BYBELSE ROMANS

25-01-2017 13:41

BYBELSE ROMANS

Die HERE vra in Sy Woord eerbied vir Hom en wat Hy in die Bybel sê. Die Bybel is die enigste boek wat God se Woord is. Dit vra om ‘n baie sorgvuldige omgang met wat ons in die Bybel lees.

Die geskiedenisse wat ons in die Bybel lees is nie sommer verhale nie. Ons kry daarin met God se pad in die geskiedenis te doen wat Hyself vir ons vertel. Hy het dit met opset so aan ons vertel soos  ons dit nou in die Bybel lees.

Ons lees tot drie keer toe in soveel woorde dat ons niks aan dit wat ons in die Skrif lees mag weglaat of toevoeg nie:

Deuteronomium 4:2: “Julle ,mag by die Woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie, sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat Ek julle beveel.”

Deuteronomium 12:32: “Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.”

Openbaring 22:18,19: “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”

Die eerbiedige, sorgvuldige omgang met God se Woord het ook altyd invloed op die vertel van God se dade aan die volgende geslag gehad. Ons soek na ‘n betroubare kinderbybel wat op ‘n goeie manier vertel wat in die Bybel staan. Dit is vir ons belangrik dat in die laerskool die onderwysers vertel wat in die Bybel staan  en nie hul eie gedagtes en gevoelens daarby voeg nie.

As ‘n mens daaroor dink, kom daar ook vrae oor historiese romans wat oor Bybelse figure handel of wat wil vertel wat in die hemel gebeur. Historiese romans oor Bybelse figure is deesdae baie populêr. Baie lees hierdie boeke en is daaroor entousiasties. Mense sê dan dat sekere persone in die Bybel nou baie nader aan hulle gekom het. Nou spreek dit wat hulle in die Bybel lees hulle veel meer aan. Nou verstaan hy of sy ook baie meer in watter historiese omstandighede hierdie mense in die Bybel geleef het.

Positief

Die bedoeling waarmee baie van hierdie romans geskryf word, is positief. ‘n Voorbeeld wat vir baie van hierdie romans geld, is die intensie waarmee Francine Rivers vyf boeke oor die volgende vyf vroue in die Bybel geskryf het: Tamar, Ragab, Rut, Batseba, Maria.

Sy skryf in haar inleiding op: Rut, die onverskrokkene  o.a: “Ons lewe in haglike, moeilike tye waar miljoene mense na antwoorde soek. Hierdie vroue wys die weg aan. Die les wat ons by hulle kan leer, is vandag nog net so relevant as toe hulle duisende jare gelede geleef het:

Tamar is ‘n vrou van hoop

Ragab is ‘n vrou van geloof

Rut is ‘n vrou van liefde

Batseba is ‘n vrou wat onbeperkte genade ontvang

Maria is ‘n vrou van gehoorsaamheid.

……..

Hierdie teks is ‘n historiese roman. Die raamwerk is deur die Bybel voorsien en die feite wat daarin verskaf word, het as basis gedien. Ie verhale is verder uitgebou deur handeling, dialoog, eie inisiatief en self addisionele karakters te skep wat met die Bybelse gebeure ooreenstem. Ek het probeer om te alle tye aan die Skriftuurlike boodskap getrou te bly, en het slegs byvoegings gemaak wat sal help om ons begrip van daardie boodskap uit te brei.”

Dit is positief om te sien dat die skrywer die Bybel as volkome betroubaar aanvaar en vanuit wat die HERE sê, wil skryf. Dit is ook positief dat hierdie romans die bedoeling het om die persone in hul eie historiese omstandighede te teken.

Gevare

Ondanks die positiewe wat nou genoem is, noem ek nou enkele algemene gevare of besware wat hierdie soort historiese romans betref.

1.      Vanweë die verhaal word allerhande sake, persone en handelinge toegevoeg. Persone se karakters word verder ontwikkel sonder dat die Bybel vir ons wys dat dit werklik so was. Ek sien dit as ‘n groot gevaar dat as jy na die lees van so’n historiese roman weer jou Bybel vat die bewuste persoon in die Bybel deur jou gesien word soos hy in die historiese roman voorgestel word. Dit terwyl dit nie seker is dat die persoon so was nie! Is ons dan onbewus en onbedoeld tog nie besig om iets aan die Bybel toe te voeg nie?!

Kom die aandag dan nie teveel op die persoon en sy of haar karakter te lê nie pleks op God se pad toe in die geskiedenis nie?

2.      As die historiese roman goed geskryf is en jy daardeur saamgeneem word, kan dit maklik gebeur dat as jy aan die persoon dink jy eintlik nie meer weet of dit in die Bybel staan of dat jy dit in die boek gelees het. So word die werklike kennis van God se Woord juis vertroebel.

‘n Voorbeeld daarvan is dat iemand na die lees van die boek Deadline vir my sê dat ‘n sekere element wat hy daar gelees het, hom baie troos gegee het. Die boek Deadline  gaan oor die lewe na die lewe op aarde. Toe ons hieroor verder praat word duidelik dat daardie element iets is waarvan ons niks in die Bybel lees nie. Die hemelse Vader vertel daarvan niks aan Sy kinders nie. Dan bou ons ons troos op iets wat niks anders as fantasie is nie. Dan trek ons dit in werklikheid juis af van die sekere troos wat ons in God se Woord kry. Dan bou ons op iets wat aan God se Woord toegevoeg is.

Konkreet voorbeeld: Francine Rivers : Rut die onverskrokkene

Die boek lees baie vlot. ‘n Mens merk ook dat die skrywer vanuit eerbied vir die HERE wil leef en skryf. Nogtans het ek juis vanuit die eerbied vir God se Woord groot probleme met hierdie boek.

Ek gaan nou nie daarop in dat God se pad met Naomi en Rut, met Israel eintlik geen aandag kry nie. Daar is ook geen aandag vir dit waarop die boek Rut uitloop nie. Ek gaan ook nie alles noem waarteen besware kan bestaan nie. Drie soorte probleme noem ek en gee daarvan dan voorbeelde.

Die drie soorte probleme is:

a.       Dit wat onseker is

b.      Dit wat onwaarskynlik is

c.       Dit wat nie reg is nie.

a.       1. Francine Rivers beskryf Rut as ‘n dogter van  ryk Moabitiese ouers. Sy beskryf vanuit hierdie situasie dat Naomi ‘n vrou was wat die relatiwiteit van geld en besittings raakgesien het. Rut leer dit van Naomi en leer so vir die HERE leef. Ons lees hiervan niks in die Bybel nie. Die gevolg is dat veral die karakter van Naomi ‘n invulling kry waarvan ons glad nie seker is nie. Dit lei selfs daartoe dat as seker beskryf word dat die trek na Moab nie die inisiatief van Elimeleg en  Naomi was nie. Ook dit vertel die HERE ons nie in Sy Woord nie.

2. Volgens hierdie boek was Boas nie getroud en sou selfs nooit eerder getroud gewees het nie. Hierdie stelling bepaal ‘n groot deel van Boas se karakter en gedrag in hierdie boek. Weer moet ons sê dat die verhaal op dit wat nie in die Bybel vertel word nie gebou is!

3. Die verhaal in hierdie boek vertel dat Boas Naomi vroeër gevra het om met hom te trou. Sy het toe vir die knap Elimeleg gekies. Dit is nou ‘n pikante detail in hierdie boek maar ons lees niks daarvan in God se Woord nie.

4. Boas word vir ons met die volgende woorde op bls 101 geteken: “Boas is die teenoorgestelde (van Elimeleg). Hy het gekies om gedurende die swaar jare in Betlehem te bly toe God sy hardkoppige volk gestraf het omdat hulle voor die Baals neergebuig het. Hy het in God se beloftes geglo en ‘n onkreukbare lewe voor die Here gelei.”

Ek sê nie dat dit nie waar kon gewees het nie. Nogtans moet ons sê dat die HERE ons niks daarvan vertel hoe Boas in sy vroeëre jare geleef en gedink het nie. Ons moet hier in eerbied swyg en nie meer wil weet as wat die HERE vir ons vertel nie.

5. Van die losser wat nader familie as Boas is lees ons op bls 102: “’n Jonger man wat die vroue se oë laat blink. ‘n Man soos Elimeleg.”

Hier word ‘n teenstelling tussen Boas en die ander geteken wat ons nie in die Bybel lees nie. ‘n Teenstelling wat die boek nodig het om Rut se karakter beter te laat uitkom. Sy moet volgens die verhaal iemand wees wat nie na die uiterlike kyk nie.

6. Ek moet eerlik sê dat die laaste hoofstuk van hierdie boek my werklik afgesit het. Obed is gebore. Volgens die boek sou Boas na Obed se geboorte nie meer baie aandag aan Rut gegee het nie. Hy werk altyd. Daarvoor leef hy. Hy sou ook nie meer gemeenskap met Rut soek nie. Hy sou dink dat Rut ook nie werklik  verlief  op hom was nie. Naomi moet bemiddel om dit weer reg te kry.

Hier vind ons niks anders as fantasie en nog eens fantasie wat werklik niks met God se openbaring en die lewe van Rut te doen het nie.

b.      Volgens wat ons in hierdie boek lees, sou Naomi en Rut ongasvry in Betlehem ontvang wees. Selfs so dat niemand hulle opgevang het nie en hulle vir ‘n hele ruk in ‘n grot moes gaan woon.

Dit is baie onwaarskynlik as ons bedink dat Naomi nog besittings in Betlehem gehad het wat later verkoop word. Naomi is in die stad. Kyk 2:18. Ons lees in 2:23 dat Rut by Naomi woon wat tog die indruk wek dat Naomi in ‘n gewone huis bly.

c.       1. By die slegte ontvangs behoort volgens hierdie boek ook dat die inwoners van betlehem Rut verwerp omdat sy ‘n Moabitiese is. Boas sou anders wees omdat hy die seun van Ragab die Kanannitiese is. Hy veroordeel daarom mense nie op hulle afkoms nie maar die ander inwoners van betlehem sou dit wel gedoen het.

Dit wat ons om twee redes baie onwaarskynlik.:

·        Dit wat ons in die boek Rut lees gebeur in die tyd van die rigters. Dit was ‘n tyd waarin dikwels te vriendelik  met mense van ander volke en godsdienste omgegaan is.

·        Die HERE het vir Sy volk wette gegee om vreemdelinge goed te behandel. Ook die Moabiet al mog die Moabiet nie in die vergadering van die HERE opgeneem word nie.

2.  Hierdie boek praat van die saamkom in die sinagoge op die sabbat.

Die sinagoge het toe nog nie bestaan nie. Pas in of na die ballingskap is sinagoges gebou en het God se volk daar saamgekom.

Gevolgtrekking

Die gevare wat ek in die begin van die artikel genoem het, het ek met opset neergeskryf voordat ek hierdie boek gelees het. Die lees van die boek was ook bedoel om dit wat ek daar geskryf het te toets.

Die lees van die boek het dit wat ek toe geskryf het net bevestig en versterk. Ek het nog meer daarvan oortuig geraak dat hierdie soort romans nie die opbou van die ware geloof en geloofskennis bevorder nie. Hulle kom daarmee in stryd dat ons niks aan God se Woord mag toevoeg of afneem nie.

Bybelse Romans