oor haar gesê het toe se nog klein was. Dit was die tyd dat sy nog nie borste gehad het nie. Dit is daarvan die teken dat sy nog ‘n kind was en die groei na die volwassenheid nog nie begin het nie. Nogtans het die familie al daaroor nagedink hoe hulle moet reageer as hierdie dogter groot word en seuns haar geselskap soek. Die broers neem in hierdie boek Hooglied in die gesin van die vrou ‘n groot plek in. Ons lees nie van ‘n vader nie. Dit gee die indruk dat die vader oorlede is en die man saam met die broers die verantwoordelikheid vir die gesin dra.

Dit wat die broers hier sê, is dit wat by die opvoeding in die huis behoort. Dit is wat in die eerste plek die taak van pa en ma in die huis is. Ouers behoort oor die toekoms van hulle kinders na te dink. Dit behoort so te wees dat ‘n mens oor dinge begin nadink voordat iets gebeur. As jy ‘n dogter van die HERE gekry het, is dit ons verantwoordelikheid om daaroor na te dink hoe ons ons dogter in die puberteit die pad deur die lewe wys. Dieselfde geld as ons ‘n seun van God gekry het. Dan mag dit nie so wees as dit om die liefde gaan, as dit om seksualiteit gaan, as dit daarom gaan hoe jy met dogters en seuns in daardie periode omgaan dan ons as ouers eenkant bly staan nie. Dat ons doen asof dit nie deel van die opvoeding is nie. Die hele lewe is deel van die opvoeding. Ons moet as ouers en ook as broers en susters bereid te wees om op vrae wat jongmense vra antwoord te gee. Dit is geen antwoord as jy vir hulle sê: Dit is nou eenmaal so, ons het dit nou eenmaal altyd so gedoen. Ons het in Deuteronomium 6 gelees hoe belangrik dit is dat ons as ouers met liefde en diepe erns ons kinders opvoed en antwoord op hulle vrae gee. Dat ons hulle op alle terreine van die lewe die wil van die HERE leer. Dat ons vir hulle ook wys hoe wys en goed God se gebooie vir ons lewens is. Die HERE beklemtoon dit in Deut 6 met hierdie woorde: “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skryf.” Vers 6-9.

Ons moet ons afvra wat ons vir ons kinders leer as hulle op die leeftyd kom dat seksuele gevoelens by hulle begin opkom en hulle na die ander geslag begin kyk.

‘n Deel van die basiese onderwys, kom in ons teks na ons toe. Die broers sê: “As sy ‘n muur is, sal ons ‘n silwerrand daarop bou, en as sy ‘n deur is, sal ons dit met ‘n sederplank toeslaan.”

As hierdie dogter as sy so oud is so met seuns omgaan dat sy wys dat sy nie ‘n gebruiksartikel is nie dan is dit die regte ding. Ons sal ons kinders moet leer om met teerheid en respek met die gevoelens van liefde en seksualiteit om te gaan. Ons sal hulle steeds weer met liefde moet voorhou dat die belewing van die seksualiteit deur die HERE vir die huwelik gegee is en dat dit om die belewing daarvan gaan met  net jou eie vrou of man. Hoe belangrik is dit daarby dat ons as ouers ook self  oop en eerlik maar ook met respek en teerheid oor seksualiteit praat. Dat vanuit ons mond nie grappe kom wat vuil is en wat wys op gemeenskap met ander vroue of mans as ons eie s’n. Hoe belangrik is dit om nie self  boeke te lees en te laat lees wat  losse seksuele verhoudings aanmoedig en dit geld ook vir flieks en tv. Hoe belangrik is dit om vir ons kinders openlik oor seksualiteit te praat maar dan in ‘n sfeer waar duidelik is dat dit mooi is en dat de HERE dit as ‘n pragtige geskenk vir in die huwelik gegee het. As ouers is ons geroep om ons kinders daarby steeds te begelei en ook hulle ons respek te wys as hulle op hierdie pad gaan. Die broers sal ‘n silwerrand maak. Dit wys daarop dat hulle hul suster sal eer as sy haar maagdelikheid voor die huwelik bewaar. Dit is die HERE se wil en dit is goed vir ‘n mens om so te leef.

Hoe anders sal die broers reageer as hul suster anders wil leef. As sy vir skillende seuns oopstaan en op ‘n pad gaan waarop sy seksuele omgang met verskillendes soek voordat sy getroud is. As sy oopstaan waarvoor sy nie mag oopstaan sal hulle “dit met ‘n sederplank toeslaan”. Ons kan die woord “toeslaan” ook met “insnoer, inperk” vertaal. As hierdie dogter op verkeerde paaie gaan, is dit nodig om nie net te praat nie maar ook maatreëls te neem om daarvoor te sorg dat sy nie meer met daardie seuns in aanraking kom nie. Dit is dus duidelik dat ouers se gesag ook inhou dat hulle maatreëls neem om vryheid vir ‘n tyd in te perk as dit nodig is om seun of dogter teen eie losse seksuele gevoelens te beskerm. Nou is dit goed om op die ouers se verantwoordelikheid te wys maar die belangrikste is wat julle seuns en dogters doen op hierdie punt. Hoe is julle gedrag en hoe gaan julle met mekaar om? Hoe praat julle self en met mekaar oor hierdie belangrike saak in julle lewe? Ons let daarop verder in die tweede punt.

 

2.      Dit word in die voorbereiding op die huwelik uitgeleef

 

Die vrou kyk nou terug. As sy aan die tyd dink dat sy volwasse geword het, die tyd dat sy borste gekry het,  kan sy sê: “Ek is ‘n muur, en my borste soos torings”.

Die werklikheid van haar lewe as jong vrou is dat sy nie ‘n oop deur is nie. Sy stel die dele van die liggaam wat by die belewing van die seksualitiet ‘n groot rol speel nie vir meerderes oop nie. Sy bewaar dit vir die een met wie sy, as die HERE dit vir haar gee, eendag sal trou. Sy bly vir seuns wat van haar gebruik wil maak 'n onneembare versting. Dit is so omdat sy na haar God en Heiland luister. Sy doen dit omdat sy deur die gesin waar sy groot geword het, die onderwys vanuit God se Woord gehoor het en dit het deel van haar lewe geword.

Hoe belangrik is dit dat dit ook vandag so in julle lewe is seuns en dogters, julle wat nog nie getroud is nie. Bly weg by allerlei verhale, grappies, flieks en ander dinge wat jou gevoelens so wil prikkel dat jy nie ‘n muur maar ‘n oop deur vir ander sal wees. Wys ook in julle omgang met mekaar dat liefde en seksualiteit kosbaar is. Dan is dit belangrik dat jy nie met verskillende dogters of seuns flirt nie. Dis belangrik om nie met ander se gevoelens te speel nie terwyl jy weet dat jy tog nie werklik met die ander verder wil nie. Ons leef in ‘n wêreld wat al hoe meer vir ons sê dat ons maar ‘n oop deur kan wees as jy daaruit seksueel genot kry. Jy moet net sorg dat jy dit so doen dat  MIV-vigs jou nie aansteek nie. Dit is die pad van die wêreld wat van seksualiteit net ‘n gebruiksartikel maak. Die HERE wat die mens met sy seksuele gevoelens en moontlikhede geskep het, het dit die regte plek gegee. Die plek in die huwelik. Ons sien ook in die lewe van elke dag vanuit die praktyk dat dit die regte plek is. Hoe baie ellende, hoe baie hartseer is daar tussen mense omdat die een vir ander as eie vrou of man met sy of haar seksualitiet oopstaan. Hoe groot is die ellende vir mense en ook vir kinders in die huwelik as een buite die huwelik liefde vir ander wys.

Wees soos die vrou in Hooglied ‘n muur en speel nie met liefde en seksualitiet nie. Dan berei jy jou op die regte manier op ‘n huwelik voor. As jy dan die een ontmoet waarmee die ware liefde, die liefde vanuit God se liefde, groei mag jy word soos een wat “vrede in die ander se oë gevind het.”

Wat beteken hierdie woorde in vers 10? Die vrou was vir seuns en mans ‘n onneembare vesting. Sy het nie met haar en met haar liefde laat speel nie. Sy het ook self daarmee nie gespeel nie. Dan ontmoet sy hom wat later haar man sal word onder die appelboom. Daar begin hulle onderlinge liefde groei. Hulle begin uitgaan en die diepe vriendskap waarvan ons vorige week gepraat het begin verdiep. Hulle besluit om regtig in die eenheid van die geloof in Christus na die huwelik op pad te gaan. Sy bly nou nie op ‘n afstand soos by die ander seuns en man nie. Tussen hierdie twee mense groei liefde, groei ‘n heerlike vrede wat die unieke  liefde tussen ‘n  seun en dogter, tussen ‘n man en vrou is. Sy laat haar nou omhels en sy laat nou toe dat hierdie seun haar soen. Omdat hulle ware vrede, ware liefde vir mekaar gevind het. Hierdie vrede, hierdie altyd by mekaar wil wees, loop dan daaropuit dat hierdie vrou op die dag van haar huwelik haar heeltemal aan haar man mag oorgee. Hulle gesamentlike vrede mag in die huwelik beteken dat alle skaamte vir mekaar wegval. Hulle vertrou mekaar. Die heerlike vrede in unieke liefde mag dan ook bekroon word deur liggaamlik een vlees te word. Dit is die pad wat Christus ons wys.

Dit word nog onderstreep in die verse wat volg deurdat nou die man daarop wys dat hy nie soos Salomo wil wees nie. Ons let daarop in die derde punt.

 

3.      Dit word die band met  jou eie man of vrou beleef

 

Ons lees in die verse 11,12 van Salomo se wingerd. Die man in Hooglied stel sy wingerd teenoor Salomo s’n. Salomo se wingerd bestaan uit  duisend silwer en daar is tweehonderd oppassers. Die man se wingerd bestaan net uit een. Hierdie man is ook glad nie jaloers op Salomo nie. Die koning kan sy 1000 maar hou hy is gelukkig met die een. Dit vul sy hele lewe. Dit gee vir hom onder God se seën volle vrede.

Salomo se wingerd wat uit 1000 bestaan wys duidelik op al sy vrou,  op sy harem. Ons lees van koning Salomo in 1 Konings 11: ““En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao,  Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese – uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan – Salomo het hulle met liefde aangehang.

En hy het sewehonderd, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.” vers 1-3.

Koning Salomo gedra hom as ‘n ware  wêreldse oosterse koning. Hy wil sy mag en heerlikheid wys deur ‘n baie groot harem waarby ook ‘n groot aantal oppassers en versorgers nodig is. Salomo doen met die wêreld saam. Hy moet later in sy lewe, in die boek Prediker erken dat dit hom nie die ware geluk, nie die ware vrede gebring het nie. Dan skryf hy in Pred 2:8: “ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte.”  Na nog ander sake genoem te hê, is sy gevolgtrekking: “en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie.” Vers 11.

Salomo gee vir die verkeerde voorbeeld vir God se volk. Dit lyk asof hy ryk en gelukkig is met 1000 vroue. Nogtans is hy arm omdat hy juis daardeur nie die ware liefde ken en daarin kan groei nie. Dit kan net met die een vrou of man wat jy uit die HERE se hand ontvang het.

Wie die ware vrede deur Christus se werk en sy offer ook vir jou seksuele sondes soek, het genoeg en is ryk met sy eie vrou of man. Die soek ook een man en een vrou aan wie jy trou wil wees.

Wie so soek en vind,  hoor graag dat die ander wys en sê dat hy of sy jou liefhet. As die man gesê het dat hy aan die liefde van sy vrou genoeg het en dit ook die goeie is wat die HERE gee, roep hy sy vrou op om openlik te laat hoor dat sy hom liefhet. Hoe goed sal dit wees dat die vriende dit uit haar mond hoor. Hoe goed is dit om te hoor en te sien dat mense wat getroud is ook werklik van mekaar hou. Hoe belangrik is dit dat ons huwelike in die wêreld en in die gemeente dit uitstraal! Christus gee Sy liefde vir ons om ook in ons huwelike vanuit Sy liefde die unieke en heerlike liefde tussen man en vrou uit te straal. Om so te wys teenoor ‘n wêreld wat aanbeveel om as ‘n oop deur te leef,  wat vol is van egskeiding en huweliksnood. Om te wys vir ons eie jongmense hoe goed die huwelik is, hoe heerlik dit is om in die unieke liefde as man en vrou te leef.  Dan sien ons ook so duidelik raak dat as daar moeites in ons huwelik is, as die liefde verminder dat ons dan saam op die knieë moet gaan. Dat ons dan by Christus weer nuwe liefde deur Sy Gees moet soek. Hoe belangrik is dit dan om onsself te verloën en saam weer die pad van liefde te soek.

Die vrou antwoord op die man se oproep om haar te laat hoor. Nou kan ek my indink dat jy die antwoord in vers 12 maar ‘n snaakse antwoord vind. Waarom sê die vrou nou dat haar man moet vlug? Die woord wat hier gebruik word kan hier beter, nes op ander plekke kyk Num 24:11; Jes 48:20; Amos 7:12,  met “haas, maak vinnig” vertaal word. Die boek Hooglied sluit af met die oproep van die vrou aan haar man om vinnig by haar as sy beminde, sy geliefde te kom. Laat hulle nou tog weer saam wees. Sy wil weer graag alleen met hom wees. Hoe goed is dit om saam te wees. Hoe goed is die onderlinge liefde wat in die huwelik met eie man of vrou beleef word. Laat die liefde ons huwelike beheers. Laat ons daarom bid vir die tyd van ons hele lewe, ook as ons saam oud mag word. Bid dat julle wat uitgaan of daarna uitsien om uit te gaan nie vinnige seksuele genot soek nie maar die ware liefde vanuit Christus. Dit is die liefde wat vanuit God se liefde bly bestaan en verdiep. Dit is die liefde wat die HERE jou en my wil gee en dan ook die krag om jou op pad na die huwelik rein te bewaar. Laat ons die HERE loof vir die liefde wat Hy in Christus gegee het. Waardeur daar vir almal wat tot Hom vlug die sekerheid is dat jy in God se liefde en vergifnis mag deel. Waardeur ook die lewe in ware liefde in die huwelik moontlik is. Leef vanuit Christus se liefde in ware liefde en wys vanuit die Woord van Christus ander altyd weer hierdie pad. So wil koning Christus dat ons leef. Dan is die lewe werklik goed, dan is daar vrede met God en mense.

 

AMEN